Me Dawood was internasionaal aktief betrokke by belangrike kwessies met betrekking tot menseregte en internasionale geregtigheid, maatskaplike, ekonomiese en regshervorming en die bevordering van onafhanklike media. Sy het vir die media geskryf en wyd voorleggings gemaak by konferensies en seminare en was aktief betrokke by kwessies wat verband hou met buitelandse beleid en internasionale betrekkinge, deur die Suid-Afrikaanse Inisiatief vir Buitelandse Beleid, wat sy in 2011 gestig het.

Sy is sedert November 2013 ‘n professionele genoot van die Zamyn, ‘n onafhanklike analitiese organisasie wat werksaam is by die kruising van sosio-ekonomiese, politieke en kulturele teorie en praktyk.

Me Dawood is in 2013 gevra om by AgangSA aan te sluit onder leierskap van dr Mamphela Ramphele, vir ‘n tydperk van ses maande. Dit het die daarstelling behels van ‘n nuwe politieke platform om demokrasie in Suid-Afrika te versterk.

Voordat sy by die FW de Klerk Stigting aangesluit het as Direkteur van die Sentrum vir Eenheid in Diversiteit, het me Dawood uit haar gemaksone beweeg om die pos van Hoof van Besigheidsontwikkeling en Fondsinsameling by die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) te aanvaar. Dit het die bestuur van die besigheidstrategie en fondsinsamelingsinisiatief vir die KFO behels, met inbegrip van die aanpak van kwessies betreffende diversiteit, die bou van loopbaanrigtings vir talentvolle musikante en, meer belangrik, die finansiële volhoubaarheid van die KFO, wat gegroei het van ‘n organisasie wat in die rooi was, na een wat nou sy eie skenkingsfonds bestuur.

Leave a Reply

Your email address will not be published.