ARTIKEL: SAMEWERKENDE REGERING EN DIE OWERHEDE
Twee onlangse verwikkelinge in die Wes-Kaap het die noodsaaklikheid beklemtoon van samewerkende regering en tussenregeringsverhoudings ten opsigte van ons Grondwet - nie net in die algemeen nie, maar spesifiek met betrekking tot polisiëring.
Die eerste is die kommissie van ondersoek wat deur die Premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, ingestel is om bewerings van ondoeltreffendheid in die polisie in Khayelitsha te ondersoek, ná bewerings deur die burgerlike samelewing oor ‘n stelselmatige mislukking deur die SA Polisiediens om misdaad te voorkom, te bestry en ondersoek, verklarings te neem en misdadigers in hegtenis te neem in dié gebied.
Publiseer die media onvolledige regeringskommunikasie omdat die inligting daarin vervat onakkuraat of misleidend is, of omdat dit (die media) te subjektief in sy verslaggewing is?