Die publiek is waarskynlik ‘n bietjie moeg van kommissies van ondersoek – en met goeie rede – skeptisisme – gegewe die geval van die Seriti-kommissie. Desnieteenstaande sal die kommissie van ondersoek oor die OBK die nasie voorsien van belangrike inligting betreffende die werkinge van die OBK. Soos met die kommissie van ondersoek na staatskaping, wat die einde van voormalige Minister Nhlanhla Nene se loopbaan beteken het, bestaan die hoop dat die kommissie van ondersoek na die OBK ook sodanige hoë vlakke van verantwoordbaarheid sal handhaaf.

Uit mediaberigte is dit duidelik dat grondwetlike beginsels wat bedoel is om die staatsdiens te beheer, met skynbare straffeloosheid verontagsaam word, soos die noodsaaklikheid om ‘n hoë standaard van professionele etiek te handhaaf. Die OBK bestuur ‘n beraamde R2 triljoen in bates, insluitend staatswerknemers se pensioene. As sodanig is dit noodsaaklik dat hierdie openbare onderneming bo verdenking is. Die mislukking of enige verliese weens wanbestuur en swak bestuur sal deur die nasie as geheel gevoel word, met gevolge vir die welstand van Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie.

Die OBK-kommissie, onder voorsitterskap van die gerespekteerde afgetrede regter Lex Mpati, met die hulp van die voormalige goewerneur van die Reserwebank, Gill Marcus, en sakeman Emmanuel Lediga, is ‘n welkome ontwikkeling. Dit is egter net die begin van ‘n stel hervormings wat deur president Cyril Ramaphosa ingelui word. Daar moet nog baie meer gedoen word ten opsigte van die instelling van ander staatsinstellings.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
18 Oktober 2018

                                                                        

Leave a Reply

Your email address will not be published.