Terwyl baie wonder of Minister Gigaba gespring het of gedwing is om te gaan, blyk dit of ‘n “geselsie langs die vuur” met President Ramaphosa oor die naweek hom tot die besluit genoop het. Selfs teen hierdie agtergrond sou dit goed wees om te stop en President Ramaphosa en die ANC te vra waarom hierdie situasie toegelaat is om tot hierdie punt te eskaleer, en waarom stappe nie vroeër teen Gigaba gedoen is nie. Deur Gigaba ‘n grasieuse uitgang’ deur ‘n bedankingsbrief te bied, behoort President Ramaphosa dieselfde opsie aan verskeie ander ministers bied, en sodoende die kabinet reinig van misdadige ministers. Ons beveel laasgenoemde benadering aan ten einde die taak om die land te herbou, te versnel.
Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
13 November 2018
Foto: GovernmentZA on Foter.com / CC BY-ND