Dit is duidelik dat die Departement besluit het om die onlangse beslissing deur die Arbeidshof in Solidarity and Others v Department of Correctional Services and Others, wat van werkgewers vereis om beide die nasionale en streeksdemografie in ag te neem betreffende die aanstelling en bevordering van personeel, te ignoreer. Ingevolge die nuwe regulasies sal daar van werkgewers vereis word om slegs nasionale demografie te oorweeg ten opsigte van die bevordering en aanstelling van senior personeel in sekere kategorieë. Dít kan verreikende gevolge hê vir bruin Suid-Afrikaners in die Wes-Kaap asook vir Indiese Suid-Afrikaners in KwaZulu-Natal.
Dít is nog ’n voorbeeld van die toenemende rigiede toepassing van rasgebaseerde beleide ingevolge die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie-ideologie. Dit is onversoenbaar met die grondliggende waarde van nierassigheid soos in die Grondwet verskans word. Dit sal ook ’n verdere las wees vir KMMO’s, wat reeds sukkel onder die druk wat deur oorregulering en die onbevoegdheid van die regering op hulle geplaas word.
Die Stigting se Sentrum vir Grondwetlike Regte bestudeer tans die regulasies en sal ’n gedetaileerde voorlegging aan die Departement van Arbeid maak.
Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
Foto: martin_kalfatovic / Foter / CC BY-NC-SA