
Die debat oor grond in Suid-Afrika, wat al jare voortduur, het klaarblyklik opnuut ‘n gevoel van dringendheid aangeneem. In die afgelope week het die Nasionale Vergadering ‘n mosie van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) debatteer ten einde die eiendomsklousule in die grondwet te wysig, met die party se leier wat verklaar het: “Mense van Suid-Afrika, waar jy ‘n mooi stuk grond sien, vat dit, dit behoort aan jou”. Die President het ook ‘n beroep om onteiening sonder vergoeding gedoen – ‘n sentiment wat hy die eerste keer tydens sy Staatsrede van 2017 geuiter het.
Dit is waar dat die trae pas van grondhervorming, asook die gebrek aan institusionele vermoë in Suid-Afrika, gelei het tot die versuim om die grondwetlike belofe van ‘n egalitariese en getransformeerde samelewing te verwesenlik. Dit is ook waar dat die beskikbare statistieke oor patrone van grondeienaarskap grootliks verouderd en onvoltooid is. ‘n Oudit van 2014 deur die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, bevoorveeld, dui aan dat 79% van die land se grond in privaat besit is, sonder om die ras, geslag of nasionaliteit van sodanige eienaarskap bekend te maak. Die gebrek aan ‘n omvattende en huidige landwye grondoudit het te dikwels daartoe gelei dat belangrike politieke figure die feite manipuleer ten einde die aandag van swak staatsbestuur af te lei.
Eerlike en robuuste debat is dringend nodig oor die gronddebat, maar wat grootliks ontbreek in die huidige diskoers, ongeag hoe dringend, en by tye uiters van aard dit is, is die perspektief met betrekking tot ras. Dit skep die werklike risiko dat geslagsongelykheid voortgeset word, met betrekking tot toegang tot grond.