Gedurende die daaropvolgende drie jaar het hy ‘n waardevolle bydrae gelewer tot die SGR se aktiwiteite – veral wat betref die monitering van, verslagdoening oor en voorspraak vir menseregte en die voorbereiding van voorleggings aan die Parlement en menseregte-liggame oor konsepwetgewing en die skending van menseregte.

Hy het weer as advokaat van die Hoë Hof praktiseer tussen Junie 2014 en Mei 2018, waarna hy ‘n aanstelling in Switserland aanvaar het as Direkteur van Regsopleiding by International Bridges to Justice – ‘n internasionale NRO in Geneva. In hierdie amp lei en fasiliteer hy opleidingsinisiatiewe en -werkswinkels betreffende internasionale strafreg, die oppergesag van die reg en verhore, en werk saam met verskillende belanghebbendes in justisie in ‘n aantal lande – waaronder Rwanda, Sri Lanka, Hong Kong en Sirië.

Die raad is verheug dat adv Du Preez – verryk met waardevolle ervaring by die Kaapse Balieraad en internasionale menseregte – terugkeer na die Stigting as sy nuwe HUB. Hy is goed vertroud met die Stigting se aktiwiteite en sien uit daarna om die Stigting te lei en sy werk voort te sit om die Grondwet te handhaaf; om eenheid in diversiteit te bevorder, en om die nalatenskap van Suid-Afrika se historiese oorgang na grondwetlike demokrasie te bewaar.

Adv Du Preez is getroud met Barbara. Hulle het twee kinders, Kayleigh and Luc.

 

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting

1 September 2020

Leave a Reply

Your email address will not be published.