+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: 16 DAE VAN AKTIVISME 2019

16Days2019

25 November is die jaarlikse herdenking van die Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue, asook die aanvang van die Verenigde Nasies se veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen geslagsgebaseerde geweld (GGG). Hierdie veldtog is ‘n jaarlikse beweging wat daarop gemik is om optrede te verskerp, bewusmaking te bewerkstellig en om magtige vrouebewegings te vereer en te erken, wie se onverbiddelike werk poog om veiliger omgewings vir vroue en kinders te skep en te bevorder, waar hulle hul ook al mag bevind. Die veldtog van 16 Dae eindig op 10 Desember, wat ook Internasionale Menseregtedag is, wanneer die wêreld erkenning verleen aan die groot vordering wat gemaak is in die beskerming en bevordering van universele menseregte.

Die Verenigde Nasies se entiteit vir geslagsgelykheid en die bemagtiging van vroue (VN-vroue) herdenk elke jaar hierdie tydperk van 16 Dae onder ‘n ander tema wat spreek tot die kwessies vroue die meeste raak. Hierdie jaar is die tema “Orange the World: Generation Equality Stands against Rape!”, en vra gemeenskappe om standpunt in te neem teen verkragting.

Read More »

UITNODIGING: WAT BETEKEN DIE WETSONTWERP OP NASIONALE GESONDHEIDSORG VIR ONS?

191128 SGR uitnodiging opt

Sluit by ons aan vir die vierde in ‘n reeks besprekings vir 2019, aangebied deur die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Konrad Adenauer-stigting (KAS).

Onderwerp:    “Wat beteken die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering vir ons?” 

Die SGR het kundiges genooi om die implikasies van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV-wetsontwerp), asook die uitvoerbaarheid van die bepalings, te ontleed. Die NGV-wetsontwerp is onlangs in die Parlement ter tafel gelê en daar word tans op openbare kommentaar oor die Wetsontwerp gesoek. Sprekers:                 

  • Mnr Michael Settas, lid van die eenheid vir gesondheidsbeleid, Vryemarkstigting
  • Mnr Russell Rensburg, Direkteur, Rural Health Advocacy Project
Read More »

ARTIKEL: HERVESTIGING VAN VLUGTELINGE

REFUGEES OPT

Vanaf 8 Oktober 2019 het buitelandse burgers wat in Suid-Afrika as vlugtelinge en asielsoekers gewoon het, buite die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap (UNHCR) se kantore in Kaapstad en Pretoria kampeer. Hulle het (en is nog steeds) op soek na hervestiging in ander lande, na die onlangse vlaag gewelddadige vreemdelingehaat in die land. Die aanvalle in September het internasionale woede veroorsaak en 12 mense is dood (waarvan die meeste Suid-Afrikaners was), honderde is in hegtenis geneem en eiendomskade ter waarde van duisende rande is op die strate van Johannesburg aangerig.

Read More »

UITNODIGING: DIE VERSLAG VAN DIE PRESIDENSIËLE ADVIESPANEEL OOR GRONDHERVORMING EN LANDBOU: DIE VOOR- EN NADELE

191029 SGR Uitnodiging opt

DIE GRONDWET IN AKSIE

Sluit by ons aan vir die tweede in ‘n reeks ontbytbesprekings vir 2019, aangebied deur die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Konrad Adenauer-stigting (KAS).

Onderwerp: Die Verslag van die Presidensiële Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou: Die Voor- en nadele

Die SGR het kundiges genooi om die aanbevelings van die Presidensiële Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou te ondersoek. Die paneel het die mandaat gehad om beleidsperspektief te gee oor grondhervorming rakende restitusie, herverdeling en verblyfreg hervorming en om onder andere die omstandighede waaronder onteiening sonder vergoeding toegepas sal word, te oorweeg.

Read More »

ARTIKEL: GESLAGSGEBASEERDE GEWELD EN DIE PRESIDENT SE BELOFTES: SÊ DIE STAAT REGTIG – GENOEG IS GENOEG?

gbv 2019

Na die onlangse ontstellende berigte oor die gewelddadige moord en verkragting van vroue wat nuwe skokgolwe deur die land gestuur het, het tienduisende op 5 September na die Parlement opgeruk om optrede en geregtigheid te eis.

Die President, wat tydens die protesweek gekritiseer is vir sy gebrek aan optrede, het die land uiteindelik op 5 September toegespreek oor die onlangse wrede verkragtings en moorde. In ‘n opregte toespraak het die President erken dat Suid-Afrika groot rou en pyn beleef. Hy het benadruk dat geslagsgebaseerde geweld (GGG) ‘n multi-sektorale benadering vereis, en dat dit ‘n saak van dringendheid moet word.

Read More »

UITNODIGING: VROUE EN GEREGTIGHEID

190828 SGR uitnodiging opt

DIE GRONDWET IN AKSIE

Sluit by ons aan vir die tweede in ‘n reeks ontbytbesprekings vir 2019, aangebied deur die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Konrad Adenauer-stigting (KAS).

Onderwerp: Vroue en Geregtigheid

Ter viering van die Vrouemaand hoop die SGR om struikelblokke wat vroue in die gesig staar vir die toegang tot geregtigheid uit te pak. Gassprekers uit uiteenlopende velde is uitgenooi om hul ervaring en sienings oor hierdie komplekse onderwerp te deel

Read More »