+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: DIE VERSLAG VAN DIE PRESIDENSIËLE ADVIESPANEEL OOR GRONDHERVORMING EN LANDBOU

SA flags bricks opt

Die finale verslag van die Presidensiële Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou, wat op 28 Julie aan die publiek bekend gemaak is, wek reeds onsekerheid en kommer oor die toekoms van landbou en eiendomsreg in Suid-Afrika. Twee van die 10 lede van die paneel, Dan Kriek, die president van Agri SA, en Nick Serfontein, ‘n kommersiële boer, het ‘n minderheidsverslag uitgereik wat die belangrikste aanbevelings van die paneel verwerp.

Die paneel is in September 2018 deur President Ramaphosa aangestel om “’n verenigde beleidsperspektief te gee oor grondhervorming ten opsigte van grondherstel, die herverdeling van grond en grondhervorming”. Daar is ook gevra om verslag te doen oor die omstandighede waarin onteiening sonder vergoeding (OSV) toegepas moet word, en die prosedures en instellings wat by die implementering daarvan betrokke moet wees.

Read More »

ARTIKEL: HOE LYK DIE TELKAART VIR DIE OMKEER VAN ONS GEKNELDE LAND?

SA flags bricks opt

Dis nou reeds ou nuus dat voormalige president Zuma verlede week voor die Zondo-kommissie verskyn. Dit het gelyk asof hy óf aan ernstige geheueverlies lei, óf geen mening oor die meeste sake het nie. 

Maar benewens hierdie nuus, is daar ‘n ander vraag waarmee die meerderheid regdenkende en bekommerde Suid-Afrikaners worstel en waarmee baie kundiges daagliks gekonfronteer word.  Is President Ramaphosa besig om die stryd om die land om te keer, te wen? Is hy aan die wen in sy stryd om die land en veral die staat te hervorm, uit die kloue van die Zuptas te red, die ekonomie te help herstel en die land op ‘n vaste koers te plaas?

Read More »

VERKLARING: MANDELA-DAG 2019

NMF MandelaDay 10yr Logo SMALL opt

Vanjaar sluit die personeel van die FW de Klerk-stigting en die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) weer by die res van die wêreld aan om die lewe en nalatenskap van die voormalige president Nelson Mandela te vier.

Die Stigting deel Madiba se visie om maatskaplike geregtigheid en vryheid vir almal te versprei, en verwelkom die geleentheid om deel te wees van ‘n Mandela-dag – nou in sy tiende jaar.

Die FW de Klerk Stigting, wat die nuwe Mandela-dag se strategie se primêre fokus op samewerkingsvennootskappe weerspieël, werk saam met verskeie waardige organisasies deur middel van sy jarelange Support for Charities-program. Hierdie organisasies sluit in Outisme Wes-Kaap, Vriende van Vista Nova, Innovation for the Blind, Iris House Children’s Hospice, die Nasionale Instituut vir die Dowes (NID), Salesian Life Choices en die Woodside Special Care Centre. Almal is daartoe verbind om daagliks ‘n verskil te maak in die lewens van persone met gestremdhede en minderbevoorregte jeugdiges. Danksy die vrygewigheid van sy finansieringsvennote, die Nedbank South African Charity Golf Day en die Maurice Hatter-stigting, kan die FW de Klerk Stigting bydra tot ‘n positiewe verandering in die lewens van honderde Suid-Afrikaners.

Read More »

ARTIKEL: IS MILITARISERING VAN POLISIËRING IN DIE WES-KAAP DIE ANTWOORD?

ARMY opt

Op 11 Julie het President Cyril Ramaphosa die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se eenhede goedgekeur om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te help om onaanvaarbare vlakke van geweld op die Kaapse Vlakte te bekamp. Die vraag is of hierdie optrede toepaslik is en of dit doeltreffend sal wees.

Daar is geen twyfel oor die erns van die situasie nie: 2 302 mense is gedurende die eerste ses maande van 2019 in Kaapstad vermoor. Dit verteenwoordig ‘n moordsyfer van meer as 100/100 000 – vergeleke met 33/100 000 vir Suid-Afrika en 6/100 000 vir die wêreld. Dit gee Kaapstad een van die hoogste moordsyfers ter wêreld.

Hierdie reeds betreurenswaardige situasie is verder vererger oor die naweek van 5 en 6 Julie 2019, toe 13 mense gewelddadig dood is in die township Philippi-Oos, geleë op die berugte Kaapse Vlakte in Kaapstad. Van die wat dood is, was ses vroue wat wreedaardig doodgeskiet is by ‘n woning in die Marcus Garvey-omgewing. Nog drie jongmense, tussen die ouderdomme van 17 en 25, is by ‘n vriend se huis doodgeskiet. Na die sterftes het inwoners van Philippi-Oos, die meeste van hulle vrouens, na die polisiekantoor van die buurt gestap om meer effektiewe polisie-optrede te eis.

Read More »

ARTIKEL: GOED FUNKSIONERENDE MUNISIPALITEITE – DEEL VAN PRESIDENT RAMAPHOSA SE DROOM OF ‘N VOORTGAANDE NAGMERRIE?

broken pipes opt

Twee sake in die media het die afgelope week die oog gevang. 

Suid-Afrika se grootste hoenderprodusent, Astral, het in die openbaar bekend gemaak dat sy hoenderaanleg in Standerton nie meer genoeg water van die plaaslike Munisipaliteit Lekwa (Standerton) kry nie. Hierdie aanleg is die grootste op die kontinent en slag weekliks twee miljoen hoenders. Daarby is Astral se voermeule in Standerton ook die grootste op die kontinent – een wat onlangs ten duurste gebou is na skriftelike versekerings deur die Munisipaliteit dat daar voldoende water en elektrisiteit sal wees. Die rede vir gebrek aan watervoorsiening aan die grootste werkgewer in die dorp, is die volgehoue gebrekkige en swak instandgehoude waterinfrastruktuur – pompe en pypleidings waarmee water uit die Vaalrivier 8 km ver gepomp behoort te word. 

Read More »

ARTIKEL: VERDIEN MNR LESUFI ‘N SLAAGPUNT?

schoolkids sa foter

Die Gautengse LUR van onderwys, Andrek Panyaza Lesufi, is ‘n interessante man. ‘n Groot deel van die veral swart bevolking dink die wêreld van hom. Hy is ‘n LUR wat “op sy pos” is, en word gesien en gehoor waar daar ook al moeilikheid in die Gautengse skoolstelsel is. Hy is gereeld in die media en hou een maal ‘n week ‘n mediakonferensie – gewoonlik op ‘n Sondagmiddag by sy huis. Hy is selfs genoem as ‘n opvolger van die huidige Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga. ‘n Ander deel van veral die wit (en Afrikaanse bevolking) is van mening dat hy ‘n oorlog teen Afrikaans as onderrigtaal in skole voer – en sommer op die koop toe anti-wit sentimente het.

Read More »

VERKLARING: PRESIDENT RAMAPHOSA SE STAATSREDE

RAMAPHOSA opt

Die FW de Klerk Stigting het dikwels uitgespreek dat die keuse wat die ANC – en dus Suid-Afrika – die hoof moet bied, tussen die rasse-ideologie van die Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR) aan die een kant en die veel meer pragmatiese benadering van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) aan die ander kant is. Vir ons was die belangrikste elemente in President Ramaphosa se SONA-toespraak gisteraand:

  • ‘n sterk bevestiging van die NOP en ‘n nuwe vasberadenheid om dit “aan die kern van ons nasionale poging te plaas, om dit lewendig te maak, om dit deel te maak van die geleefde ervaring van die Suid-Afrikaanse volk”;
  • ‘n ondubbelsinnige herbevestiging van die Suid-Afrikaanse Reserwebank se grondwetlike rol om die waarde van die rand te beskerm ten einde gebalanseerde en volhoubare groei te bewerkstellig; en
  • ‘n kort verwysing na die kernvraag van grondhervorming met ‘n hernude verbintenis tot “versnelde grondhervorming in landelike en stedelike gebiede” en “‘n duidelike eiendomsreg-regime” – asook ‘n aankondiging dat die kabinet binnekort die verslag van die Presidensiële Raadgewende Paneel oor Grondhervorming en Landbou sal oorweeg.
Read More »

ARTIKEL: REMBLOKKE EN MAGSBLOKKE VRA KOELKOPPE

TE HEADSHOT opt

‘n Mens kan die moedeloosheid van die Suid-Afrikaanse bevolking en spesifiek Afrikaanssprekendes amper aanvoel.  Onder die redes hiervoor is ‘n skynbare ongekende toename in die vlaag van plaasaanvalle en -moorde, Ace Magashule-hulle wat met die Reserwebank foeter en moeilikheid met infrastruktuur en wanfunksionele munisipaliteite op amper elke dorp. En dan help die Proteas se geploeter by die Wêreldbekertoernooi ook nie! En die vraag op baie se lippe is “Wat doen Cyril hieraan? Hy is mos nou die President!”

En dis gedeeltelik waar – ons President is partypolities op ‘n beter plek as ‘n jaar gelede. Hy het sy oorwinning by Nasrec (van 53%) opgevolg met ‘n 57.5% oorwinning by die stembus in Mei. Hy is nie meer ‘n “tussentydse” President nie, maar een wat sy party tot ‘n oorwinning gelei het (en waarskynlik eiehandig van ‘n neerlaag gered het). Hy het die Kabinet verklein en van al die groot Zuptaskurke ontslae geraak. Hy het (amper soos ‘n Madiba van ouds) belowe om ‘n President vir al die mense van Suid-Afrika te wees en nie net vir die ANC nie. Maar ongelukkig beteken dit alles nie dat hy onaantasbaar is en kan doen wat hy wil nie. Daar is ‘n paar remblokke aan sy been. En om te verstaan wat nou aan die gebeur is, moet mens weet wat hierdie remblokke is.

Read More »

VERKLARING OOR DIE NUWE KABINET: ‘N GOEIE BEGIN, MNR DIE PRESIDENT

parliament sml

Die FW de Klerk Stigting verwelkom die aankondiging van die Kabinet gisteraand deur President Cyril Ramaphosa. In die aanstelling en herstrukturering van die Kabinet het hy ten minste twee beloftes gestand gedoen: ‘n kleiner en doeltreffender Kabinet en die behoefte aan eerlike en doeltreffende lede van die hoogste uitvoerende kantoor in die land – maar indien die addisionele adjunkministers bygereken word, is dit nie ‘n kostebesparing in reële terme nie. Soos verwag, is dit ook nie 100% Ramaphosa eerste keuse-Kabinet nie, maar die voormalige ondersteuners van sy voorganger is min en ver versprei. Die Kabinet (insluitende die Adjunkministers) verteenwoordig ‘n goeie balans van ondervinding en jeugdigheid, met die mees strategiese ministeries wat deur mense beklee word wat nou ooreenstem met die standpunte en rigting betreffende hervorming van die President. Hierdie aanstellings sal veral vertroue vestig, nie net in die markte en by beleggers nie, maar by die meerderheid gewone Suid-Afrikaners.

Read More »