+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

HULDEBLYK: PROFESSOR RUSSEL BOTMAN

foter- prof botmanDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR), in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch se Skool vir Openbare Leierskap, die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studentleierskapontwikkeling en die Konrad Adenauer Stigting, het die voorreg van Professor Russel Botman as gasspreker tydens ons onlangse Ontbytbesprekingsreeks oor die Grondwet en Goeie Openbare Leierskap op 19 Junie 2014 gehad.

Read More »

ARTIKEL: DIE “ONGEWENSTE” IMMIGRASIEREGULASIES 2014

home-affairs-foterOp 26 Mei 2014 het nuwe immigrasieregulasies in werking getree wat voorsiening maak vir algemene werks- en skaars vaardighedevisums wat vir vyf jaar geldig is, werksvisums ten opsigte van werknemers wat in dieselfde maatskappy verplaas word, wat vir vier jaar geldig is, en korporatiewe werksvisums wat vir drie jaar geldig is.

Read More »

UITNODIGING: DIE ROL VAN UNIVERSITEITE IN LEIERSKAPSONTWIKKELING

Leadership 2 - Afrikaans

DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: REEKS VAN ONTBYTBESPREKINGS

ONDERWERP: DIE ROL VAN UNIVERSITEITE IN LEIERSKAPONTWIKKELING

SPREKERS: PROF RUSSEL BOTMAN en WAYDE GROEP 

Sluit by ons aan vir die tweede in ’n reeks van vier ontbytbesprekings wat deur die Skool vir Publieke Leierskap Publieke Leierskapforum (SPLPLF) aangebied word in samewerking met die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) aan die Universiteit van Stellenbosch (US) en met die steun van die Konrad Adenauer-stigting (KAS). Die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut (FVZS) sluit as vennoot by ons aan vir hierdie ontbyt. 

Read More »

BESPREKING VAN HOFSAAK: MOSHOMO LEVIN KUBYANA V STANDARD BANK OF SOUTH AFRICA LTD

constitutional-court-foterDie Konstitusionele Hof het onlangs uitspraak gelewer in ’n saak wat sekere aspekte aanraak betreffende die verhouding tussen kredietverskaffers en verbruikers. Die uitspraak skenk oorweging aan ’n kredietverskaffer se verpligtinge betreffende die Nasionale Kredietwet, Wet 34 van 2005 (“die Wet “) wanneer dit ’n verbruiker in kennis wil stel van sy of haar wanbetaling voordat ’n hof genader word om die kredietooreenkoms tussen hulle toe te pas.

Read More »