Nog ‘n positiewe aspek is die feit dat Suid-Afrikaners in formele behuising volgens Statistiek SA (Stats SA) bestendig toegeneem het van 65.1% in 1996 tot 77.6% in 2013. In dieselfde tydperk het die getal Suid-Afrikaners in informele nedersettings afgeneem van 16.3% tot net 13.6%.

Terwyl daar kommer is oor die gehalte van onderwys wat in skole in Suid-Afrika aangebied word, staan die inskrywingsyfers op sekondêre skoolvlak volgens die Wêreldbank se ontwikkelingsaanwysers op bykans 100%. Terselfdertyd het Stats SA bevind dat die meerderheid jongmense tussen die ouderdomme 20 en 34 ‘n hoër onderwysvlak het as hul ouers.

Dit suggureer dat, op die heel minste, Suid-Afrikaners se demokratiese dividende deur sy burgers geniet word. Dit vertel egter nie die volle verhaal nie, aangesien die regering se mislukkings in belangrike instellings, met inbegrip van staatsorgane, die hard verdiende vryhede wat in 1994 by die stembus verseker is, bedreig word. Hierdie mislukkings erodeer weer die demokratiese dividende wat klaarblyklik deur die grondwetlike demokrasie verseker word. Gevolglik, alhoewel Suid-Afrika, relatief tot sy eweknieë op die Afrika-vasteland, gunstig geoordeel mag word op die Demokrasie-indeks (die Indeks), dui ‘n nadere ondersoek daarop dat hierdie klassifikasie dié van ‘n ‘gebrekkige demokrasie’ is. Deur aanduiders te gebruik soos die funksionering van die regering, politieke deelname, politieke kultuur en menseregte, wys die Indeks daarop dat Suid-Afrika, ten spyte van ‘n menseregtekultuur wat verskans word, probleme van swak regeringsbestuur ondervind. Hierdie probleem betreffende swak regeringsbestuur gaan gepaard met ‘n onderontwikkelde politieke kultuur, asook lae vlakke van politieke deelname. 

Suid-Afrika bevind homself in die greep van politieke veranderinge, met inbegrip van nog ‘warm patat’-kwessies soos moontlike wysigings aan die eiendomsklousule in die Grondwet, asook die versekering van ‘n volhoubare finansieringsmodel vir gratis hoër onderwys. Dit vereis duidelike en etiese leierskap in alle sektore van die samelewing. Die aanhef tot die Grondwet bevat ‘n opdrag om “die lewensgehalte van alle burgers te verbeter en die potensiaal van elke persoon te bevry”. Dit moet dien as ‘n baken om verhoogde en verbeterde dividende van demokrasie te verseker.

Deur me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte
30 April 2018

Leave a Reply

Your email address will not be published.