ARTIKEL: VMKMV EN DIE BEPERKINGS OP VRYHEID VAN ASSOSIASIE

Vrydag, 7 April was ‘n groot dag in die meeste van Suid-Afrika se groter stede. In reaksie op gebeure wat tans in die land plaasvind, met inbegrip van die afgradering van Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte deur internasionale graderingsagentskappe, het duisende Suid-Afrikaners die strate ingevaar om strenger, meer etiese en meer beslissende politieke leierskap te eis. Terwyl die betogings grootliks vreedsaam was, is dit noemenswaardig dat Luthuli-huis omring is deur mans in kamoefleerdrag, oënskynlik lede van die Vereniging vir uMkhonto weSizwe Militêre Veterane (VMKMV), wat die hoofkwartiere van die regerende party wou “verdedig”.
‘n Maand later, op 7 Mei, hierdie keer in Vuwani, Limpopo. Die gebied was die plek van gewelddadige betogings, wat tot die vernietiging van meer as 20 skole gelei het. Die inwoners van Vuwani is gekant teen hul inlywing by ‘n nuwe munisipaliteit, en betoog al vir byna twee jaar. Gevolglik was die byeenkoms – wat President Zuma veronderstel was om toe te spreek – veronderstel om die gemeenskap gerus te stel dat die uitvoerende gesag bereid is om, op die heel minste, na sy burgers se eise te luister. Maar President Zuma het nie die geleentheid bygewoon soos beplan nie, na bewering weens kommer oor veiligheid. Nietemin was lede van VMKMV teenwoordig, weereens geklee in hul weermag-uitrustings.


DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2017


Volgens die Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), het die Uitsaaier die Hoë Hof genader om die bevindings van die voormalige Openbare Beskermer se verslag – When Governance and Ethics Fail – te betwis. Daardie verslag het bevind dat die voormalige Hoof Bedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng, skuldig is aan wangedrag en dat hy sy pos by die SAUK op bedrieglike wyse bekom het. Die aansoek om hersiening – op grond van administratiewe geregtigheid – kom ‘n hele drie jaar na die verslag uitgereik is en die regstellende stappe daarvolgens deur die Kantoor van die Openbare Beskermer gepubliseer is.