+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

SUID-AFRIKAANSE LUGDIENS SE BESLUIT OM GEEN WIT MANS AS LEERLINGVLIEËNIERS AAN TE STEL NIE

saa plane In Augustus verlede jaar het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) ’n verbod op alle aansoeke van wit mans vir sy leerlingvlieëniersontwikkelingsprogram opgehef. Toe die aangeleentheid oorspronklik aan die lig gekom het, het Kabelo Ledwaba – op daardie stadium die woordvoerder vir SAA – verklaar dat die leerlingprogram geadverteer is as ’n inisiatief om die demografie van SAL se vlieëniers in lyn met die demografie van Suid-Afrika te bring.

Read More »

WÊRELDDAG VIR KULTURELE DIVERSITEIT VIR DIALOOG EN ONTWIKKELING

diversity Vandag vier ons Wêrelddag vir Kulturele Diversiteit vir Dialoog en Ontwikkeling.

Die term “kulturele diversiteit” word gebruik om die verskeidenheid menslike samelewings of verskillende kulture in ‘n spesifieke streek, of die wêreld as ‘n geheel, te beskryf. Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het in 2002 erkenning verleen aan dié dag om wêreldwye bewustheid te skep oor die belangrikheid van interkulturele dialoog, diversiteit en insluiting.

Read More »

WÊRELDDAG VIR PERSVRYHEID 2013

freedom-speech Vryheid van die pers en die media is ‘n noodsaaklike vryheid en is die sleutel tot ‘n vrye en demokratiese samelewing. Die Amerikaanse president, Thomas Jefferson, het gesê dat “die enigste sekuriteit vir almal in ‘n vrye pers [is]. Die mag van die openbare mening kan nie teengestaan word as vryheid van uitdrukking toegelaat word nie. Daar moet maar toegegee word aan die irritasie wat dit skep. Dit is noodsaaklik om die waters suiwer te hou.”

Soos Thomas Jefferson, beskou baie skrywers, regsgeleerdes en politieke denkers persvryheid as die belangrikste vryheid, en dit is hoekom die Amerikaanse eerste amendement waarskynlik die mees direkte uitdrukking en verskansing van die belangrikheid van vryheid van uitdrukking in enige oop samelewing is.

Read More »

DIE EINDE VAN NIE‐RASSIGHEID?

stop In sy onlangse toespraak aan die Cape Town Press Club het Hlumelo Biko daarop gewys dat daar ‘n toenemende neiging in die ANC is om nie-swart gemeenskappe – en veral wit mense – te “objektiveer”, om hulle as die “ander” te sien en hulle “in te kamp”. Hy het gewaarsku dat dit nie goeie nuus is vir diegene wat geobjektiveer word nie. Wat het hy bedoel?

Read More »

WERKERSDAG: GEEN REDE TOT FEESVIERING

worker ’n Noemenswaardige meerderheid Suid-Afrikaners – en die meeste van ons jeug – sal nie veel hê om te vier op Werkersdag nie. Hulle het nie werk nie – en vir baie jong mense is daar weinige of geen vooruitsigte dat hulle ooit in diens geneem sal word nie.

Die situasie is veel erger as wat die amptelike werkloosheidsyfer van 24.9% aandui. Die syfer sluit nie diegene in wat opgegee het om werk te soek nie. Indien hulle bygevoeg word, staan die werkloosheidsyfer op byna 36%. Onder swart Suid-Afrikaners styg die syfer tot meer as 40.7% – in vergelyking met die formele werkloosheidkoers van 23.5% vir bruin mense, 13% vir Indiërs en 5.6% vir wit mense.

Read More »

WETSONTWERP OP DIE LISENSIËRING VAN SAKEONDERNEMINGS 2013

businessman Die Departement van Handel en Nywerheid het onlangs die publiek genooi om kommentaar te lewer oor die Wetsontwerp op die Lisensiëring van Sakeondernemings. In sy kommentaar aan die Departement het die Stigting daarop gewys dat die Wetsontwerp, na die Stigting se mening, nie daarin slaag om die hoofdoelwitte waarvoor dit opgestel is, te bevorder nie. Hierdie doelwitte bevorder die reg op vryheid van handel, beroep en professie; om die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie te bevorder; en “om ’n omgewing aan te moedig wat bydra tot die bevordering van nakoming en volhoubaarheid van sakeondernemings”.

Read More »

DIE KOSHUISE VAN STELLENBOSCH

stellenbosch-universiteitDie voorgestelde koshuisplasingsbeleid van die Universiteit van Stellebosch opper vrae oor die toekoms van Afrikaans op Stellenbosch, asook die toekoms van Suid-Afrika as ‘n veeltalige en multikulturele samelewing.

Volgens die voorstelle sou toegang tot koshuise gebaseer word op twee belangrike kenmerke: meriete en die behoefte om verskeidenheid op die kampus te bevorder.

Read More »

AMPTELIKE TAALGEBRUIK IN SUID‐AFRIKAANSE HOWE: GRONDWETLIKE REGTE VERSUS DIE PERSOONLIKE VOORKEUR VAN DIE VOORSITTENDE BEAMPTE

bookDie FW de Klerk Stigting neem met kommer kennis dat regter Cynthia Pretorius – ‘n onsuksesvolle kandidaat vir die pos van adjunk-regterpresident van die Noord-Gautengse Hoë Hof – aan die Regterlike Dienskommissie gesê het dat Afrikaans nie meer as hoftaal gebruik moet word nie.

Pretorius het gesê dat Engels die enigste hoftaal vir regspraktisyns moet wees. Sy het aan die kommissie – wat regterlike aanstellings aan President Jacob Zuma aanbeveel – gesê dat Afrikaans nie spesiale behandeling in die howe moet ontvang nie en as hoftaal vir mondelinge betoë laat vaar moet word. Sy deel blykbaar dié mening met die ander twee kandidate wat aansoek gedoen het vir die pos van adjunk-regterspresident. Pretorius het aangevoer dat Afrikaans ten gunste van Engels afgeskaf moet word omdat Engels die tweede taal is van meeste regterlike amptenare en ander regspraktisyns.

Read More »

DIE DOELTREFFENDE BESTUUR VAN SUID­‐AFRIKA SE WATERBRONNE: ’N GRONDWETLIKE VEREISTE

waterdrop Met Wêreldwaterdag 2013 om die draai, behoort ons dalk die groot waarde van hierdie helder, lewensonderhoudende stof, wat so dikwels as vanselfsprekend aanvaar word, in aanskou te neem.

Meer as 71% van die aarde se oppervlak word deur water bedek. 96.5% van ons planeet se watervoorraad kom in oseane voor terwyl 1.7% uit grondwater bestaan. Die gletsers en yskappe van Antarktika, Groenland en ander gebiede verteenwoordig ook 1.7% van die aarde se watervoorraad.

Read More »