+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: DIE GUPTA-SPIOENASIE-SAGA

PRIVACY opt

Die onlangse onthullings oor die #GuptaEmails wat uitgelek is, suggereer dat die prominente Gupta-familie op verskeie individue spioeneer het, met inbegrip van die voormalige Minister van Finansies, Trevor Manuel; sy vrou en Hoof Uitvoerende Beampte van ABSA, Maria Ramos; EFF-leier, Julius Malema en die base van FirstRand, Laurie Dippenaar en GT Ferreira. Hulle het ook toegang gehad tot inligting oor hul reisbewegings. Terwyl die motiewe vir die spioenasie op Manuel en Malema onduidelik is, suggereer berigte dat die spioenasie op die res uitgevoer is as gevolg van die Guptas se belangstelling om ‘n Suid-Afrikaanse bank te koop. Indien dit wel die geval is, is verskeie wette moontlik oortree.

Read More »

VERKLARING: VERANTWOORDBAARHEID, ‘N REPONSIEWE INGESTELDHEID EN OPENHEID AAN DIE ORDE VAN DIE DAG: BESLUIT OOR GEHEIME STEMMING

constitutional court foter

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die uitspraak wat gister deur die Konstitusionele Hof gelewer is in UDM v Speaker of the National Assembly and Others,  waarin die Hof dit duidelik gestel dat die Reëls van die Parlement, in ooreenstemming met die Grondwet, voorsiening maak vir ‘n geheime stemming wat mosies van wantroue in die President betref. 

Dit is belangrik dat die Hof die betekenis van Suid-Afrika as grondwetlike demokrasie duidelik gestel het – dat “bestuursstrukture geskep word om lewe in ons kollektiewe aspirasies te blaas.” Die besluit beklemtoon dat lede van die Nasionale Vergadering, asook die President, ‘n eed afgelê het, wat ‘n ernstige verbintenis is tot die handhawing van die Grondwet namens die mense van Suid-Afrika. ‘n Openbare amp is ‘n groot verantwoordelikheid – en moenie vir die bevordering van persoonlike of sektariese belange gebruik word nie. Ten spyte van die enorme mag van ‘n openbare amp, is dit altyd onderhewig aan wigte en teenwigte. Gevolglik is ‘n mosie van wantroue in die President een sodanige wyse om die hoof van die nasie se Uitvoerende Gesag aanspreeklik te hou.

Read More »

WYSIGINGSWETSONTWERP OP VLUGTELINGE [W12B-2016] – SKIET STEEDS TEKORT

outside parliament sabc

Op 29 Mei 2017 het die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) se Gekose Komitee oor Maatskaplike Dienste die publiek genooi om geskrewe voorleggings in te dien oor die Wysigingswetsontwerp op Vlugtelinge [W12B-2016], wat verder gewysig is. Die Wysigingswetsontwerp op Vlugtelinge (die Wetsontwerp) is in September 2016 in die Nasionale Vergadering ingestel en het ten doel om die Wet op Vlugtelinge van 1998 te wysig.

In wese het die Wetsontwerp ten doel om sistemiese korrupsie aan te pak, wat die asielstelsel al vir jare teister. Voorts maak dit voorsiening vir diskwalifikasie en opheffing betreffende vlugtelingstatus, en stel weer die Staande Komitee in.

Read More »

ARTIKEL: MOTSOENENG VERLAAT DIE SAUK

SABC Logo

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) het vandag aangekondig dat die voormalige Hoof Bedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng, afgedank is by die openbare uitsaaier. Dit volg op die SAUK se tussentydse raad se aanvaarding van die voorsitter van die tugkomitee se aanbeveling dat hy afgedank word. Motsoeneng is aangekla van en skuldig bevind dat hy die SAUK in oneer gebring het en onherstelbare skade aan sy werknemer gerig het nadat hy die bepalings van sy skorsing geskend het. Die beslissing volg op ‘n uitgerekte verhoor, wat Motsoeneng telkemale probeer uitstel het. 

Read More »

BESPREKING VAN HOFSAAK: DIE PLIGTE VAN POLISIE TEENOOR VROUE – BEPALINGS BETREFFENDE AANHOUDING RAKENDE VOORVERHOOR

police jacket opt

Die Suid-Gautengse Hoë Hof het onlangs beslis, onder andere, oor die bepalings betreffende aanhouding in polisieselle. Die Mathe v the Minister of Police-saak was ‘n aansoek om skadevergoeding as gevolg van die trauma wat deur die eiser aan die hand van die SA Polisiediens ervaar het. Alhoewel dit ‘n eis om skadevergoeding was, is belangrike grondwetlike vrae geopper. 

‘n Opsomming van die feite van die saak: die eiser en haar vriende is in hegtenis geneem op ‘n klag van prostitusie nadat hulle gevind is waar hulle in die vroeë oggendure buite ‘n petrolstasie gesit en wag het vir openbare vervoer. ‘n Ongemerkte polisiemotor het opgedaag, en polisiebeamptes in gewone klere het hulle in hegtenis geneem sonder om hulle eers in kennis te stel van hul regte kragtens artikel 35(1) van die Grondwet. Hierdie bepaling hou verband met die regte van diegene wat in hegtenis geneem is vir ‘n beweerde kriminele oortreding, en sluit in die reg om oor hul regte ingelig te word. Die beamptes het ook versuim om hul identiteit as polisiebeamptes bekend te maak voordat die vroue in die motor geboender is. Daar was ‘n kort woordewisseling voordat hulle na die polisiestasie is, en in wese is die vroue in hegtenis geneem slegs omdat hulle vroue was wat buite ‘n petrolstasie gesit het in die middel van die nag. 

Read More »

VERKLARING: PHAHLANE – SAPD HET WEER LEIERSKAPSPROBLEME

SAPS foter

Luitenant-generaal Khomotso Phahlane is uit sy waarnemende pos as Nasionale Suid-Afrikaanse Polisiekommissaris verwyder. Dít teen die agtergrond van die destydse Nasionale Polisiekommissaris, Riah Phiyega, wat steeds geskors is weens haar rol in die Marikana-moorde van stakende mynwerkers. Sal ons waag om die nasie daaraan te herinner dat daar nog nie ‘n individu was wat sy of haar termyn as die hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens voltooi het nie? Suid-Afrikaners is moeg van daaglikse onthullings van korrupsie, onbevoegdheid en ‘n Staat wat klaarblyklik vasberade is om af te dwaal van sy weg van grondwetlike demokrasie.

Read More »

ARTIKEL: AFRIKA-DAG – NIE VEEL OM OOR OPGEWONDE TE RAAK NIE

africa globe opt25 Mei is die jaarlikse herdenking van die stigting van die Organisasie vir Afrika-Eenheid (OAE). Die OAE is ingestel om “eenheid en solidariteit onder Afrika-state te bevorder” en om “die oorblyfsels van kolonisasie en apartheid op die vasteland uit te roei”. Dit was aan die begin van die bevryding vir baie Afrika-lande van kolonialisme, en die samewerking was een van die beste voorbeelde van pan-Afrikanisme en die voorneme om bande tussen Afrika-lande te smee. In 2001 is die OAE hernoem na die Afrika-unie (AU). Vanjaar vier dit sy 54ste bestaansjaar – meer as vyf dekades, en tog blyk dit of daar nie veel is om te vier nie.

Read More »

ARTIKEL: VOEDSELSEKURITEIT IN DIE DEBAT OOR GROND

farm

Artikel 27(1) en (2) van die Grondwet waarborg elke burger die reg op voldoende voedsel, en dat die staat voldoende maatreëls moet instel om die verwesenliking van hierdie reg te verseker. Om te verseker dat hierdie grondwetlike noodsaaklikheid nagekom word, het die Kabinet in 2013 die Nasionale Beleid oor Voedsel en Voedselsekuriteit goedgekeur. Die Beleid het ten doel om voedselproduksie en -verspreiding te verbeter en om produksie deur kleinboere te bevorder, wat ook saam met “bestaansboerdery”, “gemeenskapsgebaseerde boerdery” of “landelike boerdery” gebruik word. Terwyl kleinboere oor beperkte bronne beskik, speel hulle ‘n belangrike rol in die die skep van mense se lewensbestaan en om voedselproduksie onder die arm landelike bevolking te verseker. Die Beleid stel ‘n raamwerk in die vooruitsig om die reg op voldoende voedsel te beskerm, maar voedselonsekerheid is egter steeds ‘n faktor. 

In 2016 het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Jaarverslag vir 2016 verklaar dat alhoewel die land voedselvereistes onder normale weersomstandighede kan nakom, is 14 miljoen Suid-Afrikaners kwesbaar wat hongerte betref, en nie oor voldoende toegang tot voedsel beskik nie. Daarbenewens toon Statistiek SA se Community Survey 2016 dat 2.2 miljoen huishoudings in die afgelope jaar ‘n maaltyd oorgeslaan het, en 3.3 miljoen huishoudings sê dat hulle in die afgelope 12 maande nie genoeg geld oorgehad het om kos te koop nie.

Read More »

ARTIKEL: DIE TOEKOMS VAN MOEDERTAALONDERRIG*

foter ConCourt

Is dit realisties in Suid-Afrika se multikulturele samelewing om te verwag om moedertaalonderrig te ontvang aan ‘n onderwysinstelling van die staat? Indien daar slegs gefokus word op artikel 29(2) van die Grondwet, moet die antwoord bepaal word volgens enige feitlike konteks. Artikel 29(2) van die Grondwet (artikel 29(2)-reg) is ingestel om die balansering van regte te verseker, deur te waarborg dat elkeen die reg het op onderrig in die taal van hul keuse aan ‘n openbare onderwysinstelling, mits dit “redelik doenbaar” is. Die Staat is voorts verplig om alle redelike opvoedkundige alternatiewe te oorweeg om aan hierdie reg uitvoering te gee, met die in agneming van die faktore van “billikheid, doenbaarheid en die behoefte daaraan om die gevolge van die diskriminerende wette en praktyke in die verlede reg te stel”.

Read More »