VERKLARING: SGR NEEM MET KOMMER KENNIS VAN DIE VERKLARING VAN DIE MARIKANA-KOMMISSIE
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) neem met kommer kennis van ’n verklaring deur die Marikanakommissie van ondersoek dat die Kommissie dokumente bekom het wat na bewering daarop dui dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), in sover dit tersaaklike aspekte aangaan, nie met die Kommissie eerlik was nie.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die bekendstelling van die Manifes vir die Staatsdiens (die Manifes) deur die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie, Lindiwe Sisulu, en loof die Minister vir hierdie inisiatief, wat die verantwoordbaarheid, deursigtigheid en responsiewe ingesteldheid van die openbare administrasie en die staatsdiens hopelik sal verbeter.
Verlede week het die Konstitusionele Hof uitspraak gelewer waarin dit ’n aansoek om appèl van die Appèlhof van die hand gewys het en twee Vrystaatse hoërskole beveel het om hul beleide ten opsigte van swangerskap te heroorweeg. Die saak het ook gewys op die magte van ’n hoof van die provinsiale departement van onderwys (HDO) om instruksies aan skoolhoofde van openbare skole te gee om in stryd met skoolbeleide op tree wat deur die beheerliggame van sodanige skole aanvaar is.
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is vroeër vanjaar deur die voormalige leier van die ANC se jeugliga, Julius Malema, en ander met die doelwit om “te streef na die stryd om ekonomiese bevryding”, tot stand gebring. Die EFF doen nou aansoek by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) om as ’n politieke party geregistreer te word. Alhoewel die EFF, volgens hul “stigtingsmanifes”, sal “meeding om politieke mag… ten einde die staat te verower”, sal die “hoofdoelwit van grootskaalse organisasie en aktivisme, as ’n maatstaf om die politieke bewustheid van die mense te bevorder, steeds aan die kern van [hul] politieke praktyk wees”.
Die onlangs gepubliseerde Groenskrif oor Polisiëring het nie die geleentheid aangegryp om ’n kultuur in die polisie, wat op menseregte gegrond is, te versterk nie - en om dus die kommerwekkende toename in die gebruik van dodelike geweld en die ernstige skending van menseregte deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te verminder nie. Oor die afgelope jaar het Suid-Afrika ’n toenemende aantal voorvalle ervaar ten opsigte van die uitermatige gebruik van geweld deur die SAPD. Hierdie voorvalle sluit in die wrede moorde op mnr Andries Tatane en die Mosambiekse taxi-bestuurder, mnr Mido Macia, die onwettige inhegtenisname en behandeling van mnr Chumani Maxwele, wat na bewering ’n beledigende teken vir die President se motorstoet met sy hand gewys het en, self meer tragies, die Marikana-voorval op 16 Augustus 2012 waartydens 34 betogende myners deur lede van die SAPD doodgemaak is.
Op Vrouedag erken ons die prestasies van vroue wat oor die dekades groot vooruitgang gemaak het. Afgesien van hierdie prestasies, erken ons ook ons grondwetlike reg op menswaardigheid, gelykheid en fundamentele vryhede - nie noodwendig as vrouens of mans nie, maar as gelykes voor die reg en die samelewing. Geslagsgelykheid is egter nie ’n reg waaruit slegs sekeres voordeel trek nie - die bevordering, beskerming en verwesenliking van die regte wat in ons Handves van Regte vervat word is tot almal se voordeel. Die vryheid en sekuriteit van die persoon is ’n fundamentele reg waarvoor die Grondwet voorsiening maak, en is gegrond op die grondwetlike waardes van gelykheid, menswaardigheid en die bevordering van menseregte en vryhede. Maar het ons, en veral mans, ’n gelyke verstandhouding oor hierdie regte?
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte is diep bekommerd oor sommige van die uitlatings wat deur Hoofregter Mogoeng Mogoeng gemaak is tydens die Advocates for Transformation se jaarlikse algemene vergadering op 6 Julie.