+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

VERKLARING: GELUK EN “STERKTE” MNR DIE PRESIDENT!

RAMAPHOSA opt

Die FW de Klerk Stigting wil mnr Cyril Matamela Ramaphosa gelukwens met sy onbestrede verkiesing as President van die Republiek van Suid-Afrika. Ons het in die begin van sy amp as President dikwels gesê dat ons hom sal ondersteun in sy pogings om weer ‘n skoon regering in te stel, staatskaping en korrupsie uit te wis en die ekonomie te vernuwe. Ons het ook gesê dat ons in verband hiermee hom sal dophou.

Ons verwelkom dus sy eerste verklarings na sy verkiesing as President, onder andere dat hy al die mense van Suid-Afrika en nie net die ANC sal dien nie; dat hy (soos Madiba) nie aan die behoeftes van gewone Suid-Afrikaners uit sig sal verloor nie en dat hy opbouend met leiers van opposisiepartye sal saamwerk om oplossings vir ons probleme te vind en te implementeer. Dit is die woorde van ‘n staatsman en staan in sterk kontras met die sienings en optrede van sy voorganger.

Read More »

ARTIKEL: IS CYRIL BESIG OM TE WEN? FAKTORE IN DIE SAMESTELLING VAN DIE NUWE KABINET

parliament interior sabc

Cyril Ramaphosa sal op 22 Mei deur die Nasionale Vergadering as President van demokratiese Suid-Afrika verkies word, en op 25 Mei sal hy ingehuldig geword. Volgens beskikbare inligting en bepanning sal die Kabinet op 27 Mei bekendgemaak word. 

Dit is daarom te vroeg om te spekuleer oor wie presies in die Kabinet sal wees en wie nie. Die lyste wat op die oomblik die rondtes doen, is waarskynlik slegs vlieërs wat deur die verskillende faksies opgestuur word om te sien hoe die wind waai – en dalk die windrigting te beïnvloed. 

Read More »

VERKLARING: DOMINO’S VAL – ETHEKWINI-BURGEMEESTER AANGEKLA VAN KORRUPSIE

hawks logo opt

Die FW de Klerk Stigting verwelkom mediaberigte dat eThekwini-burgemeester, Zandile Gumede, in die Durbanse Gespesialiseerde Handelshof verskyn het op aanklagte van bedrog en korrupsie met betrekking tot die eThekwini-munisipaliteit. Me Gumede het haarself glo aan die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) oorhandig ten einde te vergoed dat sy in hegtenis geneem word, en het in die Hof op die aanklagte verskyn. 

Dit is een van die eerste domino’s wat val betreffende die beweerde plundering van staatsgeld, en alle oë sal nou op die saak wees.

Read More »

ARTIKEL: WAT DOEN EK IN DIE DAE VOOR DIE SESDE DEMOKRATIESE VERKIESING?

sa election foter

Dit word algemeen aanvaar dat Suid-Afrikaners, ná ‘n tyd van intense politieke en sosiale woelinge, oor die algemeen ietwat moedeloos, negatief en suf is. Dis nie nodig om verder hierop uit te brei nie – die daaglikse dosis van die nuutste staatskaping-skandaal en sterftes op die paaie en in vloede is welbekend.

Maar ‘n algemene verkiesing kom nie elke jaar nie. En met twee dae voor die verkiesing,  is die vraag: wat doen mens van nou af tot Woensdag en hoe benader mens die stemlokaal op 8 Mei 2019? En die regte antwoord is nie om te sê: “niks besonders nie”. Of: “ek gaan nie stem nie” of “ek weet nie vir wie om te stem nie”.

Read More »

VERKLARING: DIE REG EN VERANTWOORDELIKHEID OM TE STEM

Elections2019

In 2016 het die FW de Klerk Stigting aangesluit by ‘n groep ander Stigtings, gelei deur of gebaseer op die nalatenskap van ikoniese nasionale leiers, onder die vaandel van die Dialooginisiatief deur Nasionale Stigtings (NFDI)*. Die hoofdoel van die NFDI is om ‘n proses van deurlopende dialoog tussen alle Suid-Afrikaners oor ons gemeenskaplike toekoms te lei en te fasiliteer, gegrond op ons gedeelde verbintenis tot ons Grondwet. Dit is in ooreenstemming met die FW de Klerk Stigting se visie en missie om FW de Klerk se presidensiële erfenis te bevorder, onder meer om die Grondwet en die Handves van Regte te ondersteun en te bevorder. Dit sluit in elke Suid-Afrikaner se stemreg.

Die NFDI het gesamentlik besluit dat lede se Stigtings hul individuele stemme oor die komende verkiesing moet ophef en die belangrikheid beklemtoon van alle Suid-Afrikaners om hul stemreg uit te oefen waarom hard geveg is.

Read More »

ARTIKEL: 25 JAAR LATER – DIE VIERING VAN DIE OORSPRONG VAN ONS WONDERLIKE NASIONALE TRANSFORMASIE

sa flag opt

27 April is die 25ste herdenking van die transformasie van Suid-Afrika van eeue van wit minderheidsregering tot die regering deur die meerderheid van al die mense van die land. Regoor die land het Suid-Afrikaners geduldig in rye gestaan om te stem vir die regering van hul keuse – die meeste van hulle vir die eerste keer in hul lewens. Dit was moontlik die wonderlikste dag in die lang en teenstrydigegeskiedenis van die groot verskeidenheid volke wat 84 jaar vroeër in die Unie van Suid-Afrika willekeurig byeengebring is. Dit word nou tereg as Vryheidsdag gevier – en as Suid-Afrika se nasionale dag.

Read More »

ARTIKEL: MEER PARTYE, BETER DEMOKRASIE?

IEC LOGO opt

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het onlangs aangekondig dat 48 partye die nasionale verkiesing op 8 Mei gaan betwis. Dit is meer as die 29 wat in 2014 aan die nasionale verkiesing deelgeneem het – ‘n toename van 65%! Gaan groter deelname egter vir Suid-Afrika ‘n beter demokrasie gee?

Die verstommende feit is dat volgens die OVK se webwerf daar op nasionale vlak 312 partye geregistreer is, en op provinsiale vlak 294. Die getal partye op nasionale vlak het as gevolg van twee faktore tot 48 gekrimp. Die eerste is die keuringsproses van die OVK self wat 118 partye deregistreer het en 29 se aansoeke verwerp het. Die tweede faktor is dat sommige partye (117) nie die registrasiegeld om aan die verkiesing deel te neem, betaal het nie.  Hierdie koste is taamlik hoog – R200 000 om op nasionale vlak deel te neem, en dan R45 000 per provinsie. ‘n Party wat op nasionale vlak en in ál die provinsies wil deelneem, sal dus R605 000 moet opdok. Vir ‘n kleiner party is dit nie ‘n maklike taak nie om sò ‘n bedrag bymekaar te kry nie.

Read More »

VERKLARING: DIE HERSTRUKTURERING VAN DIE FW DE KLERK STIGTING

20FWdeKlerk Afr logo opt

Op die vooraand van die FW de Klerk Stigting se 20ste herdenking het die Stigting se Raad van Trustees ‘n aantal belangrike besluite geneem. Dit is om te verseker dat die Stigting steeds ‘n belangrike rol in die toekoms speel om die Grondwet te ondersteun, positiewe inter-gemeenskapsverhoudinge te bevorder en FW de Klerk se nalatenskap te herdenk.

Die Stigting het besluit om sy eie kantore te bekom, waar hy ‘n FW de Klerk Dokumentasie-sentrum sal vestig. Een van die kerndoeleindes van die Sentrum sal wees om Suid-Afrika se historiese grondwetlike transformasieproses tussen 1990 en 1996 te herdenk, asook die rol wat Suid-Afrikaners van alle politieke partye in hierdie proses gespeel het. Die Raad glo saam met baie ander in Suid-Afrika en regoor die wêreld dat dit een van Suid-Afrika se grootste prestasies was.

Read More »

VERKLARING DEUR DIE FW DE KLERK STIGTING BETREFFENDE DIE SAMRK SE JONGSTE HAATSPRAAK-BEVINDINGS

no hate opt

Die FW de Klerk Stigting is weereens baie bekommerd oor die bevindinge betreffende haatspraak wat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gemaak het oor sekere stellings wat deur mnr Malema en ander lede van die EVV gemaak is. Dit sluit in die Stigting se aanvanklike klagte teen mnr Malema in November 2016, waarin hy verklaar het: “… Ons doen nie ‘n beroep om die slagting van wit mense nie, ten minste nie vir nou nie.” Dit is op onverklaarbare wyse deur die SAMRK bevind om nie haatspraak te wees ingevolge artikel 10 van die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (die Gelykheidswet) nie. Die SAMRK het bevind dat geen van die ander klagtes haatspraak ingevolge die Gelykheidswet was nie.

Read More »