DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2017
Die afgelope week is twee belangrike uitsprake gelewer betreffende die grense van haatspraak kragtens die Grondwet, en of wetgewing wat haatspraak verbied, grondwetlike grense oorskry. Gegewe die entoesiasme van die Staat om haatspraak in die omstrede Prevention and Combatting of Hate Crimes and Hate Speech Bill te kriminaliseer, is dit belangrik om die uitwerking van dié twee uitsprake te oorweeg.

What happens to a dream deferred?
Does it dry up
Like a raisin in the sun?
Or fester like a sore—
And then run?
Does it stink like rotten meat?
Or crust and sugar over—
Like a syrupy sweet?
Maybe it just sags
Like a heavy load.
Or does it explode?

Deel 1 – Die Wetsontwerp versus die reg op vryheid tot uitdrukking
Op 10 Augustus 2017 het die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) ‘n geskrewe voorleggings by die Portefeuljekomitee oor Justisie en Korrektiewe Dienste ingedien oor die hersiene Cybercrimes and Cybersecurity Bill (die Wetsontwerp).
Die Wetsontwerp het ten doel om die toename in kubermisdade en oortredings van kubersekuriteit in vandag se digitale era aan te pak. Dit is ‘n tegniese stuk wetgewing wat verskeie nuwe oortredings betreffende kubermisdaad daarstel, asook verskeie nuwe komplekse strukture om kubersekuriteit te monitor, terwyl diensverskaffers van elektroniese kommunikasie en finansiële instellings ondersoeke kan bystaan.

Dinsdag, 15 Augustus het verskeie die ANC se Lede van die Parlement (LPs) ‘n brief aan die party se Hoofsweep, Jackson Mthembu, geskryf, waarin hulle hom ingelig het dat hulle geen vergaderings van ‘n portefeuljekomitee sal bywoon waarvan hul mede ANC-LP, Makhosi Khoza, die voorsitter is nie. Hulle het dit toegeskryf aan haar openlike kritiek teen President Jacob Zuma en haar omstrede steun vir die mosie van wantroue wat onlangs ingedien is. Terwyl Mthembu die optrede van die betrokke LP’s ten sterkste veroordeel het, het die vyf LP’s die Portefeuljekomitee van die Staatsdiens en Administrasie geboikot, waartydens die Minister, Faith Muthambi ondervra sou word en waarvan Khoza die voorsitter was.

Kaapstad staar ‘n ernstige waterkrisis in die gesig. Ten tyde van die skrywe van hierdie artikel, het damvlakke op 28% gestaan, in vergelyking met 68% dieselfde tyd verlede jaar, en die Stad gebruik ongeveer 600 miljoen liter water per dag. Gauteng het ‘n soortgelyke krisis ervaar totdat swaar reëns die Vaaldam in Februarie gevul het.
Droogte is nie die enigste rede vir watertekorte nie. Soos ‘n verslag van die Departement van Water en Sanitasie in 2016 opgemerk het, verloor “Suid-Afrika water deur lekkasies as gevolg van die volgehoue gebruik van die verouderde en vervalle infrastruktuur”. Mediaberigte het in Maart gewys op hoë vlakke van watervermorsing weens gebreekte pype. Sommige het die vinger gewys na die Stad Kaapstad, wat ‘n beleid gevolg het om watervermorsers se identiteit bekend te maak. Die burgerlike samelewing het egter uit sommige oorde die Stad daarvan beskuldig dat hy toegelaat het dat waternetwerke verswak tot op die punt waar 30% tot 60% van drinkbare water verlore gaan deur lekkasies.

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die beslissing deur die Johannesburgse Hoë Hof betreffende die magte van die Openbare Beskermer. Die besluit stel die Openbare Beskermer se aanbeveling ter syde dat die Grondwet gewysig moet word om die mandaat van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) te verander, en het voorts ook die Openbare Beskermer se aanbeveling van die hand gewys dat die Voorsitter van die Parlement se Komitee oor Justisie en Korrektiewe Dienste en die SARB ‘n aksieplan moet indien oor hoe die regstellende stappe in werking gestel sal word.

Op 10 Augustus 2017 het die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) ‘n voorlegging ingedien by die Portefeuljekomitee oor Justisie en Korrektiewe Dienste oor die Cybercrimes and Cybersecurity Bill [B6-2017].
Die Wetsontwerp, ‘n gewysigde weergawe van die konsepwetsontwerp, Cybercrimes and Cybersecurity Bill [B-2015], het in wese ten doel om die toename in kubermisdade en skendings van kubersekuriteit in die moderne digitale era aan te pak. Die Wetsontwerp is ‘n verbetering van die eerste konsepweergawe, wat in Augustus 2015 bekendgestel het. Dit het egter steeds die potensiaal om die grondwetlike regte op privaatheid, toegang tot howe en vryheid van uitdrukking te skend.

Die Adjunkminister van Hoër Onderwys, Mduduzi Manana, het erken dat hy ‘n vrou aangerand het nadat ‘n video van die voorval op verskeie mediaplatforms geplaas is. Dit is glo nie die eerste sodanige voorval nie, aangesien ander vroue soortgelyke klagtes oor sy gedrag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ingedien het. Hul reaksie was traag, en selfs ongeërg. Van 1 April tot 21 Mei vanjaar is 63 vroue in Gauteng alleen vermoor, met 10 wat na bewering deur hul lewensmaats vermoor is. Die stelsel – van die Howe tot die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, deur die SAPD – word toegegooi met klagtes betreffende die skending van vroueregte.
Tog ons ons weer hier – om Vrouedag in 2017 te vier. Volgens die Departement vir Vroue, wat oënskynlik slegs twee keer ‘n jaar iets doen – gedurende Augustus (Vrouemaand) en in Oktober (16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders) – het sy programme vir die maand van Augustus van stapel gestuur. Dít teen die agtergrond van die vroue se optog in 1956 na die Uniegeboue teen pasboeke in Pretoria. Die Departement is voornemens om dialoog met gemeenskappe te bewerkstellig, om “eerlike gesprekke te voer oor hoe ons, as vroue, die rolle wat sedert ons geboorte in ons families aan ons geleer is, internaliseer het”. Rome sal brand terwyl die regering tyd mors, terwyl hulle terselfdertyd die vroue vir hul probleme blameer.