+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

JAARLIKSE KONFERENSIE 2019

Die FW de Klerk Stigting – in vennootskap met die Konrad Adenauer-stigting – se Jaarlikse Konferensie het op Vrydag, 1 Februarie plaasgevind. Die tema vir 2019 was: “Om

Read More »

VERKLARING: MAAK VAS JULLE GORDELS – 2019 HET AFGESKOP!

Calendar2019 opt

Die FW de Klerk Stigting, sy Raad van Trustees en sy personeellede wil al ons intekenare en ondersteuners ‘n voorspoedige en vervullende 2019 toewens. Ons hoop dat u gelukkig en geseën sal word in u professionele en persoonlike lewens.

2019 is besig om in ‘n besonders interessante jaar te ontwikkel, en soos gewoonlik sal Suid-Afrikaners nie verveeld wees nie! Sekere geleenthede op die nasionale kalender, asook die Stigting se eie kalender, maak van 2019 ‘n spesiale jaar.

In Junie vier die Stigting sy 20ste bestaansjaar met ‘n spesiale geleentheid wat hierdie mylpaal sal aandui. Meer besonderhede sal later vrygestel word, maar dit beloof om uitsonderlik te wees. Die missie van die Stigting – om die Grondwet te bevorder en te beskerm – bly van kardinale belang.

Read More »

VERKLARING: VERTREK VAN ME PHEPHELAPHI DUBE

FWDK PD

Die FW de Klerk Stigting kondig hiermee die vertrek aan van me Phephelaphi Dube van haar pos as Direkteur van die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR), vanaf Desember 2018. Me Dube gaan ‘n akademiese loopbaan navolg. Die Stigting is dankbaar vir die uitstekende werk wat me Dube vir die Sentrum en die Stigting oor die afgelope vyf jaar gedoen het. Ons wil me Dube graag voorspoed toewens met haar toekomstige loopbaan, en ons is seker dat sy ‘n baie positiewe bydrae in haar nuwe rol sal maak. Die Stigting sal in 2019 ‘n aankondiging maak oor die advertensie vir ‘n nuwe Direkteur om die tradisie wat Phephelaphi en haar voorgangers daargestel het, voort te sit.

Read More »

VERKLARING DEUR FW DE KLERK OP DIE 25STE HERDENKING VAN SY AANVAARDING VAN DIE NOBELVREDESPRYS

FWDK Nobel Ceremony

25 jaar het verbygegaan sedert daardie koue wintersdag in Oslo toe die Nobelvredesprys aan my en Nelson Mandela toegeken is.  

In my aanvaardingstoespraak het ek opgemerk dat vrede ‘n gemoedstemming was:

“Dit is ‘n gemoedstemming waar lande, gemeenskappe, partye en individue poog om hul verskille deur middel van ooreenkomste op te los, deur middel van onderhandeling en kompromie, in plaas van dreigemente, dwang en geweld.”

Ek het gesê dat vrede ook ‘n raamwerk was.

Read More »

ARTIKEL: INTERNASIONALE TEENKORRUPSIEDAG – VIR SUID-AFRIKANERS NIE NET ‘N VELDTOG IN DIE VERTE

IACD logo EN opt

Die Verenigde Nasies (VN) het talle dae op die jaarlikse kalender wat aan een of ander veldtog toegewy is. Baie hiervan gaan ongesiens verby. Internasionale Teenkorrupsiedag, wat jaarliks op 9 Desember gevier word, moenie een daarvan wees nie. Vir Suid-Afrikaners is hierdie dag (helaas) al te werklik.

Die VN het 15 jaar gelede verskeie nasies bymekaar gebring om die Konvensie teen Korrupsie te aanvaar. Vandag is 186 state party tot die Konvensie, en onderskryf die Konvensie se teenkorrupsie-doelwitte en -ideale. Ingevolge die Konvensie het feitlik elke land in die wêreld wette in plek om korrupsie ‘n misdaad te maak. Elke land is voorts ook daartoe verbind om deur die bekende volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s) korrupsie en omkopery te verminder, die herstel en verhaling van gesteelde bates te versterk en om doeltreffende, inklusiewe en deursigtige instellings te ontwikkel”.

Read More »

VERKLARING: ESKOM-BEURTKRAG: MEER AS ‘N KOPSEER VAN DIE ZUPTAS

Candles opt

Die verskynsel van beurtkrag hang soos ‘n donker wolk oor die feestyd van 2018. Vir baie mense, regoor die land, mag dit met kerslig gepaardgaan, wat tot die atmosfeer kan bydra, maar wat ongetwyfeld ‘n skadu sal werp op enige moontlike en broodnodige ekonomiese herstel. 

Naïewe Suid-Afrikaners het geglo dat Eskom, met ‘n nuwe President, ‘n nuwe Minister van Openbare Ondernemings en ‘n nuwe Eskom-raad, optimaal sou funksioneer, en dat beurtkrag iets van die verlede en verby was. Die feit dat korrupsie en wanbestuur ‘n negatiewe uitwerking gehad het, kan nie maklik omgekeer word nie. Daarbenewens kan onbekwame, onervare en korrupte amptenare (bewys deur die ontwerpersfoute by Medupi en Kusile) nie sonder behoorlike prosesse afgedank word nie, wat uiters ironies is gegewe die skade wat hulle aangerig het. Dit is dus belangrik om te verklaar dat die huidige beurtkrag – met swak verskonings van Eskom oor die gebrek aan kapasiteit en nodige instandhouding, asook uraan wat buite laat staan is en nat geword het – is ‘n kopseer uit die Zupta-era. So ook die feit dat Eskom diep in ‘n finansiële krisis is en voortdurend van reddingsboeie van die staat afhanklik is. 

Read More »

VERKLARING: FW DE KLERK STIGTING VERWELKOM AANSTELLING VAN NUWE NDOV

npa logo

Die FW de Klerk Stigting verwelkom die aankondiging deur President Ramaphosa dat advokaat Shamila Batohi as die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV) aangestel is. Advokaat Batohi is goed gekwalifiseerd en ervare om hierdie belangrike rol te vervul.Dit kom op ‘n tyd waar die land ‘n belangrike kruispad bereik het en die regstelsel ‘n onafhanklike en regverdige individu nodig het om uitvoering aan die mandaat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te gee. In ooreenstemming met artikel 179 van die Grondwet vertrou ons dat sy haar mandaat sonder “vrees, begunstiging of vooroordeel” sal uitvoer. Advokaat Batohi het ervaring as ‘n voormalige Direkteur van Openbare Vervolging in KwaZulu-Natal, en het internasionale blootstelling verkry met haar rol as die senior regsadviseur van die aanklaer in die Internasionale Strafhof (ICC). Laasgenoemde ervaring sal belangrik wees, aangesien dit aan haar die nodige afstand en objektiwiteit verskaf betreffende sake wat vervolg word.

Read More »

ARTIKEL: VYF WENSE VIR SUKSES VIR SUID-AFRIKA IN 2019

TE HEADSHOT opt

2018 lê byna op sy rug. Desember is vir baie Suid-Afrikaners ‘n tyd van klaarmaak en afsluit, om ‘n bietjie verlof te neem en te gaan rus. Maar dit is ook ‘n tyd van bestek opneem oor die jaar en wat vermag is – en begin nadink oor wat in 2019 voorlê. 

Noem dit maar ‘n kombinasie van wense vir Kersgeskenke en Nuwejaarsvoornemens, maar as daar, sê, net vyf is wat gekies kan word, sou ek die volgende vyf dinge vir die land kies. Dit kan die resep vir sukses vir Suid-Afrika in 2019 wees.

Read More »