ARTIKEL: DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP VLUGTELINGE – SAL DIT WERKLIK KORRUPSIE BEKAMP?
Op 16 September 2016 is die derde konsepwetsontwerp van die hoogs omstrede Wysigingswetsontwerp op Vlugtelinge (die Wetsontwerp) in die Nasionale Vergadering bekendgestel. Die publiek is genooi om geskrewe voorleggings teen 28 Oktober 2016 in te dien. Die Wetsontwerp het ten doel om die Wet op Vlugtelinge 130 van 1998 (die Wet) en die Wysigingswet op Vlugtelinge van 2008 en 2011, waarvan laasgenoemde twee nog geproklameer moet word, te herroep. Die bepalings van die Wetsontwerp sal na sodanige aanvang in werking tree.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) het geskrewe voorleggings aan die Parlement gerig aangesien hierdie Wetsontwerp ‘n kwesbare en klaarblyklik baie groot groep mense raak wat aan potensiële misbruik in die asielstelsel onderwerp kan word. ‘n Verslag deur die UNHCR in Junie 2016 raam dat die getal asielsoekers in Suid-Afrika op 1 096 063 mense te staan kom. Die organisasie Africa Check het hierdie syfers ondersoek en bevind dat die hangende sake soos deur die UNHCR aangevoer is, nie so hoog is nie, maar dat Suid-Afrika egter oor die tweede grootste agterstand van onafgehandelde asielsake in die wêreld beskik.
‘n Vraag het ontstaan oor of die Openbare Beskermer die President regtens kan dwing om ‘n kommissie van ondersoek in te stel, aangesien die instelling van kommissies van ondersoek, kragtens die Grondwet, alleenlik die prerogatief van die President is.
Kragtens die Grondwet is dit die prerogatief van die nasionale uitvoerende gesag om nie net alle internasionale ooreenkomste te beding nie, maar om dit ook te bekragtig. Sodanige ooreenkomste bind dan die land nadat dit deur ‘n resolusie in die Parlement goedgekeur is, tensy die betrokke internasionale ooreenkoms van tegniese of administratiewe aard is, in watter geval sodanige ooreenkoms die land bind sonder dat ‘n resolusie deur die Parlement aanvaar word. Daarna word die internasionale ooreenkoms wet nadat nasionale wetgewing ingestel is. Dit is op hierdie grondslag dat die Inwerkingstelling van die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof (Implementeringswet) in 2002 deel van die Suid-Afrikaanse reg geword het.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sal aan almal wat wil luister, vertel dat die liggaam onafhanklik en onpartydig is en dat die liggaam sonder vrees of begunstiging optree. Dit is dus logies dat, nadat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, van bedrog aangekla is – al is die meriete van die saak debatteerbaar – strafregtelike klagte ook ingedien sal word teen verskeie individue wie se sakeondernemings klaarblyklik verskeie Suid-Afrikaanse wette oortree het.
Hoe aanvaar ‘n nasie die verlede? Is daar ‘n regte manier om die verlede te onthou? Hoe kan ‘n multikulturele samelewing ‘n gemeenskaplike identiteit ter wille van maatskaplike samehorigheid smee? Dít was die herhalende temas die afgelope week tydens ‘n studietoer na Berlyn, Duitsland, en die omliggende gebiede. Saam met ‘n mengelmoes van besigheid, die regering, akademici en die burgerlike samelewing, het ek aan die studietoer deelgeneem, wat mildelik finansier is deur die Konrad Adenauer-stigting. Duitsland, met sy belaaide en dikwels omstrede geskiedenis van die 20ste eeu onder die Nasionale Sosialiste, asook die kommunistiese diktatorskap in die voormalige Duitse Demokratiese Republiek (DDR), het as die perfekte agtergrond gedien om die Suid-Afrikaanse ervaring te oorweeg.
Op Woensdag, 5 Oktober, het die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Kommunikasie (die Komitee) ‘n vergadering met die beleërde Raad van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) belê ten einde laasgenoemde die geleentheid te gee om die Komitee in te lig oor die sake by die openbare uitsaaier. Dit is gedoen in lig van die onlangse uitspraak deur die Appèlhof betreffende sy nuut aangestelde Groephoof van Korporatiewe Sake, Hlaudi Motsoeneng, en die probleme wat die SAUK onlangs geteister het. Dit is opmerklik dat hierdie vergadering tydens die parlementêre reses plaasgevind het, wat ‘n aanduiding van die erns van die saak is.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) kondig hiermee die aanstelling aan van me Christine Botha as Regsbeampte, effektief vanaf Oktober 2016. Me Botha sal in hierdie pos die Direkteur van die SGR bystaan met die behaling van die Sentrum se doelwitte om die waardes, regte en beginsels in die Grondwet te bevorder; om ontwikkelings te monitor, met inbegrip van konsepwetgewing betreffende die Grondwet; om mense en organisasies in te lig oor hul grondwetlike regte en verpligtinge; en om mense en organisasies by te staan om hul regte op te eis.
Dit is ‘n ingewikkelde saak en – waar daar sin van kan gemaak word – dit dui op ‘n organisasie wat vasgevang is in onderduimse aktiwiteite en wanadministrasie. Met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wat sedert sy instelling nog nie ‘n hoof gehad het wat ‘n volle termyn suksesvol voltooi het sonder om te bedank of wat gedruk is om die pos te verlaat nie, is een van die aanduiders hiervan.