VERKLARING: STADIGE VORDERING BETREFFENDE INWERKINGSTELLING VAN TALEWET KOMMERWEKKEND
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) neem met kommer kennis van die stadige vordering betreffende die inwerkingstelling van die Use of Official Languages Act, Wet 12 van 2012 (die Wet) deur nasionale departemente, nasionale staatsinstellings en nasionale openbare ondernemings.
Die Konstitusionele Hof (die Hof) het onlangs ’n eenparige uitspraak gelewer in ’n grensverskuiwende saak wat Suid-Afrika se verpligtinge ingevolge internasionale strafreg en die Grondwet herbevestig.
Die Konstitusionele Hof (die Hof) het onlangs uitspraak gelewer in ’n saak met betrekking tot ’n bejaarde vrou wat uit openbare huurbehuising gesit is.
Hierdie Erfenisdag vier die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) ons gedeelde erfenis: ons land wat aan almal behoort wat daarin woon, ons Grondwet wat ons gemeenskaplike waardes en regte verskans, en die welwillendheid wat deur elke Suid-Afrikaner betoon word wat glo in ’n Suid-Afrika wat verenig is in ons diversiteit.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom ’n onlangse beslissing deur die Konstitusionele Hof in South African Police Service v Solidarity obo Barnard [2014] ZACC 23 in sover dit verdere duidelikheid bied oor hoe gelykheid – ’n grondwetlike waarde sowel as ’n reg – behaal moet word.
Soos wat Augustus, ons Vrouemaand, tot ’n einde kom, is dit tyd om die vordering wat Suid-Afrika gemaak het ten opsigte van die verwesenliking van vroueregte te oorweeg.
Die Openbare Beskermer kom toenemend onder skoot van sommige politieke partye, organisasies en individue oor die wyse waarop sy die bevoegdhede uitoefen wat deur die Grondwet aan haar verleen word.
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (die EVV) veroorsaak opskudding binne én buite die heilige gange van die Parlement.