OUTONOMIE, TAAL, REGTE: FW DE KLERK-STIGTING SE VOORLEGGING OOR DIE BELA-WETSONTWERP
Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (die “BELA-wetsontwerp”) het intense debat en ondersoek regoor Suid-Afrika ontlok.
Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (die “BELA-wetsontwerp”) het intense debat en ondersoek regoor Suid-Afrika ontlok.
Die Grondwet verskans die reg nié net tot basiese onderwys nié, maar ook tot verdere onderwys soos omskryf in artikel 29(1)(b).Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) is een van die instrumente (die redelik haalbare maatreëls) waardeur die staat kwalifiserende studente finansiëel bystaan om ‘n naskoolse kwalifikasie te verwerf.
Midde al die uitdagings wat die publieke gesondheidssektor ervaar, staar Suid-Afrika ‘n verwarrende teenstrydigheid in die gesig – ‘n Groep van meer as 800 werklose dokters, teenoor ‘n styging in mediese nalatigheidseise in staatshospitale. Hierdie situasie beklemtoon die grondwetlike implikasies van die Nasionale Gesondheidsversekering Wetsontwerp (“NHI”), wat, allesbehalwe ‘n towerstaf, net blyk om die uitdagings wat tans ervaar word, te vererger.
Read this article in English LEUENS, MISLEIDING EN REGS-TEENSTRYDIGHEID: ANC SE BRANDBESTRYDINGSPOEL-SAGA BEDREIG DEMOKRASIE Uitgereik deur die FW de Klerk-stigting op 24/01/2024 In onlangse onthullings
Read this article in English ERODERING VAN TAALREGTE: AFRIKAANS, ONDERWYS EN DIE STRYD OM INKLUSIWITEIT Uitgereik deur die FW de Klerk-stigting op 23/01/2024 Die onlangse

***GELEENTHEID UITGESTEL***
Sluit by ons aan vir die eerste in ‘n reeks ontbytbesprekings vir 2020, aangebied deur die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Konrad Adenauer-stigting (KAS).
Onderwerp: Post SONA: Die Antwoorde wat Ons Wil Hê
Die SGR het gesoute politieke ontleders uitgenooi om hul menings te deel oor die President se Staatsrede (SONA), wat op 13 Februarie 2020 gelewer sal word.

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) het ‘n skrywe aan die voorsitter van die Ad Hoc-komitee wat die taak opgelê is om wetgewing te inisieer en in te stel ten einde artikel 25 van die Grondwet te wysig, en ‘n dringende versoek gerig om die sperdatum vir openbare kommentaar te verleng. Op 13 Desember 2019 het die Parlement ‘n uitnodiging in die Staatskoerant gepubliseer waarin hy die publiek versoek om teen 31 Januarie 2020 skriftelike voorleggings oor die konsep-18de Wysigingswetsontwerp op die Grondwet voor te lê.
Kortliks stel die konsep-18de Wysigingswetsontwerp op die Grondwet die wysiging van artikel 25 van die Grondwet voor om voorsiening te maak dat die Howe kan bepaal dat dit in sekere spesifieke omstandighede – uiteengesit in wetgewing – regverdig en billik sal wees kragtens artikel 25(3) van die Grondwet dat die vergoedingsbedrag vir die onteiening van Grond en enige verbetering daarvan, vir die doeleindes van grondhervorming, nul sal wees.

10 Desember word jaarliks herdenk as Internasionale Menseregtedag. Die datum is van besondere belang, aangesien dit die datum is waarop die Universele Verklaring van Menseregte (UDHR) in 1948 deur die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering aanvaar is. Die UDHR is gebore na die einde van die Tweede Wêreldoorlog en erken dat almal geregtig is op fundamentele beskerming van menseregte. Die UDHR artikuleer en noem universeel onvervreembare regte soos gelykheid en waardigheid, ongeag gronde soos ras, kleur, godsdiens, geslag, nasionale of sosiale oorsprong. Alhoewel dit nie ‘n bindende dokument is nie, is die UDHR die basis vir meer as 60 menseregte-maatstawwe regoor die wêreld, insluitend die Suid-Afrikaanse Grondwet.

Op Dinsdag, 26 November 2019, het die reëlskomitee van die Nasionale Vergadering (NV) aangekondig dat hy ingestem het tot die Draft Rules to Regulate the Removal of Office Holders of Institutions Supporting Constitutional Democracy (die Reëls). Die Reëls sal die verwydering van ampshoofde, soos die Ouditeur-Generaal en die Openbare Beskermer uit die amp bepaal.
Die opstel van hierdie Reëls word in alle erns gedryf deur die herhaaldelike beroep deur die amptelike opposisieparty, die DA, asook die burgerlike samelewing, om die verwydering van die Openbare Beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane. Die beroepe om haar verwydering spruit uit veelvuldige hofbevindings teen die Openbare Beskermer in haar persoonlike hoedanigheid en teen haar kantoor. Die opvallendste hiervan was die ABSA/Bankorp-aangeleentheid, waarin die verslag van die Openbare Beskermer ter syde gestel is, en sy is gelas om 15% van die Suid-Afrikaanse Reserwebank se regskoste te betaal. Meer onlangs is sy beveel om 5% van die regskoste van elk van die twee applikante in die Estina Dairy-saak te betaal.