+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: DEURSIGTIGHEID, VERANTWOORDBAARHEID EN OPENHEID IN DIE AANSTELLING VAN KOMMISSARISSE OP DIE KOMMISSIE VIR GESLAGSGELYKHEID

CGE opt

Dit is uiters belangrik dat alle burgers deelneem aan die verkiesing van hul verteenwoordigers om ‘n regering deur die mense kragtens die Grondwet te verseker – nie net in die Parlement nie, maar ook in belangrike instellings, soos die Kommissie vir Geslagsgelykheid (KGG). Die KGG is tans in die proses om verskeie vakante poste te vul, en in belang van openbare deelname en ‘n verteenwoordigende demokrasie, sal die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) die publiek voorsien van meer inligting oor die KGG, die verkiesingsproses en die voornemende kandidate. 

Read More »

VERKLARING: BEVESTIGING VAN DIE LEGALITEITSBEGINSEL IN DIE BESLUIT OM VAN DIE ISH TE ONTTREK

icc logo smlDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom vandag se beslissing deur die Noord-Gautengse Hoë Hof dat die regering se onttrekking van die Internasionale Strafhof (ISH) ongrondwetlik en ongeldig is in die afwesigheid van sodanige goedkeuring deur die Parlement.

Die beslissing is ‘n belangrike bevestiging van belangrike beginsels wat Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie onderskraag. Voorheen het die Konstitusionele Hof aangevoer dat elke uitvoering van openbare mag – met inbegrip van optrede deur die uitvoerende gesag – by die legaliteitsbeginsel moet hou, en voorts dat die uitvoering van alle staatsmag altyd aan grondwetlike beheer onderworpe is. Dit geld ook vir die uitvoering van openbare mag ten opsigte van buitelandse sake.

Read More »

STAATSREDE: NIE BESIGHEID SOOS GEWOONLIK NIE

SONA 2015Die President sal môre, in sy Staatsrede aan Suid-Afrikaners, praat oor die nasie se aktuele sake. As hoof van die Uitvoerende Gesag, word daar van hom verwag om eerlik te wees oor die nasie se politieke, asook sosio-ekonomiese status quo, terwyl hy die nasie hoop gee dat ten spyte van trae ekonomiese groei en ander euwels, daar steeds baie dinge is waaroor Suid-Afrikaners bly kan wees. Soos nou die gebruik geword het, sal die opposisiebanke die President koggel wanneer hy praat. Die howe het bevind dat Lede van die Parlement nie verwyder mag word omdat hulle hulself uitdruk nie, ongeag hoe onaangenaam sodanige uitdrukking vir die voorsittende beampte mag wees – so ‘n mens verwag nie ‘n herhaling van verlede jaar se gewelddadige tonele nie. Maar vanjaar, in aanloop tot die Staatsrede, is daar ‘n paar onverwagte ontwikkelings, soos die ontplooiing van lede van die Suid-Afrikaanse Weermag om “wet en orde te handhaaf”. Ook onverwags is die nuus dat joernaliste na bewering in twee media-blokke geplaas sal word, en slegs sal mag beweeg indien hulle deur twee polisiebeamptes vergesel word.

Read More »

ARTIKEL: WETSONTWERP OP DIE VOORKOMING EN BEKAMPING VAN HAATSMISDADE EN HAATSPRAAK – DIE OORTREDING VAN “HAATSPRAAK” – GEEN GRAP

Justice logoOp 31 Januarie 2017 het die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) onder die sambreel van die FW de Klerk Stigting (die Stigting), ook sy stem gevoeg by die bekendstelling van die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bekamping van Haatsmisdade en Haatspraak (die Wetsontwerp).

Daar is al baie geskryf oor die Wetsontwerp en baie burgerregteorganisasies is diep bekommerd oor die insluiting van haatspraak in hierdie Wetsontwerp. Kortliks maak die Wetsontwerp voorsiening vir kriminele maatreëls om haatsmisdade en haatspraak te bekamp en dit is moontlik dat ‘n persoon tot drie jaar tronkstraf vir ‘n eerste oortreding vir die breë misdryf van haatspraak gevonnis kan word, en tien jaar vir ‘n daaropvolgende oortreding. Die SGR het duidelike onderskeid getref tussen die twee oortredings in die Wetsontwerp, maar het ook erkenning verleen aan die behoefte om haatsmisdaad as ‘n misdryf te erken. Nietemin was die grootste bekommernis die grondwetlikheid van die oortreding van haatspraak. 

Read More »

SGR GAAN MONDELINGE VOORLEGGING BY DIE PARLEMENT DOEN OOR WYSIGINGSWETSONTWERP OP VLUGTELINGE

outside parliament sabcOp 24 Januarie 2017 gaan die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) die Portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake (die Komitee) toespreek oor sy grootste bekommernisse betreffende die Wysigingswetsontwerp op Vlugtelinge. Die SGR het in Oktober 2016 geskrewe voorleggings oor die Wysigingswetsontwerp ingedien, wat op die SGR se webtuiste, www.cfcr.org.za, afgelaai kan word.

Die Sentrum verwelkom die geleentheid om die Komitee toe te spreek oor die SGR se bekommernisse met betrekking tot die uitwerking van die voorgestelde maatreëls oor die status van vlugtelinge. Die voorgestelde maatreëls behoort nie net aan internasionale standaarde te voldoen nie, maar moet ook uitvoering gee aan die grondwetlike reg op menswaardigheid, asook regverdige administratiewe optrede – wat nie slegs beperk is tot burgers nie, maar ook op nie-burgers van toepassing is. Die hoofargument wat deur die SGR aangevoer sal word, is dat die doelwitte van die Wysigingswetsontwerp wat teen korrupsie gemik is, in die wiele gery sal word indien die gronde vir die uitsluiting van vlugtelingstatus nie nou beperk word tot internasionaal erkende gronde nie. Voorts sal bykomende gronde vir uitsluiting van vlugtelingstatus – soos deur een individu bepaal word – vrae opper oor die subjektiwiteit van besluite, aangesien min leiding gebied word oor hoe hierdie bykomende gronde toegepas moet word. Dit skep ook ‘n geleentheid vir misbruik, aangesien die Wysigingswetsontwerp min onafhanklike prosedurele toesighouding bied.

Read More »

VERKLARING: DIE PERMANENTE KRISIS IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS

SAPS foterWaarnemende Polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, is die onderwerp van ‘n ondersoek deur die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (OPOD) na bewerings van korrupsie wat spruit uit die tyd toe hy die hoof van forensiese dienste was. Nie net word hy vir korrupsie ondersoek nie, maar hy word ook daarvan beskuldig van dwarsboming van die gereg, nadat hy na bewering getuies gekontak het wat deel was van die ondersoek na die bewerings oor korrupsie.

Hou in gedagte dat hy in die posisie waarneem omdat die Nasionale Polisiekommissaris, Riah Phiyega, tans geskors is terwyl sy na bewering appelleer teen die Claassen-kommissie van ondersoek se bevindings dat sy nie geskik is om haar amp te beklee ten opsigte van haar optrede in die Marikana-slagting nie. Haar voorganger, Bheki Cele, het ook die pos verlaat oor bewerings van wanadministrasie en wangedrag betreffende die huur van ‘n nuwe gebou vir die hoofkwartiere van die polisie. Jackie Selebi se tyd aan die stuur van sake het uiteindelik gelei tot sy gevangenisstraf weens korrupsie, en hy is miskien beter bekend vir sy goed gepubliseerde vriendskap met bekende figure van die onderwêreld.

Read More »

VERKLARING: ONTHOU OP HIERDIE MENSEREGTEDAG DIE MEES KWESBARES

un human rights day optDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) vier internasionale Menseregtedag, maar doen ook ‘n beroep om die beskerming van die samelewing se mees kwesbare groepe.

Noluvo Swelindawo het openlik as ‘n lesbiër geleef in Khayelitsha, totdat sy wreed vermoor is – vermoedelik oor haar seksuele oriëntasie – nog een op ‘n groeiende lys van sulke wrede voorvalle in Suid-Afrika. Ten spyte daarvan dat die Grondwet onregverdige diskriminasie op grond van, onder andere, ‘seksuele oriëntasie’ verbied – en voorts dat die Staat verplig is om die regte in die Handves van Regte te respekteer, beskerm, bevorder en uitvoer – is daar eenvoudig net te veel voorvalle van sulke onverdraagsaamheid. Die verspreiding van sodanige aanvalle vind plaas ten spyte van internasionale Menseregtedag, ‘n dag wat ook die einde van die veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld gedenk.

Suid-Afrika het reeds een van die hoogste verkragtingsyfers ter wêreld – en vir vroue soos Noluvo Swelindawo, maak hul seksuele oriëntering hulle ekstra kwesbaar. Die veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld het ten doel om geslagsgebaseerde geweld aan te pak, met inbegrip van die soort geweld wat teen vroue gerig is wat as lesbiërs, gay, biseksueel of transgender identifiseer.

Read More »

ARTIKEL: DIE STRYD TEEN DIE MIV-EPIDEMIE – IS SUID-AFRIKA BESIG OM TE WEN?

HIV TESTOp 1 Desember 2016 herdenk ons Wêreld Vigsdag – die internasionale inisiatief wat ten doel het om mense in die stryd teen die siekte te verenig. In die gees van die dag is dit dalk gepas om ‘n oomblik te neem en na te dink oor die belangrike vooruitgang wat hierdie jaar gemaak is deur verskeie rolspelers in die stryd teen MIV en Vigs.

Suid-Afrika het ‘n lang pad gekom sedert die baanbrekende uitspraak deur die Konstitusionele Hof (die Hof) in Minister of Health and others v Treatment Action Campaign and Others in 2002 (TAC), ingevolge waarvan die Regering beveel het dat die anti-retrovirale middel, Nevirapine, aan alle staatshospitale en klinieke beskikbaar gestel word, en nie slegs aan dié wat as navorsingsfasiliteite geklassifiseer is nie.

Read More »