Terselfdertyd sal die Stigting geherstruktureer word om sy lewensvatbaarheid te verseker.

Die Raad is daarvan oortuig dat Suid-Afrika se toekoms direk afhang van die land se vermoë om die Grondwet te handhaaf en om positiewe rasseverhoudinge te handhaaf – albei is tans onder groot druk. Gevolglik sal die Stigting voortgaan met sy kernaktiwiteite ter ondersteuning van die Grondwet en positiewe verhoudings tussen Suid-Afrika se gemeenskappe. Daarbenewens sal dit meer klem plaas op die behoud van FW de Klerk se nalatenskap en die historiese grondwetlike transformasieproses waarby hy so nou betrokke was.

Die voorgestelde veranderinge sal op 1 Junie vanjaar in werking tree – betyds vir die viering van die stigting se 20ste herdenking op 6 Junie.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
2 April 2019

Leave a Reply

Your email address will not be published.