+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE KOMMISSIE-STRATEGIE

Ramaphosa foter opt

‘n Mens hoor baie maal in die gewone omgang dat “Cyril nie vinnig genoeg beweeg om korrupsie en staatskaping te beveg en te beëindig nie”. Hy moes só en só al “lankal in die tronk gesit het…”

Maar is dit so maklik? En wat is regtig aan die gebeur?

‘n Mens kan President Ramaphosa se bona fides dat korrupsie en staatskaping gestop moet word, aanvaar. Hy was en is op rekord dat hy ernstig is daaroor. Sy eie aksies en dié van sy naaste adjutante (soos Pravin Gordhan met die leefstyloudits vir staatsbeheerde instellings) getuig daarvan.

‘n Senior sakeleier vertel my anderdag op ‘n vliegtuig dat die President beraam dat daar 700 sleutelposte in die staatsdiens is wat deur Zumavertrouelinge beset word. Tot sover hierdie jaar is 150 beter mense al aangestel, maar die getal wat oorbly is nog massief.

Read More »

ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE RAPPORT NA NEGE MAANDE

RAMAPHOSA opt

Dit is op Vrydag 16 November presies nege maande sedert President Ramaphosa sy nooienstoespraak in die Parlement gelewer het. Te midde van vinnig-opeenvolgende nuusgebeure, is dit miskien goed om bietjie stil te staan en te evalueer hoe die “nuwe daeraad” na nege maande lyk (en dit was dalk net so uitputtend as ‘n moeilike swangerskap!).

Op 16 Februarie het die nuwe President ‘n hele aantal ondernemings aan die verteenwoordigers van Suid-Afrika se mense (en daardeur aan ons almal) gegee. Sommige hiervan was ondernemings wat reeds in beplanning deur vorige kabinetslede was, en ander was duidelik sy eie ondernemings. In baie gevalle het hy sy eie klem op ondernemings geplaas.

Read More »

VERKLARING: FW DE KLERK STIGTING VERWELKOM BEDANKING VAN MALUSI GIGABA

gigaba foter opt

Die FW de Klerk Stigting verwelkom die besluit deur die Minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, om onmiddellik te bedank (soos ons op 2 November aangevoer het). Te midde van die toenemende aanklagte dat hy onder eed gejok het, die Grondwet geskend het en volgens die Openbare Beskermer die Executive Members’ Ethics Act oortree het, verlaat Minister Gigaba die kabinet onder ‘n baie donker wolk. 

Minister Gigaba het ‘n spoor van verwoesting agter gelaat in die tydperk wat hy Minister van Openbare Ondernemings was, onder die ministeriële portefeuljes wat hy beklee het. Regstellende stappe, tot groot onkoste vir die land, is ingestel om die skade aan feitlik alle ondernemings in staatsbesit, wat onder sy toesig op die verkeerde pad gelei. 

Read More »

VERKLARING: KOMMISSIE VAN ONDERSOEK NA OPENBARE BELEGGINGSKORPORASIE VERWELKOM

PIC

Die FW de Klerk Stigting verwelkom, met versigtige optimisme, die voorsitter Cyril Ramaphosa se aanstelling van ‘n Kommissie van Ondersoek na beweerde onbehoorlikhede by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK). Die aanstelling van die Kommissie is ‘n belangrike bevestiging van die President se bevoegdhede, soos deur die Grondwet verleen. 

Die omvattende verwysingsraamwerk sluit in die ondersoek na ernstige beweringe van onbehoorlikhede wat met OBK-beleggings verband hou. Dit hou ook verband met die optrede van vorige en huidige staatsamptenare en personeel, met inbegrip van die funksionering van sy Raad. Die beperkte tydelike omvang van die werk van die Kommissie – van 1 Januarie 2015 tot 31 Augustus 2018, wat enige twyfelagtige transaksies wat in daardie tydperk gesluit is, uitsluit. 

Read More »

VERKLARING DEUR VOORMALIGE PRESIDENT FW DE KLERK OOR DIE DOOD VAN PIK BOTHA

PIK BOTHA NEWS24 opt

Ek het met groot hartseer kennis geneem van die dood van Pik Botha.

Hy was een van die vernaamste persoonlikhede in Suid-Afrikaanse politiek vanaf 1970 tot met sy uittrede uit die aktiewe politiek in 1996. Hy het van 1977 tot 1994 met groot onderskeid gedien as Suid-Afrika se Minister van Buitelandse Sake van 1977 tot 1994 – en was een van die wêreld se langsdienende buitelandse ministers. Gedurende sy termyn het hy Suid-Afrika vasberade verdedig teen toenemende internasionale isolasie. 

Read More »

VERKLARING OOR AANVAARDING VAN BEDANKING VAN MNR NENE EN AANSTELLING VAN MNR MBOWENI

RAMAPHOSA opt

Die FW de Klerk Stigting verwelkom die feit dat President Ramaphosa, in belang van goeie regeringsbestuur, die bedanking van mnr Nhlanhla Nene as Minister van Finansies aanvaar het. Soos genoem in ‘n SGR-artikel wat gister verskyn het, was dit die regte ding van mnr Nene om sy bedanking in te dien, en dit was die regte besluit van die President om dit te aanvaar. Dit bied aan die land ‘n rare geval van verantwoordbaarheid en etiese optrede op senior regeringsvlak, veral wat die afgelope paar jaar betref. Te dikwels, soos in die geval van SASSA en Life Esidimeni, het politici en senior amptenare hul verantwoordelikhede ontduik en aanspreeklikheid ontken – en sodoende oneties opgetree.

Read More »

VERKLARING: VEELS GELUK, AARTSBISKOP TUTU

Tutu foter

Die FW de Klerk Stigting en voormalige President FW de Klerk wil graag mede-Nobelvredespryswenner, Aartsbiskop-emeritus Desmond Mpilo Tutu, gelukwens met sy 87ste verjaarsdag op Sondag, 7 Oktober. Ons vier sy lewe en sy prestasies, en die relatiewe goeie gesondheid wat hy geniet. Hy het, deur die loop van sy lewe, geveg om geregtigheid en versoening. Hy het voortdurend uitgevaar teen ongeregtighede en verkeerde optrede, ongeag wie die oortreders was. Deur dit alles was hy ‘n nederige dienaar van God, in diens van sy mense. Mag jy ‘n geseënde dag en goeie jaar hê, Arch!

Read More »

ARTIKEL: DIE AKKERLAND SAGA – SUID-AFRIKA VERDIEN BETER

EWC opt

Die beslissing van die grondeisehof verlede week dat Akkerland-Boerdery weer die eienaar van die twee plase waaruit die boerdery bestaan is, het amper ongemerk verbygegaan. Die ministeriële onteieningskennisgewing van 29 Maart – ingevolge waarvan die eienaars sewe dae gehad het om die plase te ontruim en te verlaat – is met koste opsygesit. Blykbaar het die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (die berugte Maite Nkoana-Mashabane) erken haar departement het ‘n fout gemaak deur die onteieningskennisgewing uit te reik.

Read More »

VERKLARING: WAT VOER ZUMA IN DIE MOU?

zuma inauguration

Dis dalk maklik om die opmerkings oor staatskaping tydens ‘n lesing op 12 September deur voormalige President Jacob Zuma as belaglik, snaaks en vreemd af te maak – die tierades van ‘n gewonde voormalige President. Om te sê dat die huidige krisis ‘n “polities versierde uitdrukking van staatskaping” is en dat daar nie so iets soos “staatskaping” is nie, terwyl die werk van die Zondo-kommissie (oor staatskaping!) – en wat hyself aangestel het – onderweg is, maak net nie sin nie. Ten beste is dit ‘n teoretiese les in semantiek, wat heeltemal van realisme gestroop is. Maar dit moet ons nie bekommer nie. Wat voer Zuma – in die ergste geval – in die mou?

Read More »