Die Raad het besluit om die toekenning vir 2017 aan mev Botha en mnr Van Niekerk toe te ken ter erkenning van hul wonderlike prestasies en die wyse waarop hulle Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig het – en wat aanleiding gegee het tot die uitsonderlike wêreldrekord tydens die Olimpiese Spele in 2016 in Rio. Hul spanwerk het Suid-Afrikaners uit al ons gemeenskappe en regoor die sosiale en politieke spektrum geïnspireer. Dit herinner ons ook voorts – soos wat in ons Grondwet verklaar word – dat “…Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid…”, aan ons verbintenis tot die ontsluiting van “…die potensiaal van elke mens…” en om “…‘n [v]erenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ‘n soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem..”

Voormalige President FW de Klerk sal die Welwillendheidstoekenning tydens ‘n oorhandigingseremonie op Woensdag, 22 Februarie 2017 in Kaapstad aan mev Botha en mnr Van Niekerk oorhandig.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting

Leave a Reply

Your email address will not be published.