Die nuwe Sentrum vir Eenheid in Diversiteit (SED) sal:
- kulturele, taalkundige en godsdienstige regte steun en sal na nasionale eenheid streef;
- ontwikkelings monitor wat inter-gemeenskapsverhoudings kan raak;
- diskriminasie uit enige oord teenstaan; en
- deelneem aan die nasionale debat oor inter-gemeenskapsverhoudings en die regte van kulturele, godsdienstige en taalkundige gemeenskappe.
Die tema van die bekendstellingskonferensie is “Eenheid in Diversiteit: ‘n Padkaart na begrip van Versoening”, met toesprake deur voormalige President FW de Klerk, me Rhoda Kadalie, Uitvoerende Direkteur van die Impumelelo Social Innovations Centre, en adv George Bizos, senior advokaat by die Regshulpsentrum.
Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting