ARTIKEL: ‘N BALANS TUSSEN DIE VERWERKING VAN GRONDEISE EN DIE INWERKINGSTELLING VAN WETGEWING WAT AAN DIE TOETS VAN GRONDWETLIKHEID VOLDOEN

SPEAKER OF THE NATIONAL ASSEMBLY AND ANOTHER V LAND ACCESS MOVEMENT OF SOUTH AFRICA AND OTHERS
Op 19 Oktober 2019 het die Konstitusionele Hof uitspraak gelewer in Speaker of the National Assembly and Another v Land Access Movement of South Africa and Others (LAMOSA 2). Die aangeleentheid was ‘n aansoek deur die Speaker van die Nasionale Vergadering (NV) en die Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) vir die verlenging van ‘n interdik wat deur dieselfde hof in Land Access Movement of South Africa v Chairperson, National Council of Provinces (LAMOSA 1) toegestaan is.







