Die FW de Klerk Stigting bied jaarliks ‘n konferensie op 2 Februarie in Kaapstad aan, om die toespraak en aankondiging in die Parlement in 1990 van Nelson Mandela en ander gevangenes se vrylating en die ontbanning van verskeie organisasies te herdenk. Elke jaar pak die konferensie ‘n aktuele tema aan, met insette van ‘n wye verskeidenheid invloedryke sprekers. Vorige sprekers sluit in voormalige President Kgalema Motlanthe, Regter Albie Sachs, dr Mathews Phosa, me Rhoda Kadalie, prof Frans Viljoen, mnr Sipho Pityana, adv Jeremy Gauntlett, mnr Johann Rupert, dr Christo Wiese, mnr Moeletsi Mbeki, me Gwen Ngwenya en voormalige President FW de Klerk.
Verdere informasie oor die 2021 geleentheid sal later in 2020 beskikbaar gemaak word…