Die Hof het ook bevind dat die regstellende aanbeveling buite die mandaat van die Openbare Beskermer se kantoor val. Die Openbare Beskermer het ook voorheen toegee met betrekking tot hierdie punt, en het aangebied om die regskoste te betaal, wat die Hof toe as bevel uitgereik het. Dit is in stryd met die Grondwet, wat bepaal dat openbare administrasie doeltreffend en ekonomies moet wees, en hulpbronne doeltreffend moet gebruik. Suid-Afrikaners sal die koste van vandag se besluit betaal. Weereens word die staatsbeursie vermors op dade wat swak toegelig is en wat moontlik ten doel het om noue politieke agendas te bevorder. Dat die Openbare Beskermer so ‘n basiese beginsel soos die magte van haar kantoor verkeerd uitgelê het, is rede tot kommer. Dit doen nie veel om die publiek se vertroue in die vermoë van die Openbare Beskermer se kantoor die versterk nie. Dit trek ook die Openbare Beskermer se vermoë en haar gereedheid vir die amp in twyfel – ten spyte van 16 ander verslae wat die liggaam uitgereik het sedert die Openbare Beskermer in September 2016 haar amp beklee het.
Te midde van bewerings en toenemende bewyse van staatskaping, tesame met ‘n trae reaksie van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is dit belangrik vir liggame soos die Openbare Beskermer om as geloofwaardig beskou te word in pogings om grootskaalse korrupsie en wanadministrasie te bekamp.
Vandag se besluit is nie die einde van die ABSA-Reserwebank-apartheidsera-reddingsaksie-saga nie, aangesien die meriete van die Openbare Beskermer se verslag nog oorweeg moet word. Nietemin versterk vandag se besluit Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie deur dit duidelik te stel dat slegs Suid-Afrika se Parlement, in ooreenstemming met die Grondwet, wat wysigings aan die Grondwet kan bring, met die deelname van die publiek, ‘n punt wat die Openbare Beskermer ongelukkig gemis het.
Deur me Phephelaphi Dube, Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte
THE NEW CABINET: ABLE TO DELIVER OR THE SAME OLD SAME OLD?