Regterlike beamptes word aanbeveel en aangestel ingevolge artikel 174(1) en 174(2) van die Grondwet. Artikel 174(1) verklaar dat “enige toepaslik gekwalifiseerde vrou of man wat ’n geskikte en gepaste persoon is as regterlike beampte aangestel kan word.” Artikel 174(2) erken “die behoefte van die regbank om die rasse- en geslagsamestelling van Suid-Afrika in die breë te weerspieël”, aangesien daar duidelik ’n behoefte bestaan dat Suid-Afrikaners in staat moet wees om met die regbank te identifiseer en dat die regbank die geslag, rasse- en kulturele diversiteit van ons mense moet weerspieël.

Artikel 174(2) is egter duidelik wat hierdie punt betref: Die regbank moet die rasse- en geslagsamestelling van Suid-Afrika in die breë weerspieël.

Kandidate moet ook in staat wees om met algehele onafhanklikheid en sonder “vrees, begunstiging of vooroordeel” op te tree in ooreenstemming met artikel 165(2) van die Grondwet.

Artikel 174 (2) moet gelees word saam met artikel 174(1) van die Grondwet. ’n Deeglike uitleg van hierdie artikels dui daarop dat hierdie uitermatige oorweging van die transformasie van die regbank deur die RDK ’n bron tot kommer is, aangesien dit beteken dat die RDK transformasie as die oorwegende faktor beskou – dikwels ten koste van uitstekende en meer toepaslik gekwalifiseerde kandidate vir regtersposte.

Dien die huidige struktuur en samestelling van die RDK – en die wys waarop dit kandidate vir regterlike ampte aanbeveel – werklik die beste belange van nie net Suid-Afrika nie, maar ook van ’n onafhanklike regbank?

Die samestelling van die RDK word in artikel 178 van die Grondwet uiteengesit. Dit bestaan uit:

Die RDK bestaan gewoonlik uit 23 lede en uit 25 wanneer provinsiale premiers en regters-president sit oor aangeleenthede wat verband jou met ’n spesifieke afdeling van die Hoë Hof.

In wese is daar dus nege prokureurs of regspraktisyns op die RDK (Hoofregter, President van die Appèlhof, Regter-president, twee advokate, twee prokureurs en een dosent in die regte). Die res (15 in totaal) is politici wat oor regservaring kan beskik of nie beskik nie. Tans dien daar soveel as 12 aanstellings uit 23 op die RDK met ANC-bande.

Wie stel regters en regterlike beamptes aan in jurisdiksies anders as dié van Suid-Afrika?

In Australië word regters van die Hoë Hof en die Australiese Federale Howe aangestel deur die Australiese kabinet en op advies van die Australiese Prokureur-generaal. Dit kom in wese neer op ’n aanstelling deur die uitvoerende regering, sonder inmenging deur die bestaande regbank.

In die Verenigde State van Amerika (VS) word regters van die Rondgaande Appèlhowe, sowel as die regters van die Distrikshowe (soos na verwys in die VS se Grondwet) almal deur die President van die VS aangestel (na oorlegpleging met die VS se Departement van Justisie en sy eie personeel in die Withuis) en op verdere advies en goedkeuring van die Amerikaanse Senaat. Die American Bar Association (ABA) is nou betrokke by die proses aangesien dit onderhoude voer met regters en prokureurs in die kandidaat se gemeenskap oor die kandidaat se kwalifikasies, met inbegrip van temperament, en dit voer ook onderhoude met die kandidate. Teen die einde van die proses adviseer die ABA die Departement van Justisie oor of ’n kandidaat goed gekwalifiseer, gekwalifiseer of nie gekwalifiseer is nie. Die Federale Buro van Ondersoek (FBI) stel ook ondersoek in na kandidate en wanneer die evaluasie van al drie hierdie liggame (die FBI, ABA en die Departement van Justisie) goedgunstig is, maak die Prokureur-generaal ’n formele aanbeveling aan die President.

In Indië is Regters van die Appèlhof voorheen deur die President van Indië aangestel (op advies van die Unie se kabinet). Na aanleiding van ’n aantal beslissing bekend as die Three Judges Cases in 1982, 1993 en 1998, moet die President regters aanstel wat deur die collegium – ’n geslote groep bestaande uit die Hoofregter van Indië en die vier mees senior regters van die hof, van die Appèlhof in Indië gekies is. Die Indiese kabinet en die Parlement het ’n rol om te speel in die aanstelling van regters in die Indiese Appèlhof of enige van Indië se 24 Hoë Howe. Die collegium van die Appèlhof stel regters op sy eie regbank aan, in die Hoë Howe en stel ook die Hoofregters in die verskeie Hoë Howe aan.

Die Nasionale Ontwikkelingsplan het ’n beroep gedoen om die herstrukturering van die RDK sodat dit vry van politieke belange sal wees. Minister van Justisie, Jeff Radebe, het op volgehoue wyse beroepe om ’n verandering in die samestelling van die RDK en ’n inperking van magte met betrekking tot presidensiële aanstellings verwerp.

’n Liggaam soos die RDK en die prosedures wat dit volg wanneer regterlike kandidate aanbeveel word behoort hoog geag te word. In lig van die huidige situasie moet die struktuur van lidmaatskap van die RDK hersien en uitgedaag te word – alhoewel dit ’n grondwetlike wysiging sou behels.

Daar word dikwels geargumenteer dat die howe die breër evolusie van die samelewing moet weerspieël en dat dit om hierdie rede gepas is vir politici om ’n rol in die aanstelling van regters te maak. Die idee is dat in lande met ’n sterk tweepartystelsel, soos die Verenigde Nasies, ’n balans gehandhaaf sal word tussen liberaal en konserwatief omdat die regering dikwels verander. In samelewings soos Suid-Afrika met ’n dominante regerende party en permanente minderhede, sal geregtigheid dalk beter seëvier deur te verseker dat ’n groter rol aan regters en die regsprofessie toegeken word om regterlike beamptes aan te stel. Gevolglik behoort lidmaatskap van die RDK beperk te word tot nie meer as 15 lede nie, van wie ten minste 9 of 10 uit regters en praktiserende prokureurs moet bestaan. Aanbevelings deur die balieraad sal dan ’n meer bepalende rol speel. Die Kommissie moet ook, op volgehoue en deursigtige wyse, verantwoording doen (aan die Parlement byvoorbeeld) oor sy prosedures en besluitnemingsprosesse ten opsigte van sy aanbeveling van kandidate vir regterlike aanstellings. Voorsiening kan ook gemaak word vir die insluiting van aansoek om appèl of hoër maatreëls vir hersiening deur kandidate wat nie aangestel is nie. Die rol van politici in hierdie proses moet soveel as moontlik ingeperk word.

Hoe dit ook al saamgestel is, is dit die RDK se hooftaak om die aanstelling van toepaslik gekwalifiseerde mans en vroue aan te beveel wat geskikte en gepaste persone as regterlike beamptes sal wees. Dit beteken dat hulle moet aanvaar dat die howe onafhanklik is en slegs aan artikel 165(2) van die Grondwet afhanklik is. Dit beteken ook dat hulle in staat moet wees om die reg op onpartydige wyse en sonder vrees, begunstiging of vooroordeel toe te pas. Die huidige doeltreffende beheer van die RDK deur verteenwoordigers  van ’n enkele politieke party ondermyn duidelik hierdie doelwit. Die regbank moet as ’n wag van ons Grondwet en demokrasie optree. Politieke inmenging – veral op die wyse waarop die RDK artikels 174(1) en 174(2) uitlê – dreig om afbreuk te doen aan die fondasies van ons grondwetlike demokrasie.

Adv Jacques du Preez, FW de Klerk Stigting

Graeme Williams, MediaClubSouthAfrica.com


Leave a Reply

Your email address will not be published.