+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD – DIE ROL VAN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS

ORANGE 2016 optDie tydperk van 25 November (Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue) tot 10 Desember (Internasionale Menseregtedag) is die jaarlikse herdenking van die veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld. Die internasionale veldtog het sy oorspring in die eerste Women’s Global Leadership Institute wat deur die Center for Women’s Global Leadership in 1991 gekoördineer is. Die United Nations Women voer jaarliks hierdie veldtog en hierdie jaar se tema fokus op bronne wat nodig is om geslagsgebaseerde geweld regoor die wêreld te beëindig.

Suid-Afrika erken sy verpligting om te verseker dat die reg op sekuriteit van die persoon beskerm word. Hierdie reg word in artikel 12 van die Grondwet verskans, wat bepaal dat elkeen die reg het op vryheid en sekuriteit van die persoon, en sluit die reg in om vry te wees van alle vorms van geweld, van beide openbare en private bronne. Voorts verbied dit onmenslike of vernederende behandeling en strafmaatreëls.

Read More »

ARTIKEL: UNIVERSELE KINDERDAG: 19.7 MILJOEN STERK

children foterOp 20 November word Universele Kinderdag regoor die wêreld gevier. Hierdie dag word toegewy aan die bevordering van die welsyn van kinders en dui op die aanvaarding van die Verklaring van die Regte van die Kind en die Konvensie oor die Regte van die Kind deur die Verenigde Nasies (VN). In Suid-Afrika word hierdie dag toegewy aan die 19.7 miljoen kinders onder die ouderdom van 18 regoor die land. 

Universele Kinderdag gaan verder as om bloot net die jeug van die wêreld te vier – die doel is om bewusmaking te skep oor die mees kwesbare kinders, wat verskeie vorms van mishandeling, uitbuiting en onderdrukking moes deurmaak. Kinderregte is wêreldwyd verder gevoer deur die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte (MOD) en voorts ook deur die doelwitte wat in die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (VOD) vir 2015 – 2030 uiteengesit is. 

Read More »

ARTIKEL: JULIUS MALEMA WEER IN STRYD MET DIE GEREG: DIE GRONDWETLIKHEID VAN DIE WET OP OPROERIGE BYEENKOMSTE

MALEMA EFFDie leier van Suid-Afrika se derde grootste politieke party, mnr Julius Malema, bevind homself weereens in stryd met die gereg. Hierdie keer omdat hy na bewering die Wet op Oproerige Byeenkomste geskend het deur na bewering sy ondersteuners aan te moedig om grond te beset. Na bewering het hy in 2014 dit aan ‘n groot groep ondersteuners gesê, en meer onlangs in Junie 2016. Nuusberigte noem voorts sy voorneme om die Konstitusionele Hof te nader om die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste uit te daag. Verskeie politieke kommentators blyk met sy stelling saam te stem, gebaseer op die feit dat die Wet op Oproerige Byeenkomste (die Wet) die Grondwet voorafgaan, aangesien dit in 1956 gepromulgeer is.

Van nader beskou blyk dit egter dat daar niks verdags is met betrekking tot sy bepalings nie. Trouens, indien enige iets, kan die huidige bepalings van die Wet die toets van grondwetlikheid slaag.

Read More »

ARTIKEL: WATER IS LEWE

CFCR Water Plant opt

Op 11 November 2016 het Megan Dick, kommunikasiebeampte, en die SGR se interne, Kiah Murphy en Sonam Mansingh, die geleentheid gehad om die Welvanpas-watersuiweringswerke in die munisipaliteit Drakenstein, wat binnekort voltooi sal word, te besoek. 

Suid-Afrika se verouderende waterstelselinfrastruktuur, swaar ekonomiese afhanklikheid op landbou, en die uiterste gevolge van klimaatverandering op die omgewing, het dit byna onmoontlik gemaak vir die regering om die reg op water progressief te verwesenlik, soos uitgedruk in artikel 27 in die Grondwet. Baie munisipaliteite is gedwing om waterbeperkings in te stel om te verseker dat die land nie ‘n onomkeerbare waterkrisis beleef nie. Die munisipaliteit Drakenstein in die Paarl was een van die eerste gebiede om beperkings aan die begin van 2016 aan te kondig. Sedertdien het ‘n kombinasie van pogings deur die regering en die gemeenskap, asook ‘n passievolle inset deur kundige ingenieurs, waterverlies in die gebied drasties verminder.

Read More »

ARTIKEL: DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP VLUGTELINGE – SAL DIT WERKLIK KORRUPSIE BEKAMP?

refugee dayOp 16 September 2016 is die derde konsepwetsontwerp van die hoogs omstrede Wysigingswetsontwerp op Vlugtelinge (die Wetsontwerp) in die Nasionale Vergadering bekendgestel. Die publiek is genooi om geskrewe voorleggings teen 28 Oktober 2016 in te dien. Die Wetsontwerp het ten doel om die Wet op Vlugtelinge 130 van 1998 (die Wet) en die Wysigingswet op Vlugtelinge van 2008 en 2011, waarvan laasgenoemde twee nog geproklameer moet word, te herroep. Die bepalings van die Wetsontwerp sal na sodanige aanvang in werking tree. 

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) het geskrewe voorleggings aan die Parlement gerig aangesien hierdie Wetsontwerp ‘n kwesbare en klaarblyklik baie groot groep mense raak wat aan potensiële misbruik in die asielstelsel onderwerp kan word. ‘n Verslag deur die UNHCR in Junie 2016 raam dat die getal asielsoekers in Suid-Afrika op 1 096 063 mense te staan kom. Die organisasie Africa Check het hierdie syfers ondersoek en bevind dat die hangende sake soos deur die UNHCR aangevoer is, nie so hoog is nie, maar dat Suid-Afrika egter oor die tweede grootste agterstand van onafgehandelde asielsake in die wêreld beskik.

Read More »

ARTIKEL: HET DIE STATE OF CAPTURE-VERSLAG DIE PRESIDENT VAN SY MAGTE ONTNEEM?

madonsela foter‘n Vraag het ontstaan oor of die Openbare Beskermer die President regtens kan dwing om ‘n kommissie van ondersoek in te stel, aangesien die instelling van kommissies van ondersoek, kragtens die Grondwet, alleenlik die prerogatief van die President is.

Verskeie wetlike owerhede het reeds die mening uitgespreek dat die Openbare Beskermer die skeiding van magte geskend het deur die President te beveel om, binne 30 dae, ‘n kommissie van ondersoek in te stel, onder leiding van ‘n regter wat alleenlik deur die Hoofregter aangewys is, wat een naam aan die President sal verstrek. Indien ‘n hof ook tot hierdie gevolgtrekking kom, sal daardie aspek van die State of Capture-verslag nietig wees. Die leerstelling van die skeiding van magte is ‘n belangrike deel van Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie. Die leerstelling beteken dat die Grondwet vereis dat howe verseker dat al die takke van die regering binne die grense van die reg optree. Nietemin moet die howe ook toegee aan die uitsluitlike domein van die uitvoerende en wetgewende takke van die regering, tensy die Grondwet die inbraak toelaat.

Read More »

ARTIKEL: ONTTREKKING VAN DIE INTERNASIONALE STRAFHOF: WAT IS VOLGENDE VIR SUID-AFRIKA?

icc logo smlKragtens die Grondwet is dit die prerogatief van die nasionale uitvoerende gesag om nie net alle internasionale ooreenkomste te beding nie, maar om dit ook te bekragtig. Sodanige ooreenkomste bind dan die land nadat dit deur ‘n resolusie in die Parlement goedgekeur is, tensy die betrokke internasionale ooreenkoms van tegniese of administratiewe aard is, in watter geval sodanige ooreenkoms die land bind sonder dat ‘n resolusie deur die Parlement aanvaar word. Daarna word die internasionale ooreenkoms wet nadat nasionale wetgewing ingestel is. Dit is op hierdie grondslag dat die Inwerkingstelling van die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof (Implementeringswet) in 2002 deel van die Suid-Afrikaanse reg geword het.

Dit gaan nou verander. Op 19 Oktober het Suid-Afrika die proses begin om van die Strafhof te onttrek deur die Verenigde Nasies (VN) in kennis te stel van sy voorneme om die bekragtiging van die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof (ISH) te herroep. Die kennisgewing het die Hof se vermeende partydigheid teenoor Afrika-state uitgewys en voorts dat Suid-Afrika se mening oor die take van die Hof strydig is met die werk van die Hof.

Read More »

ARTIKEL: ‘N GEVAL VAN SELEKTIEWE VERVOLGING?

GORDHAN2Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sal aan almal wat wil luister, vertel dat die liggaam onafhanklik en onpartydig is en dat die liggaam sonder vrees of begunstiging optree. Dit is dus logies dat, nadat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, van bedrog aangekla is – al is die meriete van die saak debatteerbaar – strafregtelike klagte ook ingedien sal word teen verskeie individue wie se sakeondernemings klaarblyklik verskeie Suid-Afrikaanse wette oortree het.

Read More »

ARTIKEL: OM DIE VERLEDE TE AANVAAR: LESSE VAN DUITSLAND

KAS STUDY TRIPHoe aanvaar ‘n nasie die verlede? Is daar ‘n regte manier om die verlede te onthou? Hoe kan ‘n multikulturele samelewing ‘n gemeenskaplike identiteit ter wille van maatskaplike samehorigheid smee? Dít was die herhalende temas die afgelope week tydens ‘n studietoer na Berlyn, Duitsland, en die omliggende gebiede. Saam met ‘n mengelmoes van besigheid, die regering, akademici en die burgerlike samelewing, het ek aan die studietoer deelgeneem, wat mildelik finansier is deur die Konrad Adenauer-stigting. Duitsland, met sy belaaide en dikwels omstrede geskiedenis van die 20ste eeu onder die Nasionale Sosialiste, asook die kommunistiese diktatorskap in die voormalige Duitse Demokratiese Republiek (DDR), het as die perfekte agtergrond gedien om die Suid-Afrikaanse ervaring te oorweeg.

Read More »