+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: ONVERKOSE PRESIDENT?

acting president

In 1973 het die Watergate-skandaal op die lappe gekom, wat uiteindelik tot die Verenigde State van Amerika se President Richard Nixon se ondergang in 1974 gelei het. Die Adjunkpresident, Gerald Ford, is onverkose aangestel in die amp, wat hy vir ‘n verdere drie jaar beklee het. Hy is die enigste onverkose President van die VSA in die 20ste eeu. Terug by die huis skenk die Grondwet oorweging aan so ‘n scenario, al is dit net vir ‘n tydelike tydperk.

Artikel 90 van die Grondwet het betrekking op die moontlikheid van ‘n Waarnemende President in gevalle waar die President “uit die Republiek afwesig is of andersins nie in staat is om die pligte van die President te vervul nie”. Voordat die Waarnemende President die amp van die President in neem, moet hy of sy ‘n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.

Read More »

ARTIKEL: HERROEPING, STAAT VAN BESKULDIGING, MOSIE VAN WANTROUE OF DIE MBEKI-OPLOSSING: WAT OP DIE SPEL IS

parliament exterior opt

Met gerugte wat die rondte doen oor die President se vertrek uit sy amp wat op hande is, is dit belangrik om daarop te let dat die President sy amp kan verlaat deur “herroep” te word, in ‘n staat van beskuldiging geplaas te word, of indien ‘n mosie van wantroue teen hom aanvaar word. Elk van die verskillende prosesse hou verskillende gevolge in. Hier volg ‘n opsomming van wat kan volg, afhangend van hoe die President sy amp sal verlaat.

“Herroeping”

Ingevolge die regerende party se politieke taalgebruik verwys “herroeping” na die regerende party se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) wat besluit dat die President uit die amp moet tree. Indien die President aan die besluit sou voldoen, sou dit gevolg word deur die President se bedanking. ‘n Bedanking kragtens Suid-Afrika se Grondwet geld as ‘n “vakature in die kantoor van die President”. Gevolglik beklee die Adjunkpresident die kantoor van die President, met al die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies van die kantoor. Die Grondwet bepaal voorts dat ‘n persoon wat die vakature in die kantoor van die President vul, slegs die ampstermyn van die President voltooi, sonder dat dit as ‘n termyn beskou word. Dit laat so ‘n tussentydse president vry om die kantoor vir nog twee termyne te beklee, indien hy of sy verkies word.

Read More »

UITNODIGING: JAARLIKSE KONFERENSIE 2018

ct conf finalDie FW de Klerk Stigting – in vennootskap met die Konrad Adenauer-stigting – nooi jou uit om ons Jaarlikse Konferensie by te woon. Ons tema vir 2018 is: “Suid-Afrika Anderkant Staatskaping en Korrupsie”.

Die FW de Klerk Stigting bied jaarliks ‘n konferensie op 2 Februarie in Kaapstad aan, om saam te val met die aankondiging in die Parlement in 1990 van Nelson Mandela en ander gevangenes se vrylating en die ontbanning van verskeie organisasies. Elke jaar pak die konferensie ‘n aktuele tema aan, met insette van ‘n wye verskeidenheid invloedryke sprekers. Vorige sprekers sluit in voormalige President Kgalema Motlanthe, Regter Albie Sachs, dr Mathews Phosa, me Rhoda Kadalie, prof Frans Viljoen, mnr Sipho Pityana, adv Jeremy Gauntlett, mnr Johann Rupert en voormalige President FW de Klerk. 

Read More »

ARTIKEL: INTERNASIONALE DAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEDE – LAAT NIEMAND AGTER NIE

IDPD 2017 opt

3 Desember word jaarliks gevier as Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede (IDPG). Dit word deur die Verenigde Nasies (VN) bevorder sedert 1992. Dit het ten doel om die regte en welstand van persone met gestremdhede in alle sfere van die samelewing en ontwikkeling te bevorder, asook om bewusmaking te skep oor die situasie waarin lede van hierdie groep hulle bevind, in elke sfeer van die politieke, maatskaplike, ekonomiese en kulturele lewe. Die tema verskil jaarliks, en vanjaar is dit “Transformasie na ‘n volhoubare en sterk samelewing vir almal”. In Suid-Afrika is 3 Desember ook die begin van die maand vir die bewusmaking van gestremdheid.

Read More »

ARTIKEL: WÊRELD VIGSDAG – MY GESONDHEID, MY REG – ‘N BENADERING NODIG WAT OP DIE VROU FOKUS

world aids day 2017 opt

#myrighttohealth

Op Vrydag, 1 Desember 2016 vier die wêreld êreld- die dag vir internasionale eenheid om bewusmaking te skep oor die internasionale stryd teen hierdie epidemie. Die Verenigde Nasies se veldtog vir Wêreld Vigsdag vir 2017 fokus op die reg op gesondheid en het ten doel om ondersoek in te stel na die spesifieke hindernisse wat mense oor die wêreld in die gesig moet staar om hierdie reg uit te oefen. Die reg op gesondheid – soos verskans in die International Covenant on Economic, Social and Cultural Rights (ICESCR), en wat gewaarborg word in artikel 27 van die Grondwet – het geen betekenis indien daar nie toegesien word dat omstandighede wat aan hierdie regte uitvoering gee, in plek is nie, soos voldoende sanitasie, behuising en toegang tot geregtigheid. Volgens die veldtog moet die reg op gesondheid en toegang tot gehalte gesondheidsorg toeganklik en beskikbaar vir almal wees ten einde die Vigs-epidemie te beëindig. ‘n Inspirerende veldtog – maar hoe beskikbaar en toeganklik is gesondheidsorg vir jong vroue in Suid-Afrika, wat steeds deur die krake val?

Read More »

ARTIKEL: OP DIE SPOOR VAN KERNVERKRYGING

nuclear opt

Indien nuusberigte geglo kan word, stoom die nuut aangestelde Minister van Energie – vars uit sy nie-sonder-omstrendheid-tydjie as Minister van Intelligensie – voort met kernplanne. Dit, ten spyte van die Minister van Finansies wat onlangs verklaar het dat kernenergie nie bekostigbaar is of onmiddellik nodig is nie. Uit dieselfde teks as die Minister van Energie, het President Zuma gister tydens die OR Tambo-gedenklesing gesê dat planne om die strewe na kernkrag in die wiele te ry, deel is van ‘n Westerse komplot om Suid-Afrika te beheer”, skynbaar as ‘n bevestiging van die Minister van Energie se planne.

Nuusberigte suggereer voorts dat die Minister van Energie van plan is om Suid-Afrika se hersiene Geïntegreerde Hulpbronplan so vroeg as 14 November 2017 te finaliseer. As dit die geval is, dien die Wes-Kaapse Hoë Hof se uitspraak in April (waarin Earthlife Africa Johannesburg en die Southern African Faith Communities se Omgewingsinstituut die regering se besluite ten opsigte van die verkryging van kernkrag suksesvol uitgedaag het) as agtergrond waarteen die nasie se verkryging van kernkrag moet plaasvind. Uiteindelik rus die besluite betreffende Suid-Afrika se energiebeleid by die Uitvoerende Gesag, met die Hof se mag beperk tot die hersiening van sodanige besluite.

Read More »

VERKLARING: PRESIDENT SE MAGTE MOET RASIONEEL UITGEVOER WORD

parliament sabc

Die Suid-Afrikaanse president geniet groot diskresie ten opsigte van hoe hy sy magte uitoefen. Dit sluit in die aanstelling van kabinetsministers. Dit suggereer nie dat daar geen perke aan sy mag is nie. Soos wat hofbeslissing ná hofbeslissing beklemtoon het, kan openbare magte slegs uitgeoefen word binne die grense van rasionaliteit. Soos wat die howe duidelik gestel het, beteken rasionaliteit nie dat ‘n besluit irrasioneel is net omdat dit ‘n ander manier van dinge doen is nie. Rasionaliteit beteken dat daar ‘n logiese verbintenis moet wees tussen die rede en die uitkoms van die besluit. Eenvoudig gestel, daar moet ‘n verbintenis tussen die middel en doel wees.

Read More »

ARTIKEL: INTERNASIONALE DAG VAN DIE MEISIE

GIRL CHILDREN

11 Oktober word jaarliks oor die wêreld herdenk om die aandag te fokus op aangeleenthede betreffende die ongelykgede ten opsigte van geslag, wat jong meisies die hoof moet bied, asook hul toegang tot menseregte. Die Dag is die eerste keer in 2012 herdenk, en het sy oorsprong in die Verenigde Nasies (VN), wat gewys het op die behoefte om diskriminasie teen meisies te beklemtoon. Volgens die VN is daar meer as een miljard meisies in die wêreld. Hierdie herdenking bied ‘n geleentheid vir die samelewing en organisasies om bewusmaking te skep oor die uitdagings wat meisies in die gesig staar net omdat hulle meisies is. Hierdie jaar se tema is “EmPOWER girls: Before, during and after conflict”.

Read More »