+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: OP DIE SPOOR VAN KERNVERKRYGING

nuclear opt

Indien nuusberigte geglo kan word, stoom die nuut aangestelde Minister van Energie – vars uit sy nie-sonder-omstrendheid-tydjie as Minister van Intelligensie – voort met kernplanne. Dit, ten spyte van die Minister van Finansies wat onlangs verklaar het dat kernenergie nie bekostigbaar is of onmiddellik nodig is nie. Uit dieselfde teks as die Minister van Energie, het President Zuma gister tydens die OR Tambo-gedenklesing gesê dat planne om die strewe na kernkrag in die wiele te ry, deel is van ‘n Westerse komplot om Suid-Afrika te beheer”, skynbaar as ‘n bevestiging van die Minister van Energie se planne.

Nuusberigte suggereer voorts dat die Minister van Energie van plan is om Suid-Afrika se hersiene Geïntegreerde Hulpbronplan so vroeg as 14 November 2017 te finaliseer. As dit die geval is, dien die Wes-Kaapse Hoë Hof se uitspraak in April (waarin Earthlife Africa Johannesburg en die Southern African Faith Communities se Omgewingsinstituut die regering se besluite ten opsigte van die verkryging van kernkrag suksesvol uitgedaag het) as agtergrond waarteen die nasie se verkryging van kernkrag moet plaasvind. Uiteindelik rus die besluite betreffende Suid-Afrika se energiebeleid by die Uitvoerende Gesag, met die Hof se mag beperk tot die hersiening van sodanige besluite.

Read More »

VERKLARING: PRESIDENT SE MAGTE MOET RASIONEEL UITGEVOER WORD

parliament sabc

Die Suid-Afrikaanse president geniet groot diskresie ten opsigte van hoe hy sy magte uitoefen. Dit sluit in die aanstelling van kabinetsministers. Dit suggereer nie dat daar geen perke aan sy mag is nie. Soos wat hofbeslissing ná hofbeslissing beklemtoon het, kan openbare magte slegs uitgeoefen word binne die grense van rasionaliteit. Soos wat die howe duidelik gestel het, beteken rasionaliteit nie dat ‘n besluit irrasioneel is net omdat dit ‘n ander manier van dinge doen is nie. Rasionaliteit beteken dat daar ‘n logiese verbintenis moet wees tussen die rede en die uitkoms van die besluit. Eenvoudig gestel, daar moet ‘n verbintenis tussen die middel en doel wees.

Read More »

ARTIKEL: INTERNASIONALE DAG VAN DIE MEISIE

GIRL CHILDREN

11 Oktober word jaarliks oor die wêreld herdenk om die aandag te fokus op aangeleenthede betreffende die ongelykgede ten opsigte van geslag, wat jong meisies die hoof moet bied, asook hul toegang tot menseregte. Die Dag is die eerste keer in 2012 herdenk, en het sy oorsprong in die Verenigde Nasies (VN), wat gewys het op die behoefte om diskriminasie teen meisies te beklemtoon. Volgens die VN is daar meer as een miljard meisies in die wêreld. Hierdie herdenking bied ‘n geleentheid vir die samelewing en organisasies om bewusmaking te skep oor die uitdagings wat meisies in die gesig staar net omdat hulle meisies is. Hierdie jaar se tema is “EmPOWER girls: Before, during and after conflict”.

Read More »

ARTIKEL: DIE ONENIGHEID TUSSEN HAATSPRAAKWETGEWING EN DIE GRONDWET*

gavel small

Die Qwelane- en die Huffington Post-aangeleenthede – steeds geen duidelikheid nie

Die afgelope week is twee belangrike uitsprake gelewer betreffende die grense van haatspraak kragtens die Grondwet, en of wetgewing wat haatspraak verbied, grondwetlike grense oorskry. Gegewe die entoesiasme van die Staat om haatspraak in die omstrede Prevention and Combatting of Hate Crimes and Hate Speech Bill te kriminaliseer, is dit belangrik om die uitwerking van dié twee uitsprake te oorweeg.

Read More »

ARTIKEL: ARMOEDE, ‘N UITGESTELDE DROOM*

foter informal settlement

What happens to a dream deferred?
Does it dry up
Like a raisin in the sun?
Or fester like a sore—
And then run?
Does it stink like rotten meat?
Or crust and sugar over—
Like a syrupy sweet?
Maybe it just sags
Like a heavy load.
Or does it explode?

Read More »

ARTIKEL: DIE CYBERCRIMES AND CYBERSECURITY BILL – BETER, MAAR STEEDS GEBREKKIG

digital era

Deel 1 – Die Wetsontwerp versus die reg op vryheid tot uitdrukking 

Op 10 Augustus 2017 het die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) ‘n geskrewe voorleggings by die Portefeuljekomitee oor Justisie en Korrektiewe Dienste ingedien oor die hersiene Cybercrimes and Cybersecurity Bill (die Wetsontwerp).  

Die Wetsontwerp het ten doel om die toename in kubermisdade en oortredings van kubersekuriteit in vandag se digitale era aan te pak. Dit is ‘n tegniese stuk wetgewing wat verskeie nuwe oortredings betreffende kubermisdaad daarstel, asook verskeie nuwe komplekse strukture om kubersekuriteit te monitor, terwyl diensverskaffers van elektroniese kommunikasie en finansiële instellings ondersoeke kan bystaan. 

Read More »

ARTIKEL: NOG ‘N STRUIKELBLOK VIR VERANTWOORDBAARHEID

outside parliament sabc

Dinsdag, 15 Augustus het verskeie die ANC se Lede van die Parlement (LPs) ‘n brief aan die party se Hoofsweep, Jackson Mthembu, geskryf, waarin hulle hom ingelig het dat hulle geen vergaderings van ‘n portefeuljekomitee sal bywoon waarvan hul mede ANC-LP, Makhosi Khoza, die voorsitter is nie. Hulle het dit toegeskryf aan haar openlike kritiek teen President Jacob Zuma en haar omstrede steun vir die mosie van wantroue wat onlangs ingedien is. Terwyl Mthembu die optrede van die betrokke LP’s ten sterkste veroordeel het, het die vyf LP’s die Portefeuljekomitee van die Staatsdiens en Administrasie geboikot, waartydens die Minister, Faith Muthambi ondervra sou word en waarvan Khoza die voorsitter was. 

Read More »