Daar bestaan geen twyfel dat ons groot vordering gemaak het op die gebied van menseregte nie. Ons het die Handves van Regte wat deur die howe uitgevoer word en wat die volle spektrum van burger- en politieke regte waarborg.
Ons beskik oor ’n funksionerende demokrasie. Ons het vier vry en regverdige verkiesings gehou en die vyfde een vind binnekort plaas. Ons het op drie geleenthede die vreedsame oorgang van mag van een president na sy opvolger ervaar. Ons het ’n sterk en funksionerende nie-rassige grondwetlike demokrasie daargestel. Ons het vrye en onafhanklike howe en instellings wat die Grondwet en die oppergesag van die reg handhaaf.
Gedurende hierdie tydperk het die regering die lewens van miljoene Suid-Afrikaners noemenswaardig verbeter. Dit het meer as drie miljoen nuwe huise gebou – genoeg om byna ’n kwart van die bevolking te huisves. Dit het elektrisiteit, water en sanitasie aan meer as driekwart van die bevolking verskaf. Die persentasie mense wat in absolute armoede lewe het ’n noemenswaardige afname getoon.
Ons het ook 20 jaar van volgehoue ekonomiese groei beleef – met ’n kort onderbreking in 2009.
Terselfdertyd het ons sekere ernstige mislukkings ervaar: ons het versuim om geskikte onderwys aan ons kinders te verskaf; ons het versuim om werk te skep vir byna 40% Suid-Afrikaners; ons het min of geen vordering gemaak ten opsigte van die bevordering van gelykheid nie; – en die nasionale versoening waarna Nelson Mandela voortdurend gestreef het, verkeer onder druk.
In sy toespraak tydens die ontvangs van die Vredesprys het President De Klerk verwys na die eerste toespraak wat hy op 8 Februarie 1989 gemaak het nadat hy as Leier van die Nasionale Party aangewys is en waartydens hy gesê het:
“Ons doelwit is ’n nuwe Suid-Afrika: ’n heeltemal nuwe Suid-Afrika, ’n Suid-Afrika wat ontslae is van die antagonisme van die verlede; ’n Suid-Afrikaner wat vry is van dominansie of onderdrukking in enige vorm; ’n Suid-Afrika waar die demokratiese magte – alle redelike mense – saamstaan agter aanvaarbare doelwitte en teen radikale benaderings, ongeag van waar dit vandaan kom.”
“Sedertdien het ons indrukwekkende vordering gemaak, danksy die samewerking van ’n wye spektrum van politieke, spirituele, sake- en gemeenskapsleiers. Aan mnr Mandela kan ek eerlik sê: Geluk. En met my ontvangs van hierdie Vredesprys vandag wil ek eer betoon aan almal wat werk vir vrede in ons land. Namens alle Suid-Afrikaners wat my op indirekte of direkte wyse ondersteun het, ek aanvaar dit met nederigheid, diep bewus van my eie tekortkominge.
Ten slotte het De Klerk NP van Wyk Louw aangehaal:
“O wye en droewe land, alleen
onder die groot suidersterre.
Sal nooit ‘n hoë blydskap kom
deur jou stil droefenis? …
Sal nooit ‘n magtige skoonheid kom
oor jou soos die haelwit somerwolk
wat uitbloei oor jou donker berge,
en nooit in jou ‘n daad geskied
wat opklink oor die aarde en
die jare in hul onmag terge; …”
De Klerk het gesê dat dít wat besig was om in Suid-Afrika te gebeur, só ’n daad was – ’n daad wat oor die wêreld weerklink – ’n vredesdaad. Dit het hoop gebring aan alle Suid-Afrikaners. Dit het nuwe horisonne vir Afrika suid van die Sahara daargestel. Dit het die vermoë gehad om die reuse potensiaal van ons land en streek te ontsluit.
’n Nuwe era was besig om in ons land aan te breek, onder die wonderlike suidelike sterre, wat ons uit ons stille hartseer oor ons verlede sou lig en sou neem na ’n toekoms waar daar geleenthede en ruimte vir gelyk en skoonheid sou wees – en vir ware en blywende vrede.
In sy toespraak het Nelson Mandela gesê dat die waarde van ons gedeelte toekenning gemeet sou en moes word.
“die wonderlike vrede wat sal seëvier, want die gedeelde menslikheid wat beide swart en wit saambind in een mensdom, sal aan elkeen van ons gesê het dat ons soos die kinders van die paradys sal lewe.”
“Só so sal ons lewe, want ons het ’n samelewing geskep wat erken dat alle mense as gelykes van mekaar gebore word, met elkeen wat in gelyke mate geregtig is om lewe,vryheid, welvaart, menseregte en goeie regering.”
“Sodanige samelewing sal nooit weer toelaat dat daar gevangenes van gewete is of dat enige persoon se menseregte geskend word nie.”
“Dit moet ook nie gebeur dat die paaie na vreedsame verandering geblokkeer word deur indringers wat ten doel het om die mag weg te vat van die mense, om sodoende hul eie, onedele doelwitte na te streef nie.”
“…Ons lewe met die hoop dat soos wat sy streef om haarself te herskep, Suid-Afrika sal wees soos ’n mikrokosmos van die nuwe wêreld wat wag om gebore te word.”
“Dit moet ’n wêreld van demokrasie en respek vir menseregte wees, ’n wêreld wat bevry is van die euwels van armoede, hongersnood, ontbering en onkunde, wat bevry is van die bedreigings van burgeroorloë en eksterne aggressie en die groot tragedie van miljoene wat gedwing is om vlugtelinge te word.”
Die jare het gewys tot watter mate die visie van die twee wenners van die Nobelvredesprys verwesenlik is. Dit is gepas, terwyl ons die lewe van Nelson Mandela vier, om te oorweeg hoe ver ons gekom het oor die afgelope 20 jaar.
Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting