+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: PRESIDENT ZUMA KEER TERUG NA TWEEDE FASE-SPEL

president-jacob-zuma-responds-foterSuid-Afrikaners sal wys wees om kennis te neem van President Zuma se onlangse verklaring in die Parlement betreffende die ANC se planne om “die inwerkingstelling van regstellende aksie-beleide te versterk ten einde versoening en maatskaplike samesyn te verdiep.” Die President het hierdie idees nie uit die lug gegryp nie – dit is ’n belangrike element van die tweede fase van die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie.

Read More »

TOESPRAAK: DIE NUWE SUID-AFRIKA OP 20 – DIE BEHOEFTE AAN WERKLIKE TRANSFORMASIE

fwdk-conference-31 janToe ons ’n geskikte titel vir die konferensie oorweeg het, het ons besluit om te fokus op “Die behoefte aan werklike transformasie”. Ons het hierdie titel gekies om die volgende redes:

  • Eerstens, omdat ons nuwe Grondwet ’n transformasiedokument is. Dit lê ons die plig op om Suid-Afrika te transformeer ten einde te verseker dat elkeen van ons die regte kan geniet wat daarin verskans word in ’n samelewing wat gegrond is op die waardes wat daarin vervat word.
  • Tweedens, omdat daar wyd uiteenlopende persepsies bestaan oor wat transformasie beteken en die soort samelewing wat daaruit moet spruit. Hierdie verskillende vertolkings van transformasie vorm die kern van ons nasionale debat en toenemende verdeeldheid in ons samelewing; en
  • Laastens, omdat Suid-Afrika se sukses in die toekoms afhang van ons vermoë om steeds belangrike areas te transformeer sodat alle Suid-Afrikaners voordeel trek uit ons nuwe grondwetlike bestel – nie net die huidige veelrassige middelklas en elite nie.
Read More »

PERSVERKLARING: PATRICE MOTSEPE ONTVANG 2014 FW DE KLERK-WELWILLENDHEIDSTOEKENNING

Mr Patrice MotsepeDie FW de Klerk Stigting kondig met graagte aan dat mnr Patrice Motsepe, stigter en uitvoerende voorsitter van African Rainbow Minerals (ARM) die ontvanger is van die 4de jaarlikse FW de Klerk-welwillendheidstoekenning.

Die Raad van die FW de Klerk Stigting wil mnr Motsepe loof vir die uitsonderlike rol wat hy gespeel het in die bevordering van welwillendheid tussen Suid-Afrikaners. Die omvang van sy bydrae sluit in die onderwys- en gesondheidsektore; die ontwikkeling en bemagtiging van vroue, die jeug, werkers en gestremdes; kerke; die ontwikkeling van entrepreneurs en maatskaplike entrepreneurs; landelike en stedelike bemagtiging; sokker, met inbegrip van die ontwikkeling van sokker onder die jeug; musiek en ander liefdadigheidsorganisasies en stigtings.

Read More »

DIE DRINGENDE BEHOEFTE AAN EKONOMIESE GELETTERDHEID

zuma-world-economic-forumIn ’n onlangse artikel (verkorte weergawe in die Cape Times, 20 Januarie 2014) het professor Jane Duncan gewys op die feit dat alhoewel sosialistiese idees wyd deur die massas voorgestaan word, daar min verwysings na sosialisme in ons media verskyn. Sy sê dat objektiewe kykers “moontlik tot die gevolgtrekking sal kom dat sosialisme lank reeds gedoem is tot die snippermandjie van idees wat polities bankrot is.”

Read More »

DIEN DIE REGTERLIKE DIENSKOMMISSIE DIE BESTE BELANGE VAN SUID-AFRIKA, DIE GRONDWET EN ’N ONAFHANKLIKE REGBANK?

Supreme Court MCSADie wyse waarop die Regterlike Dienskommissie (RDK) van Suid-Afrika tans aanbevelings aan die President maak van kandidate vir regterlike aanstellings is ’n kontroversiële aangeleentheid en het wydverspreide kritiek ontlok. Dit wek kommer dat uitermatige oorweging aan ras geskenk word, en nie genoeg oorweging aan die vraag oor of kandidate geskik, gepas en toepaslik gekwalifiseer is nie.

Read More »

VERKLARING: 20STE HERDENKING VAN DIE TOEKENNING VAN DIE NOBELVREDESPRYS AAN FW DE KLERK EN NELSON MANDELA

1993 fwdeklerk-and-nelsonmandela-receiving-the-nobel-peace-prizeVandag is die 20ste herdenking van die toekenning van die Nobelvredesprys aan FW de Klerk en Nelson Mandela. Dit is veelseggend dat vandag ook die dag is waarop mnr Mandela se lewe in Johannesburg gevier word. Daarbenewens is dit ook Internasionale Menseregtedag.

Maar moontlik die noemenswaardigste aspek van die 20ste herdenking van die 1993-vredesprys is egter die vordering wat Suid-Afrika sedertdien gemaak het.

Read More »