PERSVERKLARING: FW DE KLERK OOR DIE AFSTERWE VAN NELSON MANDELA
Dit is met die grootste hartseer dat ek gehoor het van die dood van Nelson Mandela. My vrou Elita en ek wil ons innige meegevoel betuig met sy vrou, Graça Machel, die Mandela- familie en hul vriende, die ANC en inderdaad ook die hele Suid-Afrika.
Suid-Afrika het een van sy stigters en een van sy grootste seuns verloor.

Prof Jonathan Jansen – rektor van die Universiteit van die Vrystaat – se opmerkings tydens die Percy Baneshik-gedenklesing aan die Engelse Akademie van Suid-Afrika op 18 September, het ‘n opskudding veroorsaak in Afrikaanse kultuur en onderwys kringe. Die opmerkings is wyd geïnterpreteer as ‘n beroep om eksklusiewe Engelse onderrig en ‘n eis dat “eksklusief-Afrikaanse of selfs dominant-Afrikaanse wit skole en universiteite ‘n ernstige bedreiging vir rasseverhoudinge in Suid-Afrika inhou”.
Die onlangse verklarings deur die Minister van Kuns en Kultuur, Paul Mashatile, sowel as dié van die burgemeester van Pretoria/Tshwane, Kgosientso Ramokgopa – slegs drie dae nadat Suid-Afrikaners Erfenisdag gevier het – opper vrae oor hul toewyding tot die voorrede tot die Grondwet om “die verdeeldheid van die verlede te heel” en dat “Suid-Afrika aan almal [behoort] wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid”.
Een van die belangrikste aspekte wat in die Grondwet van Suid-Afrika erken word, is die belangrikheid van ons gesamentlike erfenis en die ryk kulturele, linguistiese en historiese diversiteit van ons mense.
Ek het in my hele lewe nog nooit ’n sigaret gerook nie, of selfs ’n dampie gemaak nie. Goed, ek het 29 jaar gelede ’n sigaar gerook toe my seun gebore is – maar soos Bill Clinton het ek nie ingeasem nie. Alhoewel ek nie van rook hou nie, is ek redelik verdraagsaam teenoor diegene wat verslaaf is aan tabak (ek het nie juis ’n keuse nie, aangesien my vrou soms ’n sigaret geniet). Desnieteenstaande is ek bly dat mense nie meer op vliegtuie, in restaurante en ander openbare plekke mag rook nie. Ek glo ook dat die regering geloof moet word vir sy energieke anti-rook-veldtog – wat rokers oor die afgelope 20 jaar met 50% verminder het.
Ons kan belangrike lesse uit die groeiende onrus in Egipte leer ten opsigte van die slaggate van demokrasieë wat die-wenner-vat-alles-benaderings in diep verdeelde samelewings navolg.