+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

PERSVERKLARING: FW DE KLERK OOR DIE AFSTERWE VAN NELSON MANDELA

1993 president-de-klerk-and-mr-mandela-in-sweden-decemberDit is met die grootste hartseer dat ek gehoor het van die dood van Nelson Mandela. My vrou Elita en ek wil ons innige meegevoel betuig met sy vrou, Graça Machel, die Mandela-­ familie en hul vriende, die ANC en inderdaad ook die hele Suid-­Afrika.

Suid-­Afrika het een van sy stigters en een van sy grootste seuns verloor.

Read More »

KERK EN STAAT

state-church

President Zuma het gister afgewyk van die voorbereide teks van sy toespraak aan die Evangelical Presbyterian Church in Giyani, Limpopo – wat seker tot groot konsternasie in sy span gelei het. Sy toespraak moes onskadelik gewees het – met erkenning aan die ouer generasie op Internasionale Dag vir Grootouers, die aanmoediging van die jeug en die verklaring van regverdigbare trots op die feit dat die getal kinders met MIV in Oos-­ en Suider-Afrika oor die afgelope 10 jaar meer as halveer het. Daar was slegs een verwysing na “apartheid kolonialisme” – en sover dit die res van die teks aangaan, was dit heel presidensieel.

Read More »

WANNEER RASSEVOOROORDEEL MET TAALREGTE VERWAR WORD

languageProf Jonathan Jansen – rektor van die Universiteit van die Vrystaat – se opmerkings tydens die Percy Baneshik-gedenklesing aan die Engelse Akademie van Suid-Afrika op 18 September, het ‘n opskudding veroorsaak in Afrikaanse kultuur en onderwys kringe. Die opmerkings is wyd geïnterpreteer as ‘n beroep om eksklusiewe Engelse onderrig en ‘n eis dat “eksklusief-Afrikaanse of selfs dominant-Afrikaanse wit skole en universiteite ‘n ernstige bedreiging vir rasseverhoudinge in Suid-Afrika inhou”.

Read More »

ERFENIS NÁ ERFENISDAG 2013: KULTURELE TAKTLOOSHEID

culture Die onlangse verklarings deur die Minister van Kuns en Kultuur, Paul Mashatile, sowel as dié van die burgemeester van Pretoria/Tshwane, Kgosientso Ramokgopa – slegs drie dae nadat Suid-Afrikaners Erfenisdag gevier het – opper vrae oor hul toewyding tot die voorrede tot die Grondwet om “die verdeeldheid van die verlede te heel” en dat “Suid-Afrika aan almal [behoort] wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid”.

Read More »

ERFENISDAG 2013: NIE NET NOG ‘N (BRAAI) DAG NIE?

braai-day Een van die belangrikste aspekte wat in die Grondwet van Suid-Afrika erken word, is die belangrikheid van ons gesamentlike erfenis en die ryk kulturele, linguistiese en historiese diversiteit van ons mense.

Dit sluit in die erfenis van al ons mense – van die eerste nasies van Suid-Afrika – die KhoiKhoi, Nama en San; ons inheemse Afrika-mense – die Zulus, Xhosas, Ndebeles en Swazis; die Tswana, Pedi en Suid-Sotho, Tsonga en Venda; wit Suid-Afrikaners wat afstam van die Hollandse, Duitse en Franse Setlaars, ons uitgebreide bruin gemeenskap; tot die Asiërs wat in die 17de en 18de eeu hier aangekom het uit Nederlands-Indië, en uit Indië gedurende die 19de eeu.

Read More »

PRIVATE LEWENS EN OPENBARE VERANTWOORDELIKHEDE

privateEk het in my hele lewe nog nooit ’n sigaret gerook nie, of selfs ’n dampie gemaak nie. Goed, ek het 29 jaar gelede ’n sigaar gerook toe my seun gebore is – maar soos Bill Clinton het ek nie ingeasem nie. Alhoewel ek nie van rook hou nie, is ek redelik verdraagsaam teenoor diegene wat verslaaf is aan tabak (ek het nie juis ’n keuse nie, aangesien my vrou soms ’n sigaret geniet). Desnieteenstaande is ek bly dat mense nie meer op vliegtuie, in restaurante en ander openbare plekke mag rook nie. Ek glo ook dat die regering geloof moet word vir sy energieke anti-rook-veldtog – wat rokers oor die afgelope 20 jaar met 50% verminder het.

Read More »

DIE UITDAGING WAT DEMOKRASIE IN VERDEELDE SAMELEWINGS INHOU

voting Ons kan belangrike lesse uit die groeiende onrus in Egipte leer ten opsigte van die slaggate van demokrasieë wat die-wenner-vat-alles-benaderings in diep verdeelde samelewings navolg.

Demokrasie is in wese ’n konvensie in terme waarvan mededinging om politieke mag deur verkiesings opgelos word – eerder as deur geweld. Deelnemers kom ooreen dat die party of partye wat die verkiesing wen die regering kan vorm en die land vir ’n voorgeskrewe tydperk tot met die nuwe verkiesing kan regeer. Dit is egter net so ’n belangrike vereiste van demokrasie dat die seëvierende party die siviele en politieke regte van die verloorders moet respekteer en handhaaf – met inbegrip van hul reg om op vrye en regverdige wyse aan toekomstige verkiesings deel te neem.

Read More »

MANDELADAG 2013

  In ooreenstemming met hierdie jaar se tema, “Doen stappe, inspireer verandering, maak elke dag ’n Mandeladag”, het personeel van die FW de Klerk Stigting

Read More »