ARTIKEL: JULIUS MALEMA WEER IN STRYD MET DIE GEREG: DIE GRONDWETLIKHEID VAN DIE WET OP OPROERIGE BYEENKOMSTE
Die leier van Suid-Afrika se derde grootste politieke party, mnr Julius Malema, bevind homself weereens in stryd met die gereg. Hierdie keer omdat hy na bewering die Wet op Oproerige Byeenkomste geskend het deur na bewering sy ondersteuners aan te moedig om grond te beset. Na bewering het hy in 2014 dit aan ‘n groot groep ondersteuners gesê, en meer onlangs in Junie 2016. Nuusberigte noem voorts sy voorneme om die Konstitusionele Hof te nader om die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste uit te daag. Verskeie politieke kommentators blyk met sy stelling saam te stem, gebaseer op die feit dat die Wet op Oproerige Byeenkomste (die Wet) die Grondwet voorafgaan, aangesien dit in 1956 gepromulgeer is.
Van nader beskou blyk dit egter dat daar niks verdags is met betrekking tot sy bepalings nie. Trouens, indien enige iets, kan die huidige bepalings van die Wet die toets van grondwetlikheid slaag.

Op 16 September 2016 is die derde konsepwetsontwerp van die hoogs omstrede Wysigingswetsontwerp op Vlugtelinge (die Wetsontwerp) in die Nasionale Vergadering bekendgestel. Die publiek is genooi om geskrewe voorleggings teen 28 Oktober 2016 in te dien. Die Wetsontwerp het ten doel om die Wet op Vlugtelinge 130 van 1998 (die Wet) en die Wysigingswet op Vlugtelinge van 2008 en 2011, waarvan laasgenoemde twee nog geproklameer moet word, te herroep. Die bepalings van die Wetsontwerp sal na sodanige aanvang in werking tree.
‘n Vraag het ontstaan oor of die Openbare Beskermer die President regtens kan dwing om ‘n kommissie van ondersoek in te stel, aangesien die instelling van kommissies van ondersoek, kragtens die Grondwet, alleenlik die prerogatief van die President is.
Kragtens die Grondwet is dit die prerogatief van die nasionale uitvoerende gesag om nie net alle internasionale ooreenkomste te beding nie, maar om dit ook te bekragtig. Sodanige ooreenkomste bind dan die land nadat dit deur ‘n resolusie in die Parlement goedgekeur is, tensy die betrokke internasionale ooreenkoms van tegniese of administratiewe aard is, in watter geval sodanige ooreenkoms die land bind sonder dat ‘n resolusie deur die Parlement aanvaar word. Daarna word die internasionale ooreenkoms wet nadat nasionale wetgewing ingestel is. Dit is op hierdie grondslag dat die Inwerkingstelling van die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof (Implementeringswet) in 2002 deel van die Suid-Afrikaanse reg geword het.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sal aan almal wat wil luister, vertel dat die liggaam onafhanklik en onpartydig is en dat die liggaam sonder vrees of begunstiging optree. Dit is dus logies dat, nadat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, van bedrog aangekla is – al is die meriete van die saak debatteerbaar – strafregtelike klagte ook ingedien sal word teen verskeie individue wie se sakeondernemings klaarblyklik verskeie Suid-Afrikaanse wette oortree het.
Hoe aanvaar ‘n nasie die verlede? Is daar ‘n regte manier om die verlede te onthou? Hoe kan ‘n multikulturele samelewing ‘n gemeenskaplike identiteit ter wille van maatskaplike samehorigheid smee? Dít was die herhalende temas die afgelope week tydens ‘n studietoer na Berlyn, Duitsland, en die omliggende gebiede. Saam met ‘n mengelmoes van besigheid, die regering, akademici en die burgerlike samelewing, het ek aan die studietoer deelgeneem, wat mildelik finansier is deur die Konrad Adenauer-stigting. Duitsland, met sy belaaide en dikwels omstrede geskiedenis van die 20ste eeu onder die Nasionale Sosialiste, asook die kommunistiese diktatorskap in die voormalige Duitse Demokratiese Republiek (DDR), het as die perfekte agtergrond gedien om die Suid-Afrikaanse ervaring te oorweeg.
Op Woensdag, 5 Oktober, het die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Kommunikasie (die Komitee) ‘n vergadering met die beleërde Raad van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) belê ten einde laasgenoemde die geleentheid te gee om die Komitee in te lig oor die sake by die openbare uitsaaier. Dit is gedoen in lig van die onlangse uitspraak deur die Appèlhof betreffende sy nuut aangestelde Groephoof van Korporatiewe Sake, Hlaudi Motsoeneng, en die probleme wat die SAUK onlangs geteister het. Dit is opmerklik dat hierdie vergadering tydens die parlementêre reses plaasgevind het, wat ‘n aanduiding van die erns van die saak is.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) kondig hiermee die aanstelling aan van me Christine Botha as Regsbeampte, effektief vanaf Oktober 2016. Me Botha sal in hierdie pos die Direkteur van die SGR bystaan met die behaling van die Sentrum se doelwitte om die waardes, regte en beginsels in die Grondwet te bevorder; om ontwikkelings te monitor, met inbegrip van konsepwetgewing betreffende die Grondwet; om mense en organisasies in te lig oor hul grondwetlike regte en verpligtinge; en om mense en organisasies by te staan om hul regte op te eis.