Die Stigting verwelkom ook die aanstelling van mnr Mboweni as nuwe Minister van Finansies. Sy reputasie in die finansiële wêreld is goed, en sy vermoëns is bekend. Ons wens hom voorspoed toe met die groot taak om die staat se finansies te stabiliseer en die wonde van staatskaaping op die ekonomie, te genees.

Die Nene-geval laat die land met die vraag: moet die President wag vir sekere ander Ministers wat by die Gupta-saga of ander twyfelagtige transaksies betrek word, om hul bedankings in te dien? Of moet hy, in die belang van goeie regeringsbestuur, hulle vra om te bedank of hulle vervang? Anders as mnr Nene, is negatiewe uitsprake oor sommiges gemaak deur die howe en kommissies van ondersoek, en selfs as leuenaars bestempel. Hul optrede was meer as oneties. Met die aanvaarding van mnr Nene se bedanking het President Ramaphosa inderdaad ‘n lyn getrek wat goeie regeringsbestuur en etiese optrede betref. En in plaas daarvan om lagwekkende redes aan te voer vir ontmoetings met die Guptas, soos ‘n “professionele verhouding met ‘n belanghebbende” (inderdaad!) of om Gupta-geborgde geleenthede by te woon om maatskaplike samehorigheidsredes, moet hierdie Ministers ook die regte en etiese ding doen: hul bedankings indien. En indien hulle dit nie doen nie, moet die President die gepaste stappe teen hulle doen.

Deur Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting
10 Oktober 2018

Leave a Reply

Your email address will not be published.