+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: ANDERKANT DIE REG – ETIEK MAAK SAAK

NENE FOTER

President Cyril Ramaphosa het, om dit ligtens te stel, ‘n reuse taak voor hom. Hy moet ‘n tasbare en samehangende boodskap stuur oor ekonomiese herstel. Onder die onthullings voor die Kommissie oor Staatskaping is dat die huidige Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, die Gupta-familie ontmoet het by hul woning op 11 geleenthede tussen 2009 en 2014, toe hy adjunkminister van Finansies was. Dit is ‘n groot onthulling omdat dit die opdrag van die Kommissie is om onder andere te ondersoek “of, en in watter mate en deur wie, pogings aangewend is om uitvoerende amptenare, staatsorgane en direkteurs van ondernemings in staatsbesit te beïnvloed”. Die presiese besonderhede van die vergaderings is nog nie bekend nie. Wat ook nog nie bekend is nie, is die verbintenis, indien enige, tussen die inhoud van die vergaderings en enige daaropvolgende beleidsbesluite wat deur Minister Nene gemaak is. Mediaberigte voer aan dat alhoewel Minister Nene nie sy bedanking ingedien het nie, hy die President gevra het om hom van sy pligte te onthef. 

Read More »

ARTIKEL: NASIONALE GESONDHEIDSVERSEKERING: HARDLOOP VOOR JY KRUIP – DIE BEHOEFTE AAN OBJEKTIEWE HERBESINNING VAN DIE PROEFFASE – DEEL II

Healthcare 2 opt

In Deel I van die reeks oor gesondheidshervorming en die konsepwetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV-wetsontwerp) het die Sentrum vir Grondwetlike Regte aangevoer dat gegewe die verwagte koste van die NGV en die gebrek aan kritieke detail, Suid-Afrika dringend moet kyk na alternatiewe modelle om die gesondheidskrisis aan te pak. In Deel II kyk die SGR na die gebrek aan inligting oor die uitslae van die NGV se proeffase, wat veronderstel is om die verdere bekendstelling van die NGV in te lig.

Die NGV-wetsontwerp het ten doel om die voorsiening van gesondheidsorg in Suid-Afrika te revolusioneer deur die huidige tweeledige gesondheidsfinansiering met die daarstelling van die NGV-fonds te vervang, wat die enigste aankoper en finansierder van die bevolking se persoonlike gesondheidsdienste sal wees. Die NGV, volgens die NGV-wetsontwerp, sal in drie fases bekendgestel word oor 14 jaar, met die eerste fase wat strek van 2012 tot 2017. Die tweede fase is gevolglik van 2017 tot 2022. Die finale fase is dan van 2022 tot 2026. 

Read More »

ARTIKEL: DIE BEHOEFTE OM DIE WERKLIKHEDE VAN ONGELYKHEID AAN TE PAK – REGSERKENNING VAN GODSDIENSTIGE HUWELIKE

MUSLIM MARRIAGE opt

Ten einde die werklikhede van ‘n diverse samelewing te weerspieël, het die Grondwet weggebreek van die dominante koloniale beskouing van gesinsdinamika. Die Grondwet bepaal dat almal die reg het op ” vryheid van gewete, godsdiens, denke, geloof en opinie” en om hul kultuur en geloof uit te oefen – op voorwaarde dat dit in ooreenstemming met die Grondwet is.

Alhoewel die instelling van die huwelik nie as ‘n reg erken word nie, het die Konstitusionele Hof in 2006 in die Minister of Home Affairs and Another v Fourie and Another bepaal dat die huwelik ‘n fundamentele eenheid van ons samelewing is. Verder het dit in 2015 in DE v RH bepaal dat die instelling van die huwelik “grondwetlike betekenis” het. Die Grondwet, in teenstelling met baie streng sekulêre stelsels, gaan selfs so ver soos in artikel 15 (3) bepaal dat die wetgewer nie verhoed word om wetgewing in te stel wat huwelike onder enige godsdienstige stelsel of tradisie bekragtig nie – op voorwaarde dat dit nie in stryd met met ander grondwetlike regte is nie.

Read More »

ARTIKEL: VOORGESTELDE WYSIGINGS VAN GAUTENGSE SKOLE REGULASIES SKEP VERDERE WANTROUE TEN KOSTE VAN TOEGANG TOT BASIESE ONDERWYS

TEXTBOOKS

Ná die Pretoria Hooggeregshof se uitspraak in die Hoërskool Overvaal-saak (Overvaal) in Januarie 2018 en die gewelddadige betogings wat daarna gevolg het, is daar verstaanbaar min vertroue tussen die beheerliggame van openbare skole in Gauteng en die Gauteng Onderwysdepartement. Die Pretoria Hooggeregshof het bevind dat die Gauteng Onderwysdepartement op ‘n arbitrêre wyse Overvaal, ‘n enkelmedium Afrikaanse skool, gedwing het om 55 Engelse leerders in te skryf. Dis gedoen sonder om vooraf Overvaal se Engelse buurskole se beskikbare kapasiteit, soos hulle statutêr verplig was om te doen, in ag te neem. Die Konstitusionele Hof het om dieselfde rede die Gauteng Onderwysdepartement se verlof tot appèl teen die Pretoria Hooggeregshof se uitspraak in die Overvaal saak met koste van die hand gewys.

Read More »

ARTIKEL: SAUK ONDERSOEK NA REDAKSIONELE INMENGING – ‘N ONGEWOONDE BEGIN

sabc credit sowetanlive opt

Aan die einde van Mei 2018 het die Raad van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SABC) aangekondig dat ‘n kommissie van ondersoek ingestel word na redaksionele inmenging by die openbare uitsaaier. Die ondersoek is ingestel in reaksie op verskeie bewerings van redaksionele inmenging oor die jare en sal handel oor klagtes aangaande gedrag tussen 2012 en 2018. Die ondersoek is deel van die voortgesette werk om die SAUK te omskep in ‘n verantwoordelike en responsiewe openbare instelling ná onstuimige jare wat geteister is met ongrondwetlike redaksionele beleide en plundering op astronomiese vlakke. Die verwysingsraamwerk van die ondersoek erken dat die inmenginging kommersieël, polities of andersins gedrewe kan wees. Die verwysingsraamwerk verklaar voorts dat die kommissie aanbevelings sal maak wat leiding aan die SAUK sal bied ten opsigte van hoe enige verdere inmenging aangepak sal word. Regstellende maatreëls – soos tugstappe waar wangedrag vasgestel is – is ook op die tafel. 

Read More »

ARTIKEL: AKTIVERING EN HERNUWING VAN ‘N GEVOEL VAN BURGERLIKE PLIG HIERDIE VROUEDAG

WD2018

Suid-Afrika vier Vrouedag jaarliks op 9 Augustus om die meer as 20 000 veelrassige vroue te herdenk wat op dieselfde dag in 1956 na die Uniegebou gegaan het om beswaar te maak teen die voorgestelde wysigings aan die Wet op Stedelike Groepsgebiede van 1950 (om paswette vir vroue in te stel). In ‘n era voor sosiale media en ander moderne vordering in kommunikasie-toestelle, is dit miskien nie oordrewe om hierdie byeenkoms as monumentaal te beskryf nie. Terwyl dit nog 38 jaar na die optog geneem het vir alle Suid-Afrikaners om uiteindelik gelyke beskerming voor die wet te geniet, bly dit noodsaaklik dat hierdie die aktivisme van geslag tot geslag oorgedra word.

Read More »

ARTICLE: ‘N BLIK OP POLITIEKE PARTYE

poster party foter opt

Suid-Afrika erken saam met ander grondwetlike demokrasieë die belangrikheid van politieke partye. Die grondwetlike bepalings van die Grondwet meld dat Suid-Afrika ‘n soewereine, demokratiese staat is, gegrond op die waardes van universele stemreg, ‘n nasionale gemeenskaplike kieserslys, gereelde verkiesings en ‘n veelparty-stelsel van demokratiese regering. Politieke partye as sodanig speel ‘n voordelige rol binne Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie.

Dit kan aangevoer word dat politieke partye nie homogeen is nie, maar nietemin verenig is in die strewe na die verkryging en uitoefening van politieke mag. Maar wat gebeur wanneer die praktyke en optrede van politieke partye gebrekking is, en lei tot ‘n klaarblyklike eksistensiële krisis in die party?

Read More »