+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: DIE ANC SE PARTYLYS EN SCENARIO’S VIR MEI 2019 EN 2025

TE HEADSHOT opt

Die ANC het onlangs die lys van sy lede wat ná die Mei-verkiesing Parlement-toe sal gaan, gepubliseer. Hierdie mense sal die ANC-koukus in die parlement vorm, hulle moet president Ramaphosa steun in sy planne om die regering en die ekonomie op ‘n vaste voet te plaas. As mens dieper kyk en dink, is die samestelling van hierdie lys amper belangriker as die stempersentasie van tussen 55% en 58% wat die ANC in die algemene verkiesing gaan kry. Die samestelling van hierdie lys is die mees onlangse barometer van hoe sake in die stryd tussen die konstitusionaliste aan die Ramaphosa-kant en die kleptokrate aan die Zupta-kant staan.

Read More »

ARTIKEL: DIE SAMRK SE JONGSTE BEVINDINGE OOR JULIUS MALEMA

SAHRC logo opt

Dit is met die grootste kommer dat die FW de Klerk Stigting kennis neem van die bevindinge van die SA Menseregtekommissie (SAMRK) op 8 Maart 2019, waarin hy die Stigting se klagte van November 2016 van die hand wys. Die Stigting het ‘n klag teen Malema ingedien betreffende ‘n verklaring wat hy buite die landdroshof in Newcastle Magistrate Court gemaak het, waarin hy, inter alia, gesê het dat “…White people found peaceful Africans here. They killed them. They slaughtered them like animals. We are not calling for the slaughtering of white people, at least for now. What we are calling for is the peaceful occupation of land and we don’t owe anyone an apology for that.”

Read More »

ARTIKEL: DIE ANC-REGERING SPEEL DIE TRANSFORMASIEVIOOL TERWYL ESKOM EN SUID-AFRIKA SE LIGTE NIE BRAND NIE…

candle eskom opt

Minister Pravin Gordhan sê laasweek dat oud-Eskom ingenieurs wat nou in die buiteland werk, teruggeroep moet word om te kom help om die krisis te kom oplos. Die meeste van hulle is waarskynlik wit. 

Rapport haal in dieselfde week Eskom se eie regstellende aksieplan aan, waarvolgens daar teen Maart 2020, 1 308 minder wit werknemers (wat gekwalifiseerd is) in sy diens moet wees. Hieronder tel 336 ingenieurs en nog talle middelvlak bestuurders – daar waar die broodnodige onderhoud gedoen moet word.

Huh?

Read More »

VERKLARING: MBOWENI SE BEGROTING: MIN OOR GETALLE, GROOT OOR PARADIGMASKUIWE?

parliament interior sabc

Almal het gewaarsku dat die minister van finansies, Tito Titus Mboweni, nie veel speelruimte sal hê om sy begroting vir die komende jaar in die Parlement voor te stel nie. Hy het nie groot getalle rondgegooi nie, maar hy het beslis ‘n impak gemaak. Hy het nie minder nie as drie keer uit die Ou Testament aangehaal, amper asof hy besef het dat hy bonatuurlike magte vir die werk voorlê nodig sou hê.

Soos met die president se staatsrede, is dit nie voldoende om na die getalle en toewysings en verpligtinge te kyk nie. Daar is min verrassings. As ‘n mens egter tussen die lyne lees, kom ‘n ander prentjie na vore.

Kom ons kyk eerstens na die oënskynlike probleme. Die hernuwing van die SAID is eers genoem, aangesien die invordering van inkomste uiters belangrik is.

Read More »

ARTIKEL: BELEGGING 101 VIR POLITICI

City sml

‘n Groot deel van president Ramaphosa se regrukplanne vir die Suid-Afrikaanse ekonomie is om miljarde rande in buitelandse en plaaslike beleggings te trek, waardeur daar hopelik honderde duisende (indien nie miljoene nie) werksgeleenthede geskep sal word. ‘n Mens hoor ander politici soms mor oor die “beleggingsboikot” van Suid-Afrikaanse besighede, wat op “miljarde rande” sit en “niks daarmee doen nie”. 

Maar weet politici en staatsamptenare hoe besigheidsmense se koppe werk? Weet hulle hoe om die sogenaamde belegginsgboikot te verbreek? Hier is ‘n paar insigte – noem dit “Belegging 101” vir politici. 

Read More »

VERKLARING: SONA 2019

SA COUNTRY opt

Dit is aanloklik om President Cyril Ramaphosa se SONA af te maak as net nog ‘n verkiesings   aan die kiesers net ‘n paar maande voor die algemene verkiesing, wat op 8 Mei gaan plaasvind. ‘n Nadere blik is egter geregverdig, aangesien daar is sekere interessante elemente is wat kan dui op ‘n ander benadering en ‘n sterker klem op die behoefte om dit reg te stel wat die afgelope nege jaar verkeerd gegaan het – ‘n glintser van ‘n post-verkiesing- Ramaphosa.

Hy begin deur die klem te lê op groei, vernuwing, die stryd teen korrupsie en die noodsaaklikheid om die waardes van die Grondwet te bevorder om die behoeftes van armes, werkloses, gemarginaliseerde en ontginning aan te spreek.

Read More »

VERKLARING: FW DE KLERK STIGTING SE JAARLIKSE KONFERENSIE OOR “AANPAK VAN ONGELYKHEID”

conference 2018

Die FW de Klerk Stigting sal sy jaarlikste konferensie op 1 Februarie 2019 toewy aan een van die belangrikste uitdagings wat die nasie die hoof moet bied, naamlik ongelykheid. Verkiesingsjare, methul beloftes en banaliteite, het nie hierdie ernstige saak aangespreek nie.  Die Stigting sal hieraan oorweging skenk, maar ook verder gaan en die belangrike vraag vra: “Wat moet gedoen word?”

Ongelykheid in Suid-Afrika is hoog en het oor die afgelope 24 jaar toenemend gestyg. ‘n Verslag van die Wêreldbank in 2018 het die drieledige uitdaging wat die land in die gesig staar gepas opgesom as “hoë armoede, hoë ongelykheid en hoë werkloosheid”. Alhoewel hierdie uitdagings nie vinnig opgelos word nie, is die feit van die saak dat indien ons as ‘n land nie hierdie diepgewortelde probleem effektief aanspreek nie, ons nie ‘n vreedsame, welvarende en harmonieuse samelewing sal wees nie. Daarbenewens is die strewe na gelykheid een van die basiese mandate in ons Grondwet.

Read More »

JAARLIKSE KONFERENSIE 2019

Die FW de Klerk Stigting – in vennootskap met die Konrad Adenauer-stigting – se Jaarlikse Konferensie het op Vrydag, 1 Februarie plaasgevind. Die tema vir 2019 was: “Om

Read More »