Professor Wiechers sal deur ons en die nasie onthou word vir sy intellek, sy genuanseerde begrip van die Suid-Afrikaanse landskap en sy onverbiddelike toewyding aan ons grondwetlike demokrasie. Hy het ‘n waardevolle rol gespeel as ‘n adviseur van die SGR. Sy heengaan laat ‘n gaping onder beginselvaste konstitusionele demokrate wat werk om te verseker dat die grondwetlike grondslag van maatskaplike geregtigheid ‘n realiteit vir alle Suid-Afrikaners word.
Ons groet ‘n groot Suid-Afrikaner en eer sy erfenis.
Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
2 September 2018
Foto: Afrikaans.com