Die kommer is dat Eskom se probleme na ‘n jaar van ‘n nuwe Raad en nuwe bestuur nie op die verlede blameer kan word nie. Die vraag moet gevra word oor of die nuwe raad en bestuur genoeg gedoen het om Eskom ‘n nuwe koers te laat inslaan en uit die foute van die verlede geleer het. Wat is gedoen betreffende die twyfelagtige kontrakte met Gupta-verskaffers? Wat is gedoen oor die enorme arbeids- en bestuurskoste van die organisasie? Wat is gedoen betreffende die swak bestuur deur die talle bestuurders by Eskom? Dit is ook kommerwekkend dat die Minister en die President stil is oor hierdie belangrike kwessie. Ons glo dat die nasie beter verdien as beurtkrag en swak verskonings.
Deur Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting
5 December 2018