Die Grondwet, Suid-Afrika se wette, asook verskeie regeringsbeleide, doen uitstekende werk met betrekking tot die beskerming van vroue. Die Grondwet erken nie net formele gelykheid nie, maar bepaal ook dat die regering positiewe stappe moet doen om substantiewe gelykheid te verseker. Wette soos die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Diskriminasie het ten doel om die fisiese en materiële welstand van vroue in die land te verseker. Die Howe het hulself daargestel as beskermer van vroueregte deur die progressiewe uitleg van sekere kulturele praktyke, met inbegrip van hoofmanskap, asook wette betreffende erfreg.
Tog gaan die geweld teen Suid-Afrika se vroue voort, oënskynlik onverbiddelik. Dit blyk om byna nutteloos te wees om Vrouedag te vier, soos jaarliks gedoen word, teen die agtergrond van ‘n byna algehele oorlog teen Suid-Afrika se vroue. Soos sommige kommentators op gewys het, betreffende die Adjunkminister se aanranding, is die feit dat dit in Vrouemaand plaasgevind het, onbelangrik – dit behoort om geen dag van die jaar geduld te word nie.
Menseregte is interafhanklik, ondeelbaar, onvervreembaar en verwant aan mekaar. Net omdat daar progressiewe wette is wat beide formele en substantiewe gelykheid vir vroue waarborg, beteken nie die stryd om vroueregte gewen is nie. Net so beteken dit dat die politieke verteenwoordiging van vroue in die Parlement dat vroueregte en -belange nou minder belangrik is nie. Vroue se regte op waardigheid, lewe en vryheid en sekuriteit van die persoon is net so belangrik soos ander politieke en burgerregte. Die feit dat vroue se sekuriteit steeds kwesbaar is, ondermyn die vordering wat op ander gebiede betreffende vroueregte gemaak is.
Die Adjunkminister van Hoër Onderwys is nog nie in hegtenis geneem nie, alhoewel verklarings deur ander amptenare van sy uitgereik is wat sy optrede ten sterkste veroordeel. Hy het om verskoning gevra, maar dit is nie genoeg nie – hy moet steeds aan die gereg onderwerp word. Dit dien net om die verwydering tussen die gereg en die lewende werklikheid vir Suid-Afrikaanse vroue uit te beeld. Dit wys ook op ‘n gevoel van die straffeloosheid met betrekking tot geweld teen vroue, wat deur die versuim om hom in hegtenis te neem daargestel word. Die feit dat hy ‘n staatsamptenaar en politieke voorstander van onderwys is, dui op ‘n land wat in stryd met homself is.
Genoeg van die banaliteite, genoeg van die “dialoë”, en genoeg van die uitnodigings deur die privaatsektor vir vroue om op Vrouedag te koop. Die hele Suid-Afrikaanse samelewing behoort betrokke te wees by die soeke na betekenisvolle oplossings om die siklus van geweld teen vroue te beëindig. Dit is ‘n tyd vir sterk, beslissende stappe om endemiese vlakke van geweld teen Suid-Afrikaanse vroue te beëindig. Die vroue in my; die Direkteur van die Sentrum vir Grondwetlike Regte, die ma, die eggenoot, die suster, die dogter, almal is moeg van die banaliteite en strewe na werklike oplossings vir die probleem.
Deur me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte