+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Ons sal nie wit mense die see in jaag nie. Ons sal hulle ‘n deel gee…Dit is waar julle bly. En julle kan nie ‘n groter deel as ons besit nie. Jy is ‘n gas. Gaste moet hulle gedra. Hulle moet weet die grond behoort aan die mense van Suid-Afrika, die inheemse mense van Suid-Afrika…Geen wit mens is ‘n regmatige eienaar van die grond hier in Suid-Afrika en op die hele vasteland van Afrika nie. Dit is ons vasteland; dit behoort aan ons”.

Die mense wat in die hof hoort is FW de Klerk en al die wit mense wat ons grond gesteel het. Maar wit minderhede moet gewaarsku wees, ons sal ons grond vat. Dit maak nie saak hoe nie…Die grond sal gevat word deur watter middele ook al nodig is”.

Waarom is dit belangrik om kennis te neem van hierdie kommentaar en om dit nie (soos wat baie doen) af te maak as die grootpratery van ‘n kinderlike politieke leier nie? Omdat mnr Malema se uitlatings ‘n verwerping is van die kernwaardes waarop ons Grondwet gegrond is – met inbegrip van menswaardigheid, die behaling van gelykheid en die bevordering van menseregte en vryhede en nie-rassigheid. Dit is ook ‘n direkte oortreding van artikel 16(2) van die Grondwet, wat propaganda vir oorlog, aanstigting van dreigende geweld of die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, verbied. Mnr Malema se verwysing na die Grondwet buite die hof in Newcastle is ‘n ernstige toets vir ons kollektiewe begrip van ons grondwetlike waardes.

Tweedens moet mnr Malema se uitlatings nie beskou word in dieselfde klas as die rassistiese kommentaar deur private burgers op sosiale media nie. Hy is die leier van die derde grootste party in die Parlement, en sy rassistiese kommentaar weerspieël die inaggenome beleid van sy party. Hulle hou die bedreiging in van rassekonflik wat ons grondwetlike demokrasie kan vernietig en Suid-Afrika in puin kan laat.

Derdens is mnr Malema se bewering dat wit mense (met FW de Klerk aan die hoof) die grond van die swart meerderheid gesteel het, nie net ‘n ernstige historiese dwaling nie, maar ook ‘n uiters gevaarlike idee. Op die minste gee dit aanleiding tot rassepolarisasie en spanning, en op die meeste skep dit ‘n gevaarlike idee van “anders wees”, wat in Duitsland en Rwanda tot grootskaalse volksmoord gelei het.

Laastens is mnr Malema se uitlatings ‘n aanval op die hele bedeling ná 1994, baie soos die argumente van die #RhodesMustFall- en #FeesMustFall-bewegings. Dit skeur die vesel van ons grondwetlike demokrasie en ‘n vrye en nie-rassige Suid-Afrika.

Die FW de Klerk Stigting verwerp mnr Malema se beweerde uitlating en die transkripsies daarvan ten sterkste. Ons is diep bekommerd oor die verspreiding van slagspreuke wat rassegeweld aanmoedig en die gebrek aan optrede deur die verantwoordelike owerhede om sodanige haatspraak te veroordeel of teen te werk. Ons is ook uiters bekommerd oor die aanhitsing tot die onwettige besetting van grond, wat nie net verskeie wette nie, maar ook artikel 25 van die Grondwet sal oortree.

Die FW de Klerk Stigting sal ‘n dringende vergadering aanvra met die Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) om hierdie ontwikkelings te bespreek, asook die stappe wat die Kommissie voornemens is om te doen om haatspraak van hierdie aard teen te werk.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting

Foto: www.iol.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published.

The FW de Klerk Foundation Annual Conference

The FW de Klerk Foundation Annual Conference – hosted in conjunction with the Konrad-Adenauer-Stiftung – took place on 31 January 2025. The theme of this year’s conference is: “South Africa’s Position in the World Today”.
 

 Esteemed speakers include Ambassador Andreas Peschke (Ambassador of the Federal Republic of Germany); Magda Wierzycka (CEO of Sygnia); Dr Harlan Cloete (Local Governance and Public Leadership – Research Fellow) and Johan “Rassie” Erasmus (Springbok Coach).