+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Daar moet op gewys word dat die Konstitusionele Hof nie bevind het dat Shaun Abrahams nie ‘n geskikte persoon is om die pos te beklee nie. Nietemin, die besluit maak dit duidelik dat die regte proses ‘n belangrike stap is om die publiek se vertroue in staatsinstellings te verseker. Daar het altyd ‘n wolk gehang oor Shaun Abrahams se aanstelling ná sy voorganger se afdanking, terwyl Shaun Abrahams self min gedoen het om die Suid-Afrikaanse publiek te verseker van die vervolgingsgesag se vermoë om sonder vrees en begunstiging, in ooreenstemming met sy grondwetlike mandaat, op te tree. Dit is ook belangrik dat die Hof dit duidelik gestel het dat Shaun Abrahams, as ‘n begunstigde van die onbehoorlike optrede van voormalige President Jacob Zuma, geen reg gehad het om in sy pos aan te bly nie.

Dieselfde beslissing het bepalings van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag geskrap (naamlik artikel 12(4) en artikel 12(6)), betreffende die President se magte om sonder betaling en vir ‘n onbepaalde tydperk te skors. Hierdie aspek van die beslissing is veral verwelkom, aangesien dit die NVG versterk en die liggaam minder blootsel aan politieke inmenging in die toekoms.

Dit suggereer nie dat die probleme wat die nasie se misdaadbestrydende liggaam beleër het, so te sê opgelos is nie. Die moeilike taak om ‘n geskikte plaasvervanger vir Shaun Abrahams te vind, begin nou. Die hof het aan President Ramaphosa 90 dae gegee om dit te doen. Hierdie soektog vind plaas terwyl daar steeds vrae is oor senior lede in die geledere van die NVG, insluitende Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi, se bekwaamheid en geskiktheid om hul ampe te beklee. Intussen het die Valke ‘n reeks hofsake verloor met betrekking tot bewerings van staatskaping wat die Gupta-familie insluit. Nou, meer as ooit, is daar ‘n behoefte aan die NVG om die nasie van sy vermoëns te verseker om beide individue en die staat aanspreeklik te hou.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
13 Augustus 2018

Leave a Reply

Your email address will not be published.