ARTIKEL: VLUGTELINGE – ONS ALMAL SE VERANTWOORDELIKHEID

Op Woensdag, 20 Junie 2018, Wêrelddag vir Vlugtelinge, word daar internasionaal hulde gebring aan mense wat uiterse omstandighede aandurf op vlug van hul geboortelande weens oorlog, geweld en gruwelike menseregte skendings.
Op dié dag herinner die Verenigde Nasies (VN) ons daaraan dat lande ‘n verpligting het om hulp te verleen aan vlugtelinge in terme van die 1951 Konvensie met betrekking tot die Status van Vlugtelinge. Dit moet gesien word, nie as ‘n “gemeenskaplike las” nie, maar as ‘n “gemeenskaplike globale verantwoordelikheid” gebaseer op ons “gedeelde menslikheid”, sowel as internasionale regsverpligtinge.





DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2018
