Ons stem saam met die Nasionale Ontwikkelingsplan se identifisering van die grootste uitdagings vir  transformasie:

Ons het ook ’n senior verteenwoordiger van die ANC genooi om ons toe te spreek oor die ANC se visie van transformasie want ons glo dat dit uiters belangrik is vir ons besprekings vandag. Hy was egter nie in staat om ons uitnodiging te aanvaar nie.

Omdat dit so belangrik is vir die debat wil ek graag met u ons vertolking van die ANC se standpunt oor transformasie deel. Ek beklemtoon egter dat dit nie ons eie weergawe is nie maar dat dit gegrond is op ’n regverdige ontleding van die ANC se dokumente oor strategie en taktiek.

Die ANC sien homself nie as ’n gewone politieke party nie, maar as ’n nasionale bevrydingsbeweging met ’n onafgehandelde revolusionêre mandaat. Hy sien “die voortgesette nalatenskap van kolonialisme en die wit minderheidsregering” as die “kenmerkende werklikheid van ons samelewing”.

Volgens die ANC het hierdie nalatenskap steeds ’n uitwerking op die “wyse waarop swart mense oor die algemeen en Afrikane in die besonder op verskillende maniere deur alles geraak word, van werkloosheid, tot geletterdheid en vlakke van lewensverwagting”. Gevolglik fokus die ANC op die “ambisies en transformasie-doelwitte van hierdie histories onderdrukte meerderheid”.

Anders as sy vennote tydens die onderhandelings het die ANC nie die onderhandelings as ’n manier beskou waarop finale, nasionale grondwetlike ooreenstemming bereik kon word nie. Hy het dit eerder gesien as ’n lanseerplatform wat hom in staat sou stel om die magsbalans verder in sy guns te swaai. In die proses het die ANC erken dat hy destyds, tydelik sy toevlug tot grondwetlike kompromieë moes neem vanweë die magsbalans wat op daardie stadium geheers het.

Die ANC se eerste prioriteit ná 1994 was om die magsbalans in sy guns te swaai deur beheer te neem oor die hefbome van staatsmag. Sy teikens, in sy eie woorde, was die “wetgewers, die uitvoerende gesag, die staatsdiens, die veiligheidsmagte, die regbank, semi-staatsinstellings, die openbare uitsaaier, ensovoorts”. Hy het beheer oor hierdie instellings verkry deur ANC-kaders in belangrike posisies te ontplooi.

Die belangrikste doelwit van die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie – selfs ná 1994 – is steeds om enige maatskaplike en ekonomiese bande met apartheid af te breek. Dít sal verwesenlik word deur “eienaarskap en beheer van rykdom, met inbegrip van grond, en billikheid en regstellende aksie ten opsigte van die daarstelling van vaardighede en toegang tot bestuursposisies, op ’n nie-rassige grondslag te plaas”.

Die ANC se transformasieprogram sal uitloop op die daarstelling van ’n Nasionale Demokratiese Samelewing waarin:

Terselfdertyd dring die ANC daarop aan dat hy homself verbind aan elke letter en gees van die Grondwet, met inbegrip van

Die ANC sê egter dat hierdie verbintenisse gesien moet word “in die konteks van die regstelling van  historiese ongeregtighede van apartheid”, dit wil sê, binne die raamwerk van sy doelwit om ’n “Nasionale Demokratiese Samelewing” daar te stel.

Dit is teen hierdie agtergrond wat die ANC se debat in 2012 oor die aanvang van die tweede oorgangsfase ’n spesiale betekenis aanneem.

In sy slotopmerkings aan die ANC Beleidskonferensie in 2012 het President Zuma geïnsinueer dat die drievoudige krisis van werkloosheid, ongelykheid en armoede nie deur ANC-beleidsraamwerke veroorsaak is nie, maar deur wit mans en die voortgesette uitwerking van “apartheidskolonialisme”. Hy het gewaarsku dat tensy ons “ongelykheid, armoede en werkloosheid waarby ras en geslag ’n rol speel daadwerklik aanspreek, dit ’n bedreiging sal inhou vir ons gesamentlike demokratiese en grondwetlike suksesse”.

Die President glo ook dat die balans van magte voldoende geskuif het – in Suid-Afrika en internasionaal – vir die ANC om af te sien van die kompromieë wat hy tydens die politieke oorgang aangegaan het.

Die werklikheid is dat die ANC se benadering tot transformasie nou verskeie belangrike aspekte van ons regeringsbeleid en ons nasionale diskoers beheer. Dit vorm die kern van die debat oor grondhervorming, swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie.

Die ANC se standpunte oor transformasie is egter glad nie so sleg indien dit vergelyk word met dié van sy alliansie-vennote nie.

COSATU en die SAKP beskou die ANC se doelwit van ’n nasionale demokratiese samelewing slegs as ’n tydelike halfwegpos op die pad na ’n volwaardige kommunistiese staat.

Hoe sien die meeste nie-ANC-partye transformasie? Waarvoor het hulle gedink dat hulle hulself inlaat toe hulle die 1996-Grondwet aanvaar het? Ek wil graag met u my eie vertolking deel van wat die Grondwet oor transformasie sê.

Alhoewel die woord ‘transformasie’ nie in die Grondwet voorkom nie, bestaan daar geen twyfel dat dit ’n transformasionele dokument is nie. Dit is deurtrek van die vereiste om die samelewing van 1996 te neem na die beoogde visie daarvan in sy stigtingsvoorwaardes.

Hierdie waardes sluit in

Ware transformasie moet gemeet word aan ons sukses met die daarstelling van ’n samelewing wat op hierdie waardes gegrond is. Hoe vaar ons?

Ons het vordering gemaak ten opsigte van menswaardigheid. Hoe onvolmaak ons samelewing ook al nog steeds is, alle Suid-Afrikaners geniet nou ’n baie groter mate van menswaardigheid as wat hulle in die verlede gehad het. Dit is omdat hulle gelyk is voor die reg, hulle geniet beskerming in die Handves van Regte, hulle het toegang tot onafhanklike howe en hulle kan deelneem aan ’n werklike  demokratiese bestel.

Terselfdertyd egter word die menswaardigheid van miljoene Suid-Afrikaners ernstig ondermyn deurdat ons samelewing versuim om baie van die ander regte waarop hulle geregtig is, ook te verseker.

Byvoorbeeld, ware transformasie vereis ’n professionele maar sorgsame polisiediens en ’n regstelsel wat in staat is om die lewens en eiendom van alle Suid-Afrikaners doeltreffend te beskerm. Ten spyte van enkele suksesse het ons egter steeds een van die hoogste moord- en verkragtingsyfers in die wêreld. Ons benodig ’n getransformeerde polisie- en regstelsel.

Die ANC het sedert 1994 sukses op sommige gebiede betreffende transformasie behaal.

Die sukses wat op hierdie gebiede behaal is, dien as voorbeelde van ware transformasie.

Terselfdertyd was daar ook reuse mislukkings. In die besonder het ons nagelaat om alle kinders, buiten ’n klein persentasie, van behoorlike onderwys te voorsien. Ons ervaar onvolhoubare vlakke van werkloosheid wat die amptelike syfer van 24.7% oorskry. Volgens Statistiek SA is slegs 14 miljoen van die 34 miljoen mense tussen die ouderdom van 16 en 65 formeel of informeel in diens.

Ons grootste transformasiemislukking is moontlik die feit dat ons samelewing nou meer ongelyk is as wat ons in 1994 was. Ons Gini-koëffisiënt van 0.7 maak ons een van die mees ongelyke samelewings in die wêreld. Nie net het ongelykheid regdeur die samelewing toegeneem nie, dit het ook in elkeen van ons bevolkingsgroepe toegeneem.

Die regering se beleidsraamwerke om gelykheid te bevorder het duidelik misluk. Dit is moontlik omdat die hoofbegunstigdes van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging die ontluikende swart middelklas en die elite is – nie die meerderheid van werklik benadeelde Suid-Afrikaners nie.

Werklike transformasie sou die instelling van remediërende beleidsraamwerke vereis ten einde die werklik benadeelde massas te bemagtig deur die daarstelling van behoorlike onderwys, werkgeleenthede en doeltreffende maatskaplike en munisipale dienste.

Nie-rassigheid is een van die grondliggende waardes waarop ons nuwe samelewing gebou is. Ons het groot vooruitgang gemaak ten opsigte van die vreedsame integrasie van ons samelewing en die verandering van rasgedrewe ingesteldheid – veral wat die jeug betref. Terselfdertyd skep die ideologie van demografiese verteenwoordiging egter weer eens ’n situasie waar Suid-Afrikaners op grond van hul velkleur en nie op grond van hul karakter beoordeel word nie. Suid-Afrika is alweer  besig om een van die mees rasgedrewe samelewings in die wêreld te word.

Ware transformasie vereis van ons om geleidelik in ’n samelewing te ontwikkel waar ras nie meer ’n kwessie of ’n bron van verdeeldheid is nie.

Ons Grondwet is duidelik oor die oppergesag van die grondwet en die heerskappy van die reg. Ons het wel vooruitgang gemaak betreffende die transformasie van ons samelewing vanaf voor 1994 toe die Parlement die oppergesag was na vandag waar die Grondwet en die reg die oppergesag is. Ons howe is noemenswaardig getransformeer en het al dikwels moed en onafhanklikheid bewys deur wetgewing en optrede deur die regering af te keur wat ongrondwetlik is.

Daar is egter ook waarskuwingsligte wat flikker:

Ware transformasie vereis doeltreffende optrede om te verseker dat almal – met inbegrip van die mees senior politici – op gelyke vlak ondersoek, vervolg en beoordeel kan word deur werklik professionele en onafhanklike instellings.

Laastens het ons ongetwyfeld meer vordering gemaak betreffende die daarstelling van ’n funksionerende veelparty-demokrasie. Ons vyfde nasionale verkiesing vind binnekort plaas. Desnieteenstaande is daar ’n gevoel dat die Parlement nie die rol speel wat deur die Grondwet in die vooruitsig gestel is nie. Toesighouding oor die uitvoerende gesag is ondoeltreffend omdat LP’s, ingevolge ons proporsionele stelsel, aan hulle politieke meesters verantwoordelik is en nie aan die kiesers nie.

Ware transformasie vereis die inwerkingstelling van die soort hervormings wat deur wyle Frederik van Zyl Slabbert voorgestel is. Hy het ’n hibriede stelsel voorgestel wat voorsiening maak vir geografiese kiesafdelings, sowel as ’n proporsionele lys.

Die Grondwet vereis ook ’n regering wat verantwoordingspligtig, responsief en oop is. Die Wet op die Beskerming van Staatsinligting wat onlangs aanvaar is, staan lynreg teenoor hierdie vereistes. Ware transformasie sal voorsiening maak vir die insluiting van ’n doeltreffende klousule ten opsigte van openbare belang.

Uit die bogenoemde kom die volgende punte na vore:

Die tyd het nou aangebreek vir ernstige gesprekvoering tussen die regering en diegene wat geteiken word deur sy weergawe van transformasie, met inbegrip van ons minderheidsgroepe, ons boere, die media, burgerregte-organisasies, asook klein en groot sakeondernemings. Gesamentlik moet ons met die regering praat oor

Kaapstad, 31 Januarie 2014


Leave a Reply

Your email address will not be published.