+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: GEEN PLEK VIR RASSISME IN ONS SAMELEWING

hands-of-harmony lDie Grondwet vervat die waardes, regte en beginsels van die samelewing waarna ons streef, maar steeds sukkel om by uit te kom. Hierdie waardes -­ met inbegrip van menswaardigheid, die behaling van gelykheid, bevordering van fundamentele regte en vryhede, sowel as nie-­ rassigheid en nie-­seksisme -­ is van min waarde as die samelewing (en by implikasie, elkeen van ons) dit nie verwesenlik nie. As sulks is werklike en wesenlike gelykheid iets wat ons samelewing op etlike gebiede steeds kortkom. Neem maar toegang tot kwaliteit onderwys-­ en gesondheidsdienste as een voorbeeld. Die grootste hindernis wat ons samelewing egter in die gesig staar, is nie hoe om gelykheid te verwesenlik by wyse van beleide, programme en wetgewing nie (alhoewel die wyse waarop laasgenoemde dit probeer bereik inderdaad verdere oorweging noodsaak), maar eerder oor hoe om ons eie onderskeie vooroordele te oorbrug. Vir sommige van ons -­ ongeag ras -­ is die werklike betekenis van gelykheid iets wat ons steeds ontgaan.

Read More »

BESPREKING VAN HOFSAAK: SKOOLBEHEERLIGGAME EN DIE TOELATINGSBELEID: LUR VIR ONDERWYS IN GAUTENG V PRIMÊRE SKOOL RIVONIA

Foter school kidsDie Konstitusionele Hof het op 3 Oktober 2013 ’n aansoek om appèl teen ’n beslissing van die Appèlhof gedeeltelik gehandhaaf, wat uiters belangrik is vir die Suid-­Afrikaanse onderwys, skoolbeheerliggame, asook enkelmedium-­staatskole.

Die aangeleentheid het betrekking gehad op die bepaling van die vraag oor wie die laaste sê het wanneer toelatingsbeleide in staatskole vasgestel word: skole en hul skoolbeheerliggame, of provinsiale departemente van onderwys?

Read More »

VERKLARING DIE SGR VERWELKOM BEKENDSTELLING VAN DIE MANIFES VIR DIE STAATSDIENS

Lindiwe-SisuluDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die bekendstelling van die Manifes vir die Staatsdiens (die Manifes) deur die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie, Lindiwe Sisulu, en loof die Minister vir hierdie inisiatief, wat die verantwoordbaarheid, deursigtigheid en responsiewe ingesteldheid van die openbare administrasie en die staatsdiens hopelik sal verbeter.

Read More »

Tuis – CFCR

Jongste Media-kommentaar Kliek op die skakels hier onder vir die media se jongste verwysings na die SGR en vir kommentaar oor spesifieke onderwerpe. Vir ‘n

Read More »

BESPREKING VAN HOFSAAK: ’N REGVERDIGE BESLISSING WAT ’N BALANS TREF TUSSEN DIE REGTE VAN SKOOLBEHEERLIGGAME EN DEPARTEMENTSHOOFDE

ConCourt MCSAVerlede week het die Konstitusionele Hof uitspraak gelewer waarin dit ’n aansoek om appèl van die Appèlhof van die hand gewys het en twee Vrystaatse hoërskole beveel het om hul beleide ten opsigte van swangerskap te heroorweeg. Die saak het ook gewys op die magte van ’n hoof van die provinsiale departement van onderwys (HDO) om instruksies aan skoolhoofde van openbare skole te gee om in stryd met skoolbeleide op tree wat deur die beheerliggame van sodanige skole aanvaar is.

Read More »

ARTIKEL: EKONOMIESE VRYHEIDSVEGTERS – ’N ONSAMEHANGENDE INTERPRETASIE

EFF logo Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is vroeër vanjaar deur die voormalige leier van die ANC se jeugliga, Julius Malema, en ander met die doelwit om “te streef na die stryd om ekonomiese bevryding”, tot stand gebring. Die EFF doen nou aansoek by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) om as ’n politieke party geregistreer te word. Alhoewel die EFF, volgens hul “stigtingsmanifes”, sal “meeding om politieke mag… ten einde die staat te verower”, sal die “hoofdoelwit van grootskaalse organisasie en aktivisme, as ’n maatstaf om die politieke bewustheid van die mense te bevorder, steeds aan die kern van [hul] politieke praktyk wees”.

Read More »

ARTIKEL: EEN JAAR NÁ MARIKANA – HET ONS AL NADER BEWEEG AAN POLISIËRING WAT OP MENSEREGTE GEGROND IS?

SAPS foterDie onlangs gepubliseerde Groenskrif oor Polisiëring het nie die geleentheid aangegryp om ’n kultuur in die polisie, wat op menseregte gegrond is, te versterk nie -­ en om dus die kommerwekkende toename in die gebruik van dodelike geweld en die ernstige skending van menseregte deur die Suid-­Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te verminder nie. Oor die afgelope jaar het Suid-­Afrika ’n toenemende aantal voorvalle ervaar ten opsigte van die uitermatige gebruik van geweld deur die SAPD. Hierdie voorvalle sluit in die wrede moorde op mnr Andries Tatane en die Mosambiekse taxi-­bestuurder, mnr Mido Macia, die onwettige inhegtenisname en behandeling van mnr Chumani Maxwele, wat na bewering ’n beledigende teken vir die President se motorstoet met sy hand gewys het en, self meer tragies, die Marikana-­voorval op 16 Augustus 2012 waartydens 34 betogende myners deur lede van die SAPD doodgemaak is.

Read More »

ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE VROUEDAG OOR MANS

Womens DayOp Vrouedag erken ons die prestasies van vroue wat oor die dekades groot vooruitgang gemaak het. Afgesien van hierdie prestasies, erken ons ook ons grondwetlike reg op menswaardigheid, gelykheid en fundamentele vryhede -­ nie noodwendig as vrouens of mans nie, maar as gelykes voor die reg en die samelewing. Geslagsgelykheid is egter nie ’n reg waaruit slegs sekeres voordeel trek nie -­ die bevordering, beskerming en verwesenliking van die regte wat in ons Handves van Regte vervat word is tot almal se voordeel. Die vryheid en sekuriteit van die persoon is ’n fundamentele reg waarvoor die Grondwet voorsiening maak, en is gegrond op die grondwetlike waardes van gelykheid, menswaardigheid en die bevordering van menseregte en vryhede. Maar het ons, en veral mans, ’n gelyke verstandhouding oor hierdie regte?

Read More »