Laasgenoemde punt was nog nooit meer waar as vandag nie, slegs ‘n paar dae na die dood van 10 joernaliste in Kabul, die hoofstad van Afghanistan, die oggend van Maandag, 30 Mei, aan die hand van ‘n selfmoordbomaanvaller, wat joernaliste spesifiek geteiken het. Die ekstreme groep, die Islamitiese Staat (ISIS), het sedertdien verantwoordelikheid daarvoor aanvaar. Baie van die joernaliste wat hul lewens in die ontploffing verloor het, het vir jare die krisis in Afghanistan gedek, en was verantwoordelik daarvoor om die wêreld op hoogte te hou van ontwikkelings in die oorlogsgeteisterde land. Die dodetal van joernaliste in Afghanistan is nou op sy hoogste sedert ten minste 2002, volgens New York Times

Die aanval dui op die realiteit van die lewens van duisende joernaliste regoor die wêreld, wat daartoe verbind is om lig te werp op die omgewings van die plekke waaruit hulle verslag doen, veral gebiede wat deur oorlog verwoes word, soos Afghanistan en Sirië. Die veiligheid van joernaliste is nie net ‘n bron van bekommernis in lande waarin konflik heers nie, maar ook in onderdrukkende regimes soos China en Noord-Korea, waar vryheid van menings en vryheid van uitdrukking verlam word deur regerings wat nie hierdie regte respekteer nie.

Reporters Without Borders (RSF) – ‘n moniteringsgroep wat, onder andere, verslag doen oor die stand van mediavryheid regoor die wêreld, berig dat 23 joernaliste vanjaar alleen in die loop van hul pligte vermoor is. Dit, tesame met vier burgerlike joernaliste (lede van die publiek wat oor aktuele sake verslag doen, spesifiek deur sosiale media) en twee ander media-assistente. En dit is slegs in die eerste kwartaal van die jaar. RSF verklaar voorts dat daar tans 176 joernaliste in tronke regoor die wêreld is, tesame met 126 burgers burgerlike joernaliste en 15 media-assistente. Hierdie syfers sluit daardie joernaliste uit wat in die tronk is vir redes wat nie met hul werk as joernaliste verband hou nie, of waar die verband nog bepaal moet word. Afganistan, Indië, Palestina, Ecuador en Jemen lei tans die dodetal wat joernaliste betref, met Maandag se verliese die hoogste hiervan. Die bombardemente is ‘n uitstekende voorbeeld van die risiko wat joernaliste hulself aan blootsel om die waarheid aan die kaak te stel, om oorlog en korrupsie te ontbloot en demokrasië regoor die wêreld te beskerm.

Die opkoms van valse nuus en die beskikbaarheid van tegnologie om beeldmateriaal en beelde te manipuleer, het tot die bedreiging vir joernalisme en die deel van inligting bygedra. Dit het ook die belangrikheid verhoog van joernaliste wat akkurate inligting ondersoek en insamel. Hulle streef daarna om die verspreiding van verkeerde en misleidende inligting deur bronne wat hulself valslik as betroudbaar voorhou. Hierdie bronne was inderdaad in staat om selfs gerespekteerde en betroubare nuushuise te flous, soos wat in die onlangse verlede gesien is. 

Nader aan die huis het Suid-Afrika ‘n robuuste en gesonde media-teenwoordigheid, wat beide deur internasionale maatstawwe, die Grondwet sowel as plaaslike wetgewing beskerm word.

Artikel 16 van die Grondwet beskerm vryheid van uitdrukking, wat strek tot vryheid van die pers en ander media. Hierdie vryheid is fundamenteel vir die ontwikkeling van demokrasie – veral as mens apartheid oorweeg en die manier waarop joernaliste beperk is in terme van hoe en waaroor hulle verslag kan doen. Dit is veral van toepassing op die verbod op politieke partye, waaronder die huidige regerende party, die ANC. Sensuur het beteken dat sekere name ook nie in druk, op radio, sowel as televisie genoem kon word nie. Die internasionale mediadekking het aandag gegee aan die situasie in apartheid Suid-Afrika en het geweldig bygedra tot die ontbanning van ander partye en uiteindelik die einde van apartheid.

RSF, in sy Internasionale Mediavryheid-indeks vir 2018, plaas Suid-Afrika se media op 28 uit 180 lande, en klassifiseer dit as grootliks vry. Dit het aandag gegee aan kwessies soos intimidasie van verslaggewers of mediahuise wat gepoog het om teen die regerende party te diskrimineer, asook die beperking van joernalistieke toegang tot nasionale sleutelpunte, wat deur ‘n apartheids-styl wetgewing toegepas word. Die werk van ondersoekende eenhede soos Scorpio en amaBhungane in die blootstelling van Staatskaping in die land, het direk bygedra tot die uitroei van korrupte amptenare en die ondersoek van aanklagte teen die Guptas. Daarbenewens het die druk wat deur die pers toegepas word, gelei tot parlementêre navrae oor wanadministrasie in byvoorbeeld die Life Esidimeni-saak.

Hierdie jaar is die tema vir Internasionale Persvryheidsdag: “Hou Mag Dop: Media, Geregtigheid en die Oppergesag van die Reg”. Dit spreek tot die belangrikheid van ‘n bemagtigende regsomgewing vir persvryheid. Dit gee verder aandag aan die rol van ‘n onafhanklike regbank om regswaarborge vir persvryheid en die vervolging van misdade teen joernaliste te verseker. Dit beklemtoon ook die rol wat die media speel om amptenare aanspreeklik te hou en om deursigtigheid op regeringsvlak bevorder. Die aanval in Kaboel spreek tot die mag wat joernaliste het – verspreiding van inligting wat regimes vernietig, terroristeselle kan blootstel en bydra tot wêreldvryheid. Dit beklemtoon die noodsaaklikheid – ten alle koste – om persvryheid en die lewe van joernaliste wat bydra tot ‘n fundamentele pilaar van demokrasie, te beskerm.

*Lees meer oor persvryheid in Suid-Afrika in die Sentrum vir Grondwetlike Regte se jaarlikse publikasie – die Menseregteverslagkaart vir 2018.

Deur me Rebecca Sibanda: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte
3 Mei 2018

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.