Die Nasionale Uitvoerende Gesag het die parlementêre proses om Suid-Afrika van die ISH te onttrek, sonder die goedkeuring van die Parlement, soos vereis deur die Grondwet, vooruit geloop. Die feit dat die Nasionale Uitvoerende Gesag die Parlement in hierdie verband oorgesien het, is ‘n skending van die skeiding van magte, wat wigte en teenwigte behoort te skep tussen die Uitvoerende Gesag en die Wetgewer. In hierdie verband het die Nasionale Uitvoerende Gesag die magte van die Wetgewer op doeltreffende wyse toegeëien en inbreuk gemaak op die Wetgewer se gebied van kernbevoegdheid. In elk geval het die kennisgewing om te onttrek nie openbare deelname ingesluit nie, in teenstelling met parlementêre betrokkenheid, wat openbare deelname in die proses toelaat. Dit was ook nie in ooreenstemming met die Grondwet nie, wat bepaal dat alle mense daarop geregtig is om aan die administrasie van die land deel te neem. Die beslissing stel dit duidelik dat slegs die Parlement oor die mag beskik om te besluit of Suid-Afrika nie meer aan internasionale ooreenkomste gebonde te wees nie.
Prakties gesproke kan die Nasionale Uitvoerende Gesag bloot wag vir die parlementêre proses om homself uit te speel. Met die regerende party wat ‘n parlementêre meerderheid het, sal die Wetsontwerp op die Herroeping van die Roomse Statuut van die Internasionale Strafhof waarskynlik as wet aanvaar word.
Dit beteken dat die Nasionale Uitvoerende Gesag steeds ‘n kennisgewing van onttrekking aan die Verenigde Nasies kan uitreik, en Suid-Afrika dus formeel van die ISH kan onttrek, asook van enige verpligtinge wat uit sy lidmaatskap spruit. Die Hoë Hof het nietemin die Grondwet bevestig en dit duidelik gestel dat partypolitieke belange nie voor die regering se grondwetlike en regsverpligtinge gestel moet word nie.
Soewereiniteit en internasionale reg moet saambestaan. Dit is jammer dat Suid-Afrika gekies het om ‘n punt te bewys oor sy soewereiniteit nadat sy eie howe ‘n lasbrief vir inhegtenisname vir President al-Bashir uitgereik het – wat deur die ISH gesoek word vir misdade teen die mensdom, oorlogsmisdade en volksmoord.
Deur me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte