+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: JEUGDAG – DIT GAAN OOR VANDAG EN DIE TOEKOMS

youth1 Op 16 Junie vier ons Jeugdag ter herinnering van die jongmense wat op daardie dag in 1976 opgestaan het teen ongeregtigheid en ongelykheid en die hoogste prys betaal het vir dít waarin hulle geglo het. In ooreenstemming met die Aanhef tot die Grondwet is hierdie dag ongetwyfeld ’n huldeblyk aan die jeug wat geveg en gely het vir geregtigheid en vryheid in ons land. Jeugdag gaan egter nie net oor die verlede nie, maar ook oor vandag sowel as die toekoms. Dit is ’n viering van ons Grondwet en die waardes, regte en vryhede wat ons vandag geniet. Dit is ‘n huldeblyk aan almal wat gestreef het na – en vandag steeds bou aan – ’n regverdige en demokratiese samelewing. Dit behoort te gaan oor ’n toekoms waarvoor die jeug van vandag, net soos die res van die samelewing, vandag reeds verantwoordelik is.

Read More »

ARTIKEL: UITSETTING VAN PERSONE VAN GROND WAT ONWETTIG BESET WORD

foter-informal-settlementIn ’n voorval waaroor wyd berig gelewer is, het die SA Nasionale Padagentskap (SANPAB) – met die hulp van ’n private sekuriteitsmaatskappy, die balju van die hof en lede van die SA Polisiediens – honderde mense van grond afgesit wat deur SANPAB besit word, met die gevolg dat hierdie mense haweloos gelaat is. Dit het later aan die lig gekom dat SANPAB ’n interdik van die Wes-Kaapse Hoë Hof bekom het wat gedien het as regsbasis vir sodanige uitsettings.

Read More »

ARTIKEL: DIE “ONGEWENSTE” IMMIGRASIEREGULASIES 2014

home-affairs-foterOp 26 Mei 2014 het nuwe immigrasieregulasies in werking getree wat voorsiening maak vir algemene werks- en skaars vaardighedevisums wat vir vyf jaar geldig is, werksvisums ten opsigte van werknemers wat in dieselfde maatskappy verplaas word, wat vir vier jaar geldig is, en korporatiewe werksvisums wat vir drie jaar geldig is.

Read More »

UITNODIGING: DIE ROL VAN UNIVERSITEITE IN LEIERSKAPSONTWIKKELING

Leadership 2 - Afrikaans

DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: REEKS VAN ONTBYTBESPREKINGS

ONDERWERP: DIE ROL VAN UNIVERSITEITE IN LEIERSKAPONTWIKKELING

SPREKERS: PROF RUSSEL BOTMAN en WAYDE GROEP 

Sluit by ons aan vir die tweede in ’n reeks van vier ontbytbesprekings wat deur die Skool vir Publieke Leierskap Publieke Leierskapforum (SPLPLF) aangebied word in samewerking met die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) aan die Universiteit van Stellenbosch (US) en met die steun van die Konrad Adenauer-stigting (KAS). Die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut (FVZS) sluit as vennoot by ons aan vir hierdie ontbyt. 

Read More »

ARTIKEL: DISPARATE TYE – INTERNASIONALE VROUEDAG

international-womens-day-foterOp 8 Maart sal Suid-Afrika saam met die res van die wêreld Internasionale Vrouedag vier. Hierdie jaar se tema, soos op besluit deur United Nations Women, is “Gelykheid vir Vroue is Vooruitgang vir almal”. Die Gronwet waarborg die regte van alle burgers en stel menswaardigheid, die behaling van gelykheid en die bevordering van menseregte en -vryhede as grondliggende waardes daar.

Read More »

BESPREKING VAN HOFSAAK: MOSHOMO LEVIN KUBYANA V STANDARD BANK OF SOUTH AFRICA LTD

constitutional-court-foterDie Konstitusionele Hof het onlangs uitspraak gelewer in ’n saak wat sekere aspekte aanraak betreffende die verhouding tussen kredietverskaffers en verbruikers. Die uitspraak skenk oorweging aan ’n kredietverskaffer se verpligtinge betreffende die Nasionale Kredietwet, Wet 34 van 2005 (“die Wet “) wanneer dit ’n verbruiker in kennis wil stel van sy of haar wanbetaling voordat ’n hof genader word om die kredietooreenkoms tussen hulle toe te pas.

Read More »

UITNODIGING: DIENSLEWERING EN DIE VERWESENLIKING VAN MENSEREGTE ONTBYTBESPREKING

LeierskapUitnodiging

DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: REEKS VAN ONTBYTBESPREKINGS

ONDERWERP: DIENSLEWERING EN DIE VERWESENLIKING VAN MENSEREGTE

HOOFSPREKER: VOORMALIGE PRESIDENT FW DE KLERK

Sluit by ons aan vir die eerste in ’n reeks ontbytbesprekings wat deur die Skool vir Publieke Leierskapforum (SPLF) aangebied word in samewerking met die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) aan die Universiteit van Stellenbosch (US) en met die steun van die Konrad Adenauer-stigting (KAS).

Read More »