+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: WANBESTUUR VAN WATER- EN RIOOLSTELSELS SKEND GRONDWETLIKE REGTE OP WATER EN OMGEWING

water resources

Kaapstad staar ‘n ernstige waterkrisis in die gesig. Ten tyde van die skrywe van hierdie artikel, het damvlakke op 28% gestaan, in vergelyking met 68% dieselfde tyd verlede jaar, en die Stad gebruik ongeveer 600 miljoen liter water per dag. Gauteng het ‘n soortgelyke krisis ervaar totdat swaar reëns die Vaaldam in Februarie gevul het.

Droogte is nie die enigste rede vir watertekorte nie. Soos ‘n verslag van die Departement van Water en Sanitasie in 2016 opgemerk het, verloor “Suid-Afrika water deur lekkasies as gevolg van die volgehoue gebruik van die verouderde en vervalle infrastruktuur”. Mediaberigte het in Maart gewys op hoë vlakke van watervermorsing weens gebreekte pype. Sommige het die vinger gewys na die Stad Kaapstad, wat ‘n beleid gevolg het om watervermorsers se identiteit bekend te maak. Die burgerlike samelewing het egter uit sommige oorde die Stad daarvan beskuldig dat hy toegelaat het dat waternetwerke verswak tot op die punt waar 30% tot 60% van drinkbare water verlore gaan deur lekkasies.

Read More »

VERKLARING: TERSYDESTELLING VAN OPENBARE BESKERMER SE AANBEVELINGS VERWELKOM

ppSA

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die beslissing deur die Johannesburgse Hoë Hof betreffende die magte van die Openbare Beskermer. Die besluit stel die Openbare Beskermer se aanbeveling ter syde dat die Grondwet gewysig moet word om die mandaat van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) te verander, en het voorts ook die Openbare Beskermer se aanbeveling van die hand gewys dat die Voorsitter van die Parlement se Komitee oor Justisie en Korrektiewe Dienste en die SARB ‘n aksieplan moet indien oor hoe die regstellende stappe in werking gestel sal word.

Read More »

VERKLARING: DIE CYBERCRIMES AND CYBERSECURITY BILL [B6-2017] – NUUT EN VERBETER, MAAR STEEDS KOMMERWEKKEND

PRIVACY opt

Op 10 Augustus 2017 het die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) ‘n voorlegging ingedien by die Portefeuljekomitee oor Justisie en Korrektiewe Dienste oor die Cybercrimes and Cybersecurity Bill [B6-2017]. 

Die Wetsontwerp, ‘n gewysigde weergawe van die konsepwetsontwerp, Cybercrimes and Cybersecurity Bill [B-2015], het in wese ten doel om die toename in kubermisdade en skendings van kubersekuriteit in die moderne digitale era aan te pak. Die Wetsontwerp is ‘n verbetering van die eerste konsepweergawe, wat in Augustus 2015 bekendgestel het. Dit het egter steeds die potensiaal om die grondwetlike regte op privaatheid, toegang tot howe en vryheid van uitdrukking te skend.

Read More »

ARTIKEL: TER VERGEEFS: VROUEDAG 2017

Image 11 opt

Die Adjunkminister van Hoër Onderwys, Mduduzi Manana, het erken dat hy ‘n vrou aangerand het nadat ‘n video van die voorval op verskeie mediaplatforms geplaas is. Dit is glo nie die eerste sodanige voorval nie, aangesien ander vroue soortgelyke klagtes oor sy gedrag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ingedien het. Hul reaksie was traag, en selfs ongeërg. Van 1 April tot 21 Mei vanjaar is 63 vroue in Gauteng alleen vermoor, met 10 wat na bewering deur hul lewensmaats vermoor is. Die stelsel – van die Howe tot die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, deur die SAPD – word toegegooi met klagtes betreffende die skending van vroueregte.

Tog ons ons weer hier – om Vrouedag in 2017 te vier. Volgens die Departement vir Vroue, wat oënskynlik slegs twee keer ‘n jaar iets doen – gedurende Augustus (Vrouemaand) en in Oktober (16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders) – het sy programme vir die maand van Augustus van stapel gestuur. Dít teen die agtergrond van die vroue se optog in 1956 na die Uniegeboue teen pasboeke in Pretoria. Die Departement is voornemens om dialoog met gemeenskappe te bewerkstellig, om “eerlike gesprekke te voer oor hoe ons, as vroue, die rolle wat sedert ons geboorte in ons families aan ons geleer is, internaliseer het”. Rome sal brand terwyl die regering tyd mors, terwyl hulle terselfdertyd die vroue vir hul probleme blameer. 

Read More »

ARTIKEL: WANNEER NIEMAND DIE POORTWAGTE DOPHOU NIE – DIE LOT VAN INSTELLINGS IN STAATSBESIT

prasa logo opt

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het vroeër vanjaar voor die Noord-Gautengse Hoë Hof verskyn in Molefe and Others v Minister of Transport and Others, en die hof het bevind dat administratiewe optrede deur die Staat met ‘n rasionele nexus gepaard moet gaan. Teen daardie tyd is die erns van die probleme by ander instellings in staatsbesit herhaaldelik in die media herhaal. Prasa het voorheen die opskrifte gehaal ná verslae deur die Openbare Beskermer en die Ouditeur-generaal, wat onreëlmatige uitgawes en korrupsie in semi-staatsinstellings uitgewys het. Nie lank daarna nie het Prasa weer die opskrifte gehaal betreffende die aankoop van lokomotiewe wat nie gebruik kon word nie en die korrupte wyse waarop die tender vir die treine toegeken is. Die feit dat amptenare by die instelling in staatsbesit ongestraf hiermee voortgaan, het gelei tot aanklagte van korrupsie deur instellings in staatsbesit deur die Suid-Gautengse Hoë Hof in Passenger Rail Agency of South Africa v Swifambo Rail Agency. 

Read More »

ARTIKEL: DIE WEG NA ISOLASIE: DIE ANC EN SUID-AFRIKA SE BELEID OOR DIE INTERNASIONALE STRAFHOF*

ICC rome statute

Die regerende party se Beleidskonferensie wat onlangs tot ‘n einde gekom het, en wat ten doel gehad het om riglyne daar te stel om die nuwe President, wat in Desember verkies sal word, te help om die land se buitelandse beleid te bepaal, was ‘n openbaring. Nie oor die party se stilte oor die verdoemende bewerings van staatskaping teen senior amptenare in die party nie, nóg oor verskeie belangrike staatsorgane wat klaarblyklik polities onder verdenking geplaas is nie. Die party se standpunt oor die Internasionale Strafhof (ISH) dreig om Suid-Afrika te isoleer as ‘n ernstige aanspraakmaker in die stryd teen straffeloosheid wat ernstige menseregteskendings en misdade teen die mensdom betref. 

Die regerende party se besprekingsdokument oor internasionale betrekkinge kritiseer die Roomse Statuut wat die ISH ingestel het op grond daarvan dat “jammer is dat die magsverhoudinge in die Roomse Statuut steeds ten gunste is van die magtige westerse magte wat onbeperkte mag verkry het deur ‘n onverteenwoordigende struktuur soos die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad (VNV).” Die behoefte aan ‘n hervormde VNV wat vandag so geo-politiese werklikhede weerspieël, is gegewe. Dit is egter ook waar dat afgesien van die ISH, daar geen ander permanente liggaam is om straffeloosheid vir ernstige menseregteskendings aan te pak nie.

Read More »

ARTIKEL: DIE INTERNASIONALE STRAFHOF EN SUID-AFRIKA – DIE STREWE OM ‘N EINDE AAN STRAFFELOOSHEID TE MAAK

icc logo sml

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die uitspraak van die Internasionale Strafhof (ISH), waarin die Strafhof bevind het dat die Regering van Suid-Afrika versuim het om aan sy verpligtinge kragtens die Statuut van Rome te voldoen, omdat hy versuim het om President Al-Bashir in hegtenis te neem en aan die ISH uit te lewer.

Die besluit spruit uit Suid-Afrika se versuim om President Al-Bashir in 2015 in hegtenis te neem tydens sy amptelike besoek aan Suid-Afrika om aan die samesprekings van die Afrika-unie deel te neem.

As gevolg van die ondersoek deur die ISH, word President Al-Bashir beskuldig van verskeie ernstige internasionale misdade, met inbegrip van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en aanklagte van volksmoord. Die uitspraak van die ISH verwerp onomwonde immuniteit as verdediging. Sodoende bevestig dit die ISH se raison d’être – om die straffeloosheid vir oortreders van ernstige menseregteskendings te beëindig.

Read More »

ARTIKEL: DIE REG OP ONDERRIG IN JOU TAAL VAN KEUSE – OBJEKTIEF BEPAALBAAR OF ‘N POLITIEKE BYENES?*

constitution education opt

Het die Universiteit van die Vrystaat versuim om oorweging te skenk aan Afrikaanse studente se grondwetlike reg kragtens artikel 29(2)? Dit volg nadat die universiteit sy dubbelmedium-taalbeleid met ‘n enkelmedium-beleid vervang het. Dit was ‘n belangrike kwessie in die Appèlhof se uitspraak in University of the Free State v Afriforum (Appèlhof-uitspraak). Die UV se uitspraak is gegrond op ‘n “verbintenis tot transformasie”, en is deur die Appèlhof gehandhaaf. Afriforum het aansoek verlof by die Konstitusionele Hof ingedien om teen die beslissing te appelleer.

In ‘n eerste vir die Konstitusionele Hof, sal dit belangrik wees om die betekenis van die interne kwalifiseerders van artikel 29(2) duidelik te stel, in die konteks van hoër onderwys.

Read More »

VERKALRING: BESKERMING VAN DIE PROFESSIE VAN JOERNALISME

PRESS FREEDOM opt

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) doen ‘n beroep om die beskerming van joernaliste en ander personeel in die media, in die lig van die toenemende gedokumenteerde aanvalle op joernaliste, met inbegrip van Ferial Haffajee en Peter Bruce. Suna Venter se dood aan natuurlike oorsake, na volgehoue teistering, ontvoering en aanrandings, is ‘n grimmige herinnering aan die toenemende kwesbaarheid van praktiserende joernaliste in Suid-Afrika vandag.

“Sonlig is glo die beste ontsmettingsmiddel”, het Louis Brandeis in 1914 geskryf – maar daardie stelling is steeds waar. Die Grondwet stel verantwoordbaarheid, openheid en deursigtigheid daar as verstekwaardes en die media verseker grotendeels dat dit so bly. Vryheid van uitdrukking word ook in die Grondwet erken, en dit maak ook voorsiening vir vryheid van die pers en ander media. Gevolglik is die ongevraagde en onwettige aanvalle op joernaliste ‘n direkte aanval op die Grondwet.

Read More »