OUTONOMIE, TAAL, REGTE:
FW DE KLERK-STIGTING SE VOORLEGGING OOR DIE BELA-WETSONTWERP

Uitgereik deur die FW de Klerk-stigting op o7/02/2024

Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (die “BELA-wetsontwerp”) het intense debat en ondersoek regoor Suid-Afrika ontlok. Die Wetsontwerp is deur die Parlement se tweede huis, die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP), kommentaar gepubliseer nadat dit deur die eerste huis, die Nasionale Vergadering (NV), goedgekeur is. Die FW de Klerk Stigting het ‘n omvattende voorlegging by die NRVP ingedien waarin dit sy diepgaande kommer oor die potensiële impak van die wetsontwerp op Suid-Afrika se onderwysstelsel en grondwetlike raamwerk, verwoord.

Die BELA-wetsontwerp in ‘n neutedop:

Die BELA-wetsontwerp stel wysigings aan die Suid-Afrikaanse Skolewet van 1996 (“SASA”) en die Wet op Indiensneming van Opvoeders van 1998 (“EEA”) voor. Die primêre doelwit daarvan is om hierdie wette te moderniseer en in lyn te bring met moderne onderwysbehoeftes. Die voorgestelde wysigings het egter aansienlike kommer by belanghebbendes laat ontstaan oor hul versoenbaarheid met grondwetlike regte en beginsels.

Bedreigings geïdentifiseer in die BELA-wetsontwerp:

1. Bedreiging vir Skoolbeheerliggame se outonomie:

Die BELA-wetsontwerp ondermyn die mag van ouers deur die outonomie van Skoolbeheerliggame (“SBL’e”) te verwyder en dit aan die Staat te gee. SBL’e bestaan uit lede, van wie die meerderheid ouers moet wees wie se kinders leerders aan die skool is. Hulle is ‘n integrale deel van die bestuur van onderwyssake op plaaslike vlak. Die Stigting beklemtoon dat SBL’e die beste geplaas is om besluite in die beste belang van die leerders te neem en dat hulle ‘n deurslaggewende rol speel in die bevordering van ‘n gemeenskap se eienaarskap en aanspreeklikheid in skole.

Die BELA-wetsontwerp verleen egter magte aan die provinsiale onderwysdepartemente se hoofde om hierdie ouers (deur hul SBL’e) se gesag soos vervat in die bepalings van toelatings– en taalbeleide, te ignoreer.

Die Stigting is spesifiek bekommerd dat die wetsontwerp inbraak sal maak op die reg op onderwys in ‘n amptelike taal van jou keuse (artikel 29(2) van die Grondwet), veral omdat die Staat nie daarin slaag om al die amptelike tale waarin onderwys aangebied kan word, effektief uit te brei nie.

2. Bedreiging vir linguistiese diversiteit:

Die BELA-wetsontwerp se implikasies vir linguistiese diversiteit en taalregte in Suid-Afrika wek diepgaande grondwetlike kommer. Die ooglopende bedoeling van die Wetsontwerp is om oorblywende enkelmedium Afrikaanse skole te verplig om dubbelmediumonderrig in Engels en Afrikaans te implementeer. Hierdie benadering, soos die geskiedenis aantoon, lei dikwels tot die afskaling óf uitskakeling  van Afrikaans as onderrigtaal soos in die geval van  taaltransformasieprosesse wat aan vele openbare universiteite aan die orde van die dag was.

Die wetsontwerp poog boonop om SBL’e se appèl-opsies te beperk, deur hulle te dwing om met die LUR’e vir Onderwys eerder as die howe om kwytskelding te beraadslaag. Die 2018 Hoërskool Overvaal v Panyaza Lesufi-hofsaak waarin die Pretoriase hooggeregshof beslis het teen die Gautengse LUR vir onderwys se poging om Hoërskool Overvaal te verplig om Engelssprekende studente toe te laat, die as presedent wat die skool se taalbeleid beskerm.

Die voortdurende afskaling van Afrikaans as medium van onderrig op sowel primêre as tersiêre onderwysvlakke, beklemtoon die dringende behoefte om taalregte en kulturele diversiteit te beskerm. Die FW de Klerk Stigting se CRL-verslagkaart beklemtoon die aanhoudende bedreigings vir kulturele, godsdienstige en taalregte in Suid-Afrika, en beklemtoon die noodsaaklikheid om hierdie uitdagings omvattend die hoof te bied.

Om die volle potensiaal van Suid-Afrika se linguistiese diversiteit te ontsluit, moet beleidmakers die behoud en bevordering van inheemse tale prioritiseer soos vereis deur artikel 6(2) van die Grondwet. Taalregte is nie net grondwetlike imperatiewe nie; hulle is noodsaaklik vir die ontsluiting van die legion ekonomiese, opvoedkundige en sosio-kulturele geleenthede wat in inheemse tale ingebed is.

3. Verwaarlosing van die tuisonderrigsektor:

Die BELA-wetsontwerp ignoreer die kommer wat deur die tuisonderrigsektor geopper word oor registrasie en inspeksie wat inbreuk maak op ouers se grondwetlike reg om die vorm van onderwys te kies wat na hul mening die mees geskikte keuse is vir hul kinders (artikel 29 van die Grondwet) en die reg op privaatheid (artikel 14) van die Grondwet).

4. Kriminalisering en sosio-ekonomiese realiteite:

Die wetsontwerp se voorgestelde kriminalisering van ouers vir nie-nakoming van hul kind se verpligte skoolbywoning vanaf graad R sal ‘n vernietegende impak hê op kwesbare gesinne wat sosio-ekonomiese uitdagings in die gesig staar. Dit beklemtoon die dringende behoefte om die toepaslikheid van die kriminalisering van ouers te heroorweeg deur na ander opsies ook te ook in ‘n poging om ‘n blywende oplossing vir die kwessie van bywoning in ons skole te vind.

Die Stigting se voorgestelde remedies:

Om die bewese bekommernisse wat geopper is aan te spreek, bepleit die FW de Klerk-stigting dat die Parlement ‘n reeks veranderings aan die BELA-wetsontwerp maak:

1. SLB outonomie: Die Stigting beveel die verwydering van bepalings aan wat SBL’e van hul regmatige besluitnemingsgesag in opvoedkundige aangeleenthede stroop. Die sentralisering van mag binne Provinsiale Departemente, wat reeds belas is en te min hulpbronne het, ondermyn demokratiese bestuursbeginsels wat in die Grondwet verskans is.

2. Aanspreek van sosio-ekonomiese ongelykhede: Beleid moet geïmplementeer word om sosio-ekonomiese ongelykhede in onderwystoegang te erken en reg te stel. Dit is noodsaaklik om te verseker dat alle leerders, ongeag hul agtergrond, gelyke geleenthede tot kwaliteit onderwys het.

3. Beskerming van linguistiese diversiteit: Minderheidstaalgemeenskappe moet die reg op toegang tot onderwys in hul moedertaal behou. Die beveiliging van linguistiese diversiteit is noodsaaklik vir die bevordering van inklusiwiteit en die behoud van kulturele erfenis.

4. Skakeling met tuisonderriggemeenskappe: Betekenisvolle dialoog met tuisonderriggemeenskappe is noodsaaklik om bekommernisse aan te spreek en hul grondwetlike regte te handhaaf. Samewerking verseker dat tuisonderrigpraktyke belyn bly met opvoedkundige standaarde en regulasies.

5. Bevordering van inklusiewe onderwys: Beleide moet ontwikkel word om aan die uiteenlopende behoeftes van Suid-Afrika se leerders te voorsien deur toegang tot gehalte-onderwys vir almal te prioritiseer. Inklusiwiteit behoort eerste op die ranglys van opvoedkundige beplanning en implementering te wees. Moniteringstelsel moet in plek gestel word om onderwysers, prinsipale, kringbestuurders, onderwysdistrikskantore en SBL’e verantwoordbaar te hou vir die voorsiening van kwaliteitonderwys. 

Die FW de Klerk Stigting doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners wat ons verbintenis tot grondwetlike waardes deel, om ons missie te ondersteun. U finansiële skenking sal ons in staat stel om voort te gaan met ons noodsaaklike werk om grondwetlike regte tot voordeel van alle landsburgers te bevorder en te verseker dat gehalte onderwys die hoeksteen van ons demokrasie bly.

Saam kan ons ‘n toekoms bou waar elke landsburger se reg op kwaliteit onderwys verwesenlik, gerespekteer en beskerm word.