Die Raad het hulle aangewys ter erkenning van hul wonderlike prestasies en die wyse waarop hulle Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig – en wat gelei het tot die uitsonderlike wêreldrekord tydens die Olimpiese Spele in Rio in 2016.

Hul spanwerk het Suid-Afrikaners uit al ons gemeenskappe en van regoor die maatskaplike en politieke spektrum inspireer. Dit het ons voorts ook herinner dat, soos in ons Grondwet verklaar word, “…Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons diversiteit…”, aan ons verbintenis daartoe om “…die potensiaal van elke persoon te bevry…” en om “…‘n verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat in staat is om sy regmatige plek in die familie van nasies in te neem.”

Min dinge verenig Suid-Afrikaners so goed – en genereer soveel welwillendheid – soos die sukses wat ons in die internasionale sportarena behaal. Dink net aan die inspirerende prestasie van Andile Phehlukwayo en AB de Villers wat hulle Sondag in die eerste eendagwedstryd se laaste boulbeurte teen Nieu-Seeland behaal het.

Wayde van Niekerk en Ans Botha het weer eens gewys wat ons Suid-Afrikaners kan bereik as ons in welwillendheid saamwerk.

Dink net wat ons kan bereik as ons as ‘n nasie ons kleinlike verskille opsy kan sit en in welwillendheid saamwerk om die uitdagings van armoede, ongelykheid en werkloosheid wat ons samelewing die hoof moet bied, aan te pak.

Net soos Wayde en Ans, het Suid-Afrika die potensiaal om ‘n wêreldkampioen te wees.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting

Leave a Reply

Your email address will not be published.